Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: PM on October 01, 2011, 06:24:42 PM

Title: Help my asseblief met die gatseggie
Post by: PM on October 01, 2011, 06:24:42 PM
Hier is nou die ideale gatseggie waarmee ek graag bedankings wil doen, maar ek weet nie of ek die regte woorde kan kry nie.  Kom plaas dit vir my in woorde asseblief!   :notworthy:   :notworthy: 
Title: Re: Help my asseblief met die gatseggie
Post by: adele on October 01, 2011, 07:58:35 PM
die uwe    :bootyshake:   wil u nederig bedank    :notworthy:   vir die groot bydrae wat u gelewer het   :icon_salut:   , in die aanskyn wat blink van sweet   :sunny:   het u wondere verrig deur die taak wat u met ywer   :hello2:   verrig het. ontvang hiermee my opregte meegevoel   :icon_silent:   vir u moegheid   :sleepy2:  , en weet dat ons volgende keer weer op u knoppie sal druk.   :love3: 
die uwe    :icon_king:

   :toothy4:   :toothy4:   
Title: Re: Help my asseblief met die gatseggie
Post by: Meraai vannie Baai on October 02, 2011, 05:02:52 AM
Amen Adele! PM ek val ok in die rytjie: Dankie baija baija  :notworthy: :bootyshake: ons  :love7: jou stikkint
Title: Re: Help my asseblief met die gatseggie
Post by: PM on October 02, 2011, 07:33:37 AM
 :sign10:  Baie dankie, julle is   :angel11: :angel11:  en twee  :angel4: :angel4: maar ek wou eintlik hierdie  :notworthy: in woorde vasvang.   :icon_biggrin: 
Title: Re: Help my asseblief met die gatseggie
Post by: Naas on October 02, 2011, 07:40:03 AM
In engels "curtsey" - Knieknik(buig) eerbiedig






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Help my asseblief met die gatseggie
Post by: PM on October 02, 2011, 07:47:39 AM
Dit is mooi - knieknik - as jy dit weer soek het 007 dit kom skaai.   :icon_biggrin:

Eintlik wil ek nie knieknik nie, (sien, daar gebruik ek dit al) ek wil op die grond neeerval en die voetspore van die ouens wat my so mooi gehelp het soen.   :icon_biggrin:
Title: Re: Help my asseblief met die gatseggie
Post by: adele on October 02, 2011, 12:06:41 PM
hi vriendin, ekke weet jy soek mooi woorde, maar ek wou sommer biki terg en speel met al die gatsiggies. maar noudat ek verstaan wie jy wil bedank, sal ek verder dink.
Title: Re: Help my asseblief met die gatseggie
Post by: PM on October 03, 2011, 07:35:13 AM
Moenie fout maak nie, ek geniet elke stukkie humor, dit maak my vervelige dag vol sonskyn.  Dankie matertjie, ek weet ek kan altyd op julle pyl trek.