Author Topic: ierland # 4 A ry nog verder noord  (Read 3615 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
ierland # 4 A ry nog verder noord
« on: August 22, 2015, 09:33:36 AM »
ierland # 4 ry nog verder noord

Gelukkig is die hoofpad uit die stad uit net langs die hawe. Ons was gou gou weer teen die see en al kus langs gery om te kyk waar ons uitkom.

Hier is paar fotos wat ons langs pad geneem het





Nadat ons deur die tonnel gery het besluit ek dat dit afgeneem moet word. Die pad is smal en sowat 2 km verder kry ons plek om om te draai by parkeerplek waar daar ook kos t koop is by wegneem ete plek. Draai om en kry parkeerplek net voor die tonnel.





Na die fotos gaan koop ons vis en chips by die wegneem ete plek. Toe hy ons klaar gehelp het, maak hy toe, haak die sleepwa aan sy voertuig en gaan huis toe. Dit was 10 oor 5 die middag. Hy het vertel dat hy ek dink al 28 jaar lank daar kos verkoop.





daar was gelukkig bankies met tafels waarby ons kon sit om te eet.



en hulle was ook teen aan




Paar fietsryers wat backpack ding doen is ook daar verby















so ry ons verder en kom in Ballycastle. Ons wil nie verder nie want dit wat ons môre wil besoek is tussen hier en die volgende dorp.

Stop soos ons die dorp inkom, raadpleeg GPS vir B&B en dit wys sowat 250 meter van waar ons is, is 'n plek. Ons ry daarheen en op die deur staan klop langsaan. Maak so en iemand maak oop en sê ons moet net bietjie wag hy boek net gou die mense in. Toe hy klaar is sê hy dat daar nog 1 kamer oop is by die plek waar ons eerste was. Nou ja dan neem ons dit. Was nie baie laat nie, net na 20h00 en die son is nog hoog. Ons pak uit en gaan af see se kant toe.












Dit is 'n eiland daar aan die oorkant met 'n ferry wat heen en weer vaar en daar is paar mense wat daar met skape boer.







wat 'n plesier om te sien als is heel en in werkende toestand.






Die foto hier onder is half 9 in die aand geneem.






Ons het heerlik geslaap die nag en ook lekker ontbyt gehad en die eienaar het my paar wenke gegee vir die dag.

Vervolg #4 B



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ierland # 4 A ry nog verder noord
« Reply #1 on: August 22, 2015, 11:40:21 AM »
Ek kan nie wag vir die volgende foto's nie.  Dit is heerlik om saam met julle te toer.  Gelukkig is ons ook nog hier in Centurion waar ek lieflike opvangs het.  Dit is 'n plesier om te kyk!
Om te weet is om te verstaan.