Die Afrikaanse Forum
Woordskuur => Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae => Topic started by: PM on November 09, 2018, 12:32:44 PM
-
Ek onthou die studentedae se "nog 'n dag is in sy moer" :icon_biggrin: Met die eindeksamen het ons gebulder: nog 'n jaar is in sy moer
Gaudeamus, igitur,
juvenes dum sumus;
gaudeamus, igitur,
juvenes dum sumus;
post jucundam juventutem,
post molestam senectutem
nos habebit humus,
nos habebit humus.
Kom nou, kêrels, laat ons sing,
skuif die boeke nou opsy!
Kom nou, kêrels, laat ons sing,
skuif die boeke nou opsy!
Al die bitter jer'miades,
al die skandes en die skades
van die bloktyd is verby,
van die bloktyd is verby.
-
En nou is dit bewaar! PM jy is 'n ster :love7:
-
Dit was darem baie jare gelede!
Die ander eksamenliedjie was "Al die eksamens is nou klaar . . .
-
Was daar 'n reeltjie wat joegaai die, joegaai daai ingesluit het? Of vanwaar was dit deel van 'n liedjie uit die oude doos? Daardie woorde kom skielik ewe vrolik aangehuppel toe ek jou kommentaar lees :icon_biggrin:
-
AL D'EKSAMENS IS NOU KLAAR
Woorde: HUGO GUTSCHE, na "Studio auf einer Reis"
Musiek: A. SCHÄFFER, 1849;
verwerk: D. HYMAN
Al d'eksamens is nou klaar, joe-gai-die, joe-gai-da!
Nou begin die pret voorwaar, joe-gai-die-hai-da!
Slenter aan deur dik en dun,
meisies volop om te min;
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die, joe-gai-da!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die-hai-da!
Is die geld partykeer skraal,
joe-gai-die, joe-gai-da!
en die baadjie bietjie kaal,
joe-gai-die-hai-da!
Later kom 'n beter dag,
dan sal ons weer skaterlag!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die, joe-gai-da!
Joe-gai-die-hai-die-hai-da,
joe-gai-die-hai-da!
-
Oeeeee! Ek kan nog oraait onthou. Dankie so baie baie vir deel matertjie :love7: :hello2:
-
Ja, 'n ou hoor die klokkies lui maar jy weet nie op watter hoek staan die roomyskarretjie nie. :icon_biggrin:
-
Hoe het ek nie ons pret met woorde gemis nie. Die beste medisyne ooit. Lief lief lief julle :love7: :hello2: