Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: adele on February 09, 2012, 08:09:22 AM

Title: Vir bewaring: Naas soek werk
Post by: adele on February 09, 2012, 08:09:22 AM
ek wil darem ook vertel hoe ek vanoggend Naas se werksoekery geniet het, wou een of twee betrekkings uitwys waar ons taal en spreekwoorde kostelike prentjies verskaf, maar kon nie kies nie. nou geniet ek net ons taal met oorgawe.
dit laat my dink aan Fanus se sterwenswoorde van verskillende beroepe.

 :grommit:
Title: Re: Vir bewaring: Naas soek werk
Post by: PM on February 09, 2012, 08:16:17 AM
Naas doen dit met oorgawe en geniet elke inskrywing.  Ons het die mooiste mooiste taal en dit slaan baie sterk deur in Naas se plasings.   :notworthy:
Title: Re: Vir bewaring: Naas soek werk
Post by: Meraai vannie Baai on February 13, 2012, 11:45:10 PM
AMEN!!!  :toothy4:
Title: Re: Vir bewaring: Naas soek werk
Post by: Naas on March 19, 2012, 10:59:44 AM
Ek wou 'n seksterapeut word maar dit was 'n stywe kursus en toe raak ek opstandig.

Word toe maar 'n winkelassistent maar raak binne 'n week van my trollie af en beland op die rak.

As kroegman het ek gedop en moes toe maar 'n nugter besluit neem om te loop.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Vir bewaring: Naas soek werk
Post by: PM on March 19, 2012, 11:05:22 AM
Dalk kan ek my ander helfte oorreed om eersgenoemde te oorweeg wanneer hy met
pensioen gaan.  :dontknow:
Title: Re: Vir bewaring: Naas soek werk
Post by: Trapsoetjie on March 20, 2012, 08:10:18 PM
Ai Naas, die werk soek dink werk nou regtig nie vir jou uit nie, eish... dis nou 'n slegte ding die werk soek.  :icon_biggrin:

 :angel12:
Title: Re: Vir bewaring: Naas soek werk
Post by: Naas on March 20, 2012, 09:52:39 PM
Word ek mos 'n fotograaf maar verloor fokus toe ek deur die verkeerde lens loer en zoom toe maar in op iets anders.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Vir bewaring: Naas soek werk
Post by: Meraai vannie Baai on March 20, 2012, 11:03:23 PM
Ek wou net vinnig loer wat gaan aan in julle kant maar giggel nou so ek moet dankie skryf vir die rondreisende woordontbyt se menu!! Naas hierdie  :book1: toe dinge van jou is groooooot plesierigheid  :headbang:
Title: Re: Vir bewaring: Naas soek werk
Post by: PM on March 21, 2012, 05:45:39 AM
Ek dink nou net hoe gelukkig sy kleinkinders gaan wees om al hulle Oupa se dinge op te lees.  Was ek maar so gelukkig! 
My Oupa was 'n gevangene op St. Helena.  Ek is seker daar sou stories uitgebroei het vir 'n leeftyd se plesier.