Hierdie paadjie van help grootmaak aan kleinkinders het ons al dikwels gestap Ans. Haal my hoed af vir jou. Soos jy, is ek ook self baie streng maar gee ook liefde in ewe groot maat. As kinders deur soveel trauma moes wroeg, is dit te verstane dat met die verkeerde optrede van onderwysers (wat soms nie bewus is van wat tuis in die kind se lewe aangaan), petrol op die verwoestende vuur.
Meisiekind en ek het elke keer wat sy gedwing was om terug te trek met kaboutertjies, saam skooltoe gegaan om met elke onderwyser wat met ons hartspunte te doene gaan kry, in te lig oor die omstandighede en dank die Vader - hulle het verstaan en dissipline is nog steeds gehandhaaf sonder om die kinders se menswaardigheid nog 'n knou te gee. Vandag, na baie seer en moeilike aanpassings (soms binne drie maande van skole moes verwissel buite ons beheer) het hulle elkeen hulle eie plekkies oopgeskrop in die samelewing.