Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on January 12, 2017, 08:34:50 PM
-
Ons eer met lied en lofgesang
ons Vader wat Lewe gee
na wie ons elke dag verlang
Hy klop-klop weer aan my hart
met vreugde nooi ek Hom in
om te help dra aan swaar en smart
met my hele wese gee ek als aan Hom
om net sy Liefde te ervaar
want Sy genade laat my stom
©adéle theron
-
U breek die brood
en vyfvissies
dan word dit liefde
wat uitkring en ons voed
Vul dit Mandjies
waaruit ons krummels kan neem
en verder gaan deel
en deel
en deel . . .
liefde wat mense
kan oortuig van U
Getrouheid, Genade en Seën.
©adéle theron
-
Altaarvertroue
Abraham het God so vertrou
dat hy 'n altaar van klippe bou;
hy het verseker nie verstaan
hoekom hy Isak moet laat gaan?
'n Geloofstoets aan hom gestel,
kon hom wurg tot in 'n hel,
maar aan God egter, al die eer,
Abraham het weer vertrou, soos elke keer!
©adéle theron
-
Wens ek het woorde gehad om jou te kon laat verstaan HOE pragtige voorbeeld jy vir ons is mater. PM lankal dit baie mooi opgesom dat jy vir haar die perfekte voorbeeld is van Christenskap.
-
oh neee, onthou, ek kan net 'n voorbeeld wees as swakste sondige mens met foute en versoekings wat soms onweerstaanbaar is, maar wat wel in Christus se voetspore volg, na die beste van my vermoë met my hand in Syne en onder leiding van die Heilige Gees.
-
Dit is juis hierdie nederigheid en die pragtige voorbeeld wat jy vir almal om jou stel wat die antwoord is Adele.
Raaitjie, jy moet haar ontmoet en tyd saam met haar spandeer.
-
Wens ek kon PM. Glo dat ons ure om sou kuier en verryk mekaar groet met 'n regte egte drukkie :love7:
-
Woordgedagtes 4
Hierdie Pad lei my waar ek moet gaan
en dui aan ons sy Geestelike Rigting aan.
Gebruik dan sy Riglyne aan ons gegee
in sy Woord, die Padkaart van ons lewe.
©adéle theron
-
Woordgedagtes 5
'n spierwit steentjie
graveer U my naam
'n nuwe naam
U maak my rein
en nuut … geborge
in U ewige liefde
Openb 2:17
©adéle theron
-
Woordgedagtes 6
‘n Linnelap
U kleed was net 'n linnelap
en die voetpad seker stofgetrap
doelgerig het sy vorentoe gebeur
tussen al die baie mense deur.
Haar vingers het aan
die soom geraak
maar haar geloof
het haar gesond gemaak.
Matth 9:20 – 21
©adéle theron
-
Pragtig mater. Die rympatroon val sag op die oog en oor. :notworthy:
-
Woordgedagtes 7
Sy vergifnis
Die hand van die man
wat U gaan verraai,
is by ons aan tafel.
Wie gaan teen Hom draai?
'n Haan moet kraai
voor die son kom groet.
Gaan ek tot in ewigheid
vir my verloëning boet?
Elkeen van ons wil
suiwer onskuld voorhou,
maar hoe kan ék 'n graf
vir al my sondes grou?
Sy oë is sag,
sy stem ruik na bloedsweet-
“Vergewe hulle, Vader,
hulle het nie geweet.”
©adéle theron
-
Woordgedagtes 8
Wie het al verder aan Josef gedink as net sy gesukkel om van Potifar se vrou af weg te kom, daardie tipe mense wat deur valse beskuldigings 'n ander se lewe kan verwoes? Maar deur in God te glo, het ten minste een man waarvan ons weet, beter uit die gemors gekom as wat die vrou ooit kon dink. As mense maar vandag ook wil besef dat valse beskuldigings net jou eie siek binneste verwoes.
Josef
Ek dink aan Josef, eensaam,
en wonder oor sy jare verby,
wie het hom ondersteun,
hoe het hy geloof verkry?
Ons wil hoort by ‘n groep
om ons gedagtes te help dra,
maar vergeet dat ons
maar net vir Hom kan vra…
Gen 40:23
Maar die hoof van die skinkers
het nie aan Josef gedink nie;
hy het van Josef vergeet.
©adéle theron
-
Wanneer vygies jubel
In vreugde stap ons saam met Hom
oor die vlaktes van Sy eiendom.
Daar buk ons af want teen die grond
rank vygies nou, veelkleurig bont.
Klein vetplantjies beur moedig voort
waar sandwoestyn aan Hom behoort.
Toe gaan sit ons eenkant op 'n klip
en dink weer aan die stal en krip-
geen blommekleur was daar te sien,
al het die wyses Hom kom dien.
Maar aan die einde van Sy lewe
het ook die veld na vreugd' gestrewe.
©adéle theron
-
Woordgedagtes 10
Nog 'n bietjie slaap
wees maar nog 'n bietjie luier
en voor jy jou kom kry
is jy weer aan die sluimer
Skyn die son al deur jou venster
weet net dagbreek wag nie vir jou
die deur na God se sonskyndag
is die skemeruur se grou
©adéle theron
-
Woordgedagte 11
Jabes
Jabes het Israel se God gevra
om hom elke dag te dra
wye velde te gee as grondgebied
smart weg te keer, Sy Wil geskied.
Ek is klein in dié lewe rof
my wêreld eens radeloos verdof
vra ek Hom ook om my te leer
en lê elke hunkering voor Sy voete neer.
©adéle theron
-
Net toe ek wou dankie skryf is daar nog 'n woordskat geplaas :notworthy: :icon_salut: Dankie vir kosbare deel matertjie.
-
dankie dat jy dit lees, lief Raaitjie, ek gaan nou aan met skryf spesifiek hiervoor, maar ai, my gedagtes verloor my soms langs die busstop.
-
Woordgedagtes 12
Sy plan
Hy het 'n plan met my naam gemerk
en lei my om gewillig vir Hom te werk.
Met basuin en simbaal het Hy my geroep
maar ek dwaal weer weg na die aardse groep,
dan fluister Hy my naam, Sy stem sag en teer,
deur trane draai ek terug, ewig te jubel tot Sy Eer!
©adéle theron
-
Woordgedagtes 13
Jakobus sê ons het nie
omdat ons nie vra nie …
maar ek het as kind
geleer om respekvol
afhanklik, aan Christus te vra
So kom ek, Heer
met my versoek
om elke dag hier
in die skaduwee
naby U te kniel
In eerbied aan U
my lewensnodige te vra;
te ontvang wat in
U Raadsplan beskik is
vir my liggaam en my gees
dit wat nodig is …
©adéle theron
-
Neem hierdie gebed met my saam op die lewenspad.
-
Woordgedagtes 14
Ontferm U oor my
Waarheen gaan al my gebede
as ek opsoek is na U vrede?
Help my, Heer, in hierdie land,
hou my veilig in U hand.
Hy gaan my beskerm
Hom elke dag oor my ontferm-
sê nié ek gaan nie swaarkry nie,
maar gee my elke uur hulp daarby.
©adéle theron
-
Woordgedagtes 15
Gee als prys
Ons staan in Geregtigheid van God
Christus het dit volbring, Sy Gebod
ons leef in vreugde onder sy Genade
met vrede vermy ons die kwade
slawe van sonde is ons nie meer
dit het ons gebreek, dit was so seer
dit kan nie anders, ons gee als prys
loop daarvan oor om almal te wys
Hy is al in my lewe, my volle Verlossing
die Ewige Lewe het Hy vir my gebring.
©adéle theron
-
'n Kraai vlieg
verwonderd oor die water
sonder naat of strand
geen takkie of holte
om sy pootjies in te plant
te gou het hy sy nes verlaat
het die duif nie langer gewag
voor hy met wye draai
oor aardse kontoere
en skeerkringe
gesoek het na 'n rusplek nie
kom skep jy dan eers
uit God se genadekruik
sy hulp en raad en liefde wyd
eer jy voortvarend
jou lewensboom gaan soek
©adéle theron
-
Genade
Gee ons, VaderHeer, U seën
en lei ons na Sionshoogte
na die Nuwe Jerusalem
al is ons nietig mens
dra U genade ons weer
en dank en loof ons U heeldag deur.
Gister was my hart
en siel vanmekaar geskeur,
nog nooit was my binnekant so seer
almal op aarde het my verlaat
daar in my leegte vul U my
en dank en loof ek U heeldag deur.
©adéle theron
-
Het jy vir my ’n sakkie meel?
Ek wil vyf broodjies bak,
want sien … die wêreld is so skeel.
Elkeen soek ’n wonderwerk,
maar mis die teerheid in
’n brose vlindervlerk.
Blind staar hul verby die maan,
of God se koloriet
daar waar die son ondergaan.
Daarom wil ek Sy broodjie gee
aan almal wat wil hoor!
“Kom! Kry en neem ekstra met jul mee.”
Later kan ons die brokstukke weer
optel en God prys,
ja, twaalf mandjies vol, suiwer tot Sy eer.
©adéle theron
-
Ek wil U dien, Here
(sonder tromme en simbale)
in die ruising van die wind
met gebed en omgee
wat van U af ons omvou
dankie gee vir genade
en seëning aan elkeen van ons
gevul met U Liefde
(my tranedam loop oor)
wat my skoonwas van alle vuil
tot ek rein en seker
U Liefde en Genade
alles myne kan noem.
©adéle theron
-
Hy hoop futiel
vir agt-en-dertig jaar
nooit kon hy eerste
die roering ervaar
maar voor 'n engelhand weer
die water by Betesda beweeg
het Iemand hom reeds daar voorgekeer.
Hy bekla sy lot en lê sy seer
voor hierdie Man se voete neer
maar op die Sabbat stuur Jesus hom
met bed en al op 'n nuwe weg.
Kom geliefdes en prys die Heer
en laat geen fariseër jou weerhou
om Christus se liefde
elke dag in jou hart toe te vou.
©adéle theron
-
Vandag neem ek vanuit jou kosbare mandjie vir my Woordbroodjies as padkos :notworthy: :icon_salut:
-
dankie vriendin, ek het 'n stilte beleef, maar moet weer gaan woordwortels grou vir verdere woordgedagtes .... :toothy4:
-
Hy hoop futiel
vir agt-en-dertig jaar
nooit kon hy eerste
die roering ervaar
maar voor 'n engelhand weer
die water by Betesda beweeg
het Iemand hom reeds daar voorgekeer.
Hy bekla sy lot en lê sy seer
voor hierdie Man se voete neer
maar .
Kom geliefdes en prys die Heer
en laat geen fariseër jou weerhou
om Christus se liefde
elke dag in jou hart toe te vou.
©adéle theron
Wonderlik! Kom ons prys die Here, want: "op die Sabbat stuur Jesus hom
met bed en al op 'n nuwe weg."
"Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie ... dat God Hom opgewek het uit die dode: om na verderf, nooit, weer terug te keer nie." “In julle dae”, op God se Sabbat. Ja!
-
Ja regtig Adele, jy kan nie toelaat dat hierdie woordgedagtes opdroog nie. Dankie sustertjie.
-
Ek staan vanoggend weer verstom oor hoe iemand uit twee 'heilige' monde kan praat. Dit wat G.E hier skryf en wat hy op openbare media 'getuig' is twee kante van een munt. Mater Adele, jy is en bly vir my en baie ander DIE mooiste voorbeeld van 'n volgeling van Jesus. Doet groot asb voort.