Author Topic: Kuberkraker.  (Read 16020 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kuberkraker.
« on: August 31, 2011, 10:04:45 AM »
Ons gesels hier oor kuberkrakers en wat hulle daaruit put om ander te benadeel.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Kuberkraker.
« Reply #1 on: August 31, 2011, 11:26:16 AM »
Dit slaan my altyd dronk dat ander mens niks gun nie...

Ek is net baie bly julle kon red wat te redde was...veelsgeluk aan al die harde werk, julle daar agter die skerms. Of sê mens net baie dankie  :notworthy:.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kuberkraker.
« Reply #2 on: August 31, 2011, 11:44:04 AM »
My klein koppie is te plat om dit te verstaan.  :dontknow:  Ek kyk liewers vorentoe, sulke mense sal kry wat hulle toekom.  Gelukkig hoef ek my nie nog daaroor ook te bekommer nie.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Kuberkraker.
« Reply #3 on: August 31, 2011, 02:05:04 PM »
Daar is 'n kuberkraker.  En dit vanuit ons eie geledere.  Baie dankie vir die baie werk wat jy ons as tegniese span aangedoen het.  Dankie vir die ongerief en kommer wat jy die lojale forumiete aangedoen het.  Dankie vir BAIE verlore ure.

Aan al die ander forumiete, geniet nou weer die forum.  Ons kon haar uiteindelik red.

Aan Marcelle by Hostcow, vir sy groot aandeel in die herstel, jy is 'n ster!

Maar nou is Stof eers weer skaars tot middel aanstaande week.  Studie, liewe studie...

Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kuberkraker.
« Reply #4 on: August 31, 2011, 03:14:34 PM »
Lepi

pas net op dat die studie nie ontaard in 'n luiskraker nie.

Sien PM ek onthou soms van die 2de nie

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kuberkraker.
« Reply #5 on: August 31, 2011, 03:52:24 PM »
Ag man, jy is so slim!   :toothy4:  Toe ek begin gedigte op Woes plaas, het Griffelman mooi vir my verduidelik dat selfs in gedigte, 'n mens nie die tweede nie moet weglaat nie.  Dit maak jou rym baie sagter op die oor val.
Sover ek weet is ons taal die enigste taal wat die tweede ontkennings woordjie gebruik.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kuberkraker.
« Reply #6 on: August 31, 2011, 04:01:18 PM »
 :violent5: :violent5:  Toe ons  hierdie gesiggies gesit en uitsoek het, het ek nooit gedink dat ek die iewers sal gebruik nie.   :violent1:  :violent1:  Ek het nie woorde nie maar darem is hier prentjies.   :violent1: :violent1:
  :BangHead: :BangHead:   :boxing: :boxing:   :evil5: :evil5:  Hoe mis ek nou vir Blexim dat hy vir die hanswors 'n paar dinge kon vertel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Kuberkraker.
« Reply #7 on: August 31, 2011, 11:28:31 PM »
Laat weet Marcelle toe mos:  Die stoute kabouter kan een van twee mense wees.  Dit is of die persoon in ons midde waarna baie spore wys, of 'n outjie in frankryk wat lastig is.  Die teruggespoorde toegangsrekords, dui egter beide aan.  Daar was ook 'n inset van'n ander bron af wat beweer dat dit 'n outomatiese poging van 'n stoute rekenaar kon wees.  In hierdie geval is dit nie die situasie nie.  Die spoor toon egter 'n menslike patroon (insluitend 'n paar menslike denkfoute wat hom makliker weggegee het) in die gebeure wat tot die brekasie gelei het. Die stoute kabouter het ook van 'n instaanbediener gebruik gemaak en so sy identiteit probeer verskuil.  Daarom moet die instaanbediner se roetes ook eers nagespoor word voordat ons kan bepaal, wie van die twee verdagtes is dit toe.

Sodra ons die stouterd gevang het, sal ons hom na Onderstepoort toe stuur vir 'n os-operasie.  Dit behoort die boodskap oor te bring.  As die skuldige dus hier saamlees, ons weet reeds watter instaanbediener jy gebruik het, en watter instansie se toerusting jy waarskynlik gebruik het om jou geelbaadjie streke uit te haal.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kuberkraker.
« Reply #8 on: August 31, 2011, 11:36:51 PM »
Dankie baie baie aan almal wat so hard gewerk het agter die skerms om onse ABC kuierplek weer terug te plaas in die ruimte  :notworthy:

Stof ek skaar my by jou gevoel oor kuberkrakers. Vanoggend toe ek pos wou stuur kry ek die volgende boodskap:

Your message was not sent.
Suspicious activity has been detected on your account. To protect your account and our users, your message has not been sent.
 
If this error continues, please contact Yahoo! New Zealand Customer Care for further assistance.
 
We apologise for the inconvenience.


Toe word ek onheilig moerig! Enige iemand dieselfde probleem ondervind? :dontknow: Ek weet nou nie of dit nou hackers, crackers, wurms of 'n virus se werk was nie  :toothy4: Begin ek wonder wat is die verskil?

007 het die besem se strikkie mooi geplooi en toe so draai gaan gooi:
http://www.oulitnet.co.za/artikels/virusse.asp
http://tech.groups.yahoo.com/group/taalgesprek/message/5656

Hacker of crackers? "Crackers are often
malicious, as opposed to hackers (who see themselves as benevolent explorers),
and may have many means at their disposal for breaking into a system". "The term
'cracker' reflects a strong revulsion at the theft and vandalism perpretated by
cracking rings. There is no overlap between hackerdom and crackerdom".


Die rekenaarterme@egroups besprekingsgroep stel die volgende voor:

hacker = kapper
cracker = kraker


 :icon_bigsmurf: Kon die woorddief nie die versoeking weerstaan om te 'oes' uit al die wonderlike inligting en die buit struktuurlik te bewaar nie:

Kapper en Kraker
sluip deur Internetpoort;
opsoek na data ...

Neef Wurm, as 'oudste'
verskans in 'n dokument
op kuberposkoets.

Sekuriteitsgat
waarsku gerugte-meule:
omgort lendene!

Op Trojaanse perd
gallop Virus gefrustreerd
verby vuurmuur-erf.

NS: Anti Norton van Down Under  
 :icon_biggrin: wyd, die ABC weer ongeskonde
op haar skootbrakkie.

 



« Last Edit: September 01, 2011, 04:32:28 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kuberkraker.
« Reply #9 on: September 01, 2011, 07:55:57 AM »
 :hello:

Ek lief die gedig.
My man het ookal vir my die verskil verduidelik. 'n "Hacker" is blykbaar gewoonlik nuuskierig en wil sy/haar vermoë toets om te sien of hy/sy goed genoeg is om in "verbode terrein" te kom, terwyl die ander een die eintlike skadelike ene is.
Ek het dus 'n mate van begrip vir die "hacker", maar beslis nie vir die "cracker" nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kuberkraker.
« Reply #10 on: September 01, 2011, 08:18:57 AM »
Goed geskryf Raaitjie. 

Die ouens by die bedieners beveel aan dat ons ons wagwoorde verander.  Nou weet ek nie of dit die forum s'n is en of almal hul persoonlike wagwoorde ook moet verander nie.
My oudste meen dat 'n wagwoord iets soos dit moet wys: p3tr@sm1t
Hy meen dat "Dit is "bad"  robots wat jou sites besoek en dan goed verander."
Ek wil graag glo dat dit so is, want regtig, ek wil nie glo dat dit iemand in ons midde is nie. 
As 'n mens net bewyse kon kry sou dit makliker wees.  Ek hou niks van die onsekerheid nie.
As dit iemand is wat net probeer aandag trek...


 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kuberkraker.
« Reply #11 on: September 01, 2011, 11:29:18 AM »
 :hello:

Ek hoop nie dit is ook ons persoonlike wagwoorde nie, ek sukkel soms al klaar om te onthou watter wagwoord ek by watter plekkie gebruik.  :icon_biggrin:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kuberkraker.
« Reply #12 on: September 01, 2011, 06:48:05 PM »
Ek het vanmiddag met my oudste gesels.  Hy sê dit is slegs die forum se wagwoord.  Hy is oortuig daarvan dat dit 'n "evil" robot is.  Hy sê dat dit eintlik net die e-posadresse is waarna die rakker soek, sodat dit gebruik kan word vir gemorspos.  Ek glo nie ons het iets om oor te bekommer nie. 
Stof het 'n ander wagwoord opgestel en die bedienermanne het ook beloof om die sekuriteit op te skerp.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Kuberkraker.
« Reply #13 on: September 02, 2011, 08:35:20 PM »
PM, ek stem saam met jou oudste! dit word 'n autobot genoem, dit bedoel dit is 'n programmetjie wat iemand geskryf het wat ooral inklim en net goedjies soos e-pos adresse steel om te kan SPAM.  Dit nie 'n baie groot issue nie, en dit behoort nie baie vinnig weer te gebeur indien hulle die wagwoord verander het nie.  My persoonlike ondervinding met 'n forum is dat dit gebeur so af en toe, en solank jou sekuriteit sterk genoeg is kan hulle niks kry nie.  Ek glo ook ons het rerig nie iets om oor te komkommer nie!  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kuberkraker.
« Reply #14 on: September 03, 2011, 07:54:07 AM »
Dit is baie gerusstellend.  Ek was op 'n kol erg bekommerd. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Oubaas

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 10
  • Gender: Male
  • 'n Gewillige donkie vir Jesus Web: http://www.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0
    • Oppie Koffie Gemeenskap
Re: Kuberkraker.
« Reply #15 on: September 03, 2011, 04:08:46 PM »
Ek het vinnig deur als gelees. Moet NOOIT jou epos of selnr op die net pos nie. Dis moeilikheid soek. Ek sal volgende week 'n foto van Stof neem dan kan jul dit as logo gebruik. Dit behoort daai stoute kabouter af te skrik! :)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kuberkraker.
« Reply #16 on: September 03, 2011, 04:18:07 PM »
Ek dink Oubaas moet liewers my foto plaas, dit sal baie beter werk.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.