Author Topic: "Twee-een, twee-een" griffelstruktuur  (Read 4905 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
"Twee-een, twee-een" griffelstruktuur
« on: October 11, 2012, 04:43:21 AM »
Wolf-wolf.

Die Liewe Vader weet,
ek het nie meer raad nie!

Hoe gemaak met die sketevraat?

Hoor net van 'n kwaal;
sien jy hoe hul kwyl.

"Vertel my tog eers gou - hoe simptome knou."

Dadelik sien jy ore spits
en bak staan.

'n Merkie kan jy maak - op die almanak...

binne 'n week of twee, glo my vry;
biep-biep die foon, of kry jy 'n poskoetslyn.

Die Liewe Vader weet, ek het nie meer raad nie.

"Wolf wolf hoe laat is dit?"
lees die marmerskrif in swart op wit.

Vergewe my asseblief; ek dog dit was weer net bluf!

© Meraai vannie baai

'n Eenvoudige, maklike struktuur met sy variasie van twee-een, twee-een versreëls (onbeperk in totaal)
en 'n kombinasie van verskillende rymvorme op geen vasgestelde patroon nie. Een van die reëls word herhaal vir impak.
« Last Edit: October 11, 2012, 04:53:05 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Twee-een, twee-een" griffelstruktuur
« Reply #1 on: October 11, 2012, 09:36:04 AM »
Baie goed gedoen Raaitjie.   :notworthy: 

Wie gaan nog saam speel?  Ek sal 'n bietjie later probeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: "Twee-een, twee-een" griffelstruktuur
« Reply #2 on: October 11, 2012, 10:12:30 AM »
 :hello2:

Laat mens dink Ta Raatjie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Twee-een, twee-een" griffelstruktuur
« Reply #3 on: October 11, 2012, 10:48:12 AM »
My plek geboek liefste maters  :notworthy: :love7:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Twee-een, twee-een" griffelstruktuur
« Reply #4 on: October 19, 2012, 01:03:32 AM »
En hier is PM se "twee-een, twee-een"  :love7: :hello2: :notworthy:


Aan almal wat nie met my wil praat nie

ek skenk vir jul elkeen 'n forumsaadjie
plaas dit in die hand waarmee jy skryf

hou dit vas

as jy tik kan jy dit in jou handpalms sit
vou jou hande nou dig tesame

en skud

dit sal ontkiem en wortelskiet
om die mooiste woorde te dra

uit jou hart

bring dit asseblief na die forum
ek voel so eensaam en alleen

ek skenk vir jul elkeen 'n forumsaadjie...
 



« Last Edit: March 12, 2013, 08:12:30 AM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Twee-een, twee-een" griffelstruktuur
« Reply #5 on: March 11, 2013, 09:33:28 AM »
Hê-hê, ek het die twee-een-ding gekry.  Hier is dit!
Nou sien ek eers, ek het vergeet om 'n versreël te herhaal.   :`ip2:

Raaitjie, kan jy asseblief die laaste versreël met
Ek skenk vir jul elkeen 'n forumsaadjie... vervang? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Twee-een, twee-een" griffelstruktuur
« Reply #6 on: March 12, 2013, 05:13:12 AM »
Ek het so gemaak matertjie. Het ook sommer vir jou die verse opgebreek in die twee-een formaat  :love7: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Twee-een, twee-een" griffelstruktuur
« Reply #7 on: March 12, 2013, 08:13:30 AM »
Jy is 'n ster!  Baie dankie Raaitjie.  Dit is heerlik om die forum oop te maak en te sien jy is terug.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.