Author Topic: Torre sonder vlerkies  (Read 4121 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jan Dink

  • Administrator
  • Suigeling
  • Posts: 11
    • TruSoft Software
Torre sonder vlerkies
« on: July 27, 2012, 06:36:39 AM »
Hierdie week was nou weer een van daardie weke wat maar swaar was op die swem-vlerkies van my torre.  Dit is nou die einde van die week en ek het nog net genoeg heel vlerkies oor vir die helfte van my torre.  Die gevolg is dat my breinselle nou 'n ernstige besige taak het om die klomp torre te skeduleer sodat daar nie 'n tor uitgaan op 'n kurkprop sonder sy vlerkies nie.
Die manne moet maar staan en wag tot daar 'n tor terugkom sodat hy sy vlerkies kan aansit en uitgaan.

As jy dalk nou wonder wat ek so aangaan oor torre en vlierkies, laat ek net gou verduidelik hoe dinge regtig werk hier in jou kop.  Op skool leer ons dat die brein 'n massa van senuwee selle is, maar hulle vertel ons nooit van die heel belangrikste deel in die brein nie, dit word 'n groot gehiem gehou.

Sien, in die middel van die brein, is die beheer sentrale.  Dit is waar alles beheer word wat jy doen en dit word alles beheer deur 'n klomp torre wat op kurkproppe rondvaar op 'n dam.  Bokant die dam is 'n groot koepel en van die koepel hang 'n klomp toue en elke tou is vasgemaak aan 'n skakelaar wat 'n sekere deel van die brein beheer.
As mens dink, dan gaan die torre uit op die dam op hulle proppe en trek die regte toue in die regte volgorde om die inligting in jou brein deur die regte kanale te laat vloei, sodat jy by 'n antwoord kan uitkom.

Soms gebeur dit dat die dam bietjie stormagtig word en dan sukkel die torre om by die regte toue betyds uit te kom, of hulle val soms af in die water en moet dan gered word deur ander torre naby hulle.  Dit veroorsaak dan natuurlik dat die hele dink proses stadig word en ons kom dan voor as dom.

Niemand is regtig dom nie, party mense het net minder torre as ander of die torre is bietjie lui of hulle val te veel van die proppe af, dan word die hele dink proses vertraag. 
Die torre word natuurlik met basiese uitrusting toegerus, soos swem-vlertjies, sodat as hulle afval, dan kan hulle maklik weer terugklim op die prop en voortgaan met toutjies trek.  Dit gebreur natuurlik dat die vlerkies afblaas en dan moet dit weer opgeblaas word, maar as dinge bietjie druk gaan, dan kry die torre van die vlerkie-opblaas afdeling nie genoeg tyd om al die vlerkies weer op te blaas nie met die gevolg dat al hoe minder torre gelyktydig kan uitgaan op die proppe, wat ook die dink proses verstadig.

Nou is daar natuurlik mense wat bevoorreg is om hulle torre te kan uitrus met meer gevorderde uitrusting, soos klein motorbote in plaas van die proppe en duik uitrusting of lewens baadjies, wat maak dat hulle produktiwiteit nie so baie geraak word as hulle in die water beland nie.  Iemand soos Albert Einstein het seker motorbote met veilighieds gordels en duikpakke en lewens baadjies gehad vir sy torre.  En hulle was baie paraat.

Ek het maar die standaard uitrusting vir my torre; kurkproppe en swem vlertjies en een opblaas eendjie wat om die lyf gaan vir noodgevalle.  Dus gebeur dit gereeld dat my torre nie genoeg vlertjies het nie en moeg raak en val dan meer gereeld in die water en moet mekaar help om weer op die proppe te kom.  Dit is wanneer ek nie meer altyd reageer soos verwag nie.  Byvoorbeeld soos wanneer my vrou met my praat en ek besef eers 'n minuut of twee later dat sy gepraat het en wat sy gese het.  Partykeer spartel die die tor wat die inligting van my oor af moet verkwerk nog in die water rond en sy notas raak nat, dan weet ek nooit heeltemal wat sy gese het nie en moet ek probeer om uit te werk wat sy gese het - ek kry dit gewoonlik verkeerd.

Nou ja, soos ek gese het, vandag is ek weer laag op vlerkies.  Nou net 'n epos gestuur sonder die aanhegtings...

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Torre sonder vlerkies
« Reply #1 on: July 27, 2012, 07:31:20 AM »
Jis Jan Dink, dankie vir hierdie mooi uitleg.  Nou weet ek ook wat met my verkeerd is.   :icon_biggrin:
Pragtig geskryf, ons kan dit 'n bietjie proeflees en dan kan dit boek toe. 
Ons wag vir nog 'n paar bydraes vir die boek. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Torre sonder vlerkies
« Reply #2 on: July 28, 2012, 12:27:34 PM »
ag siestog - my torre het seker almal verdrink -die dat ek nie kan dink nie  :icon_biggrin:

JanDink kan jy so 'n tor of wat spaar vir my  :love7:

Sien jy PM - ek seg mos die manlief van my steek sy talente onder die emmer weg ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Jan Dink

  • Administrator
  • Suigeling
  • Posts: 11
    • TruSoft Software
Re: Torre sonder vlerkies
« Reply #3 on: July 28, 2012, 05:20:35 PM »
PM, julle moet asb maar vir my proeflees.  As my torre nie almal mooi kalm is en hel vlerkies hiet nie, dan is my skryfwerk ook nie so goed nie.

Ek sal kyk of ek meer gereeld 'n bydrae kan maak. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Torre sonder vlerkies
« Reply #4 on: July 29, 2012, 06:41:36 AM »
Sodra ek weer 'n paar torvlerkies opgepomp kan kry sal ek proeflees en dit vir jou aanstuur vir goedkeuring.  Intussen trek ek my stoeltjie nader en sit net hier en wag vir die volgende bydrae.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Torre sonder vlerkies
« Reply #5 on: July 30, 2012, 01:30:18 AM »
 :hello2: :notworthy: