Woordskuur > Kreatiewe Skryfstyle

Ekphrasis ('n Woord en beeld duet)

<< < (2/4) > >>

Meraai vannie Baai:


Die woorde in 'n kringloopgedig moet kloksgewys en ook anti-kloksgewys gelees kan word. Dit stel 'n groot uitdaging aan die skrywer.

Hier is Strofe 2 en 3 van my gedig. Ek plaas albei vorm (van links na reg en visa versa.)

Deur menswees-seisoene
teister hoekoms en waaroms;
getoom en gesaal -
vrees/haat word een, 
verbrysel toekomsdrome ...

Onbereikbaar is vrede,
maar blindelings soek ons.
Klein en nietig so is menswees.
Moedverlorene; 'n banneling -
sinloos Godsverlate ...

           ****

Godsverlate, sinloos
banneling - 'n moedverlorene.
Menswees is so nietig en klein.
Ons soek blindelings maar
vrede is onbereikbaar.

Toekomsdrome verbrysel -
een word haat/vrees;
gesaal en getoom...
Waaroms en hoekoms teister
menswees-seisoene deur.

Fransi:
Besonders en fyndink geskryf.

PM:
Hierdie een is my gunsteling.  Ek lief dit. 

Meraai vannie Baai:
Dankie Naas, jou kommentaar op die foto is die perfekte dansmaat vir die sonneblomduet :notworthy:
                                            

Naas:
Haai Oe Allie! boor ek nou my groottoon 'n gat in die teer, al sy dulux van die nael af.
Dank Ta' Raatjie.



 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version