Bak en brou > Slaaie

PM se ingelegde beetslaai

<< < (2/3) > >>

Meraai vannie Baai:
...  en ekke was die 8341ste leser oor 'n gas se skouer! Nog nie self probeer nie maar ek het 'n beetstorie by Outop gehoor. Eintlik was dit 'n beterige-grens-storie.  Ek verstaan hoekom hy die waentjie ekstra vinnig stoot as ons verby die ingelegde beetrakke gaan in die winkel   :icon_biggrin:

Tydens een operasie wyl die grensoorlog nog gewoed het van heinde en verre, word daar met mening op die TV en radio verkondig hoe daar na die Suid Afrikaanse troepe omgesien word. Honderde beeste was glo geslag maar wat nie gewys was nie, is hoe daar vir die manne in die veld een kale blikkie (sonder etiket), sommer so in die ry uitgegooi was.

Een blikkie ingelegde beet vir drie jong manne was enigste kos vir 24 uur  :crybaby2:

adele:
 :crybaby2:  daardie dae se leuens sal nog lank by die hoofmanne spook.

Meraai vannie Baai:
Lees ek weer oor 'n gas se skouer en vandag was ek die 11350 ste leser! Praat van 'n ommekeer - Outop het skielik weer 'n beetliefhebber geword! Ek kook dit net sag en sny in blokkies. Rooster dit dan in die oond met 'garlic and herb' geurmiddel. Hy vra nou vir nog beet so ewe  :icon_biggrin:

PM:
Ons het net die naweek gelag oor kosse wat JC nooit sou eet nie waarvoor hy nou vra of sommer self kook.   :hello2:   Hy het 'n week gelede een groot gemors in die kombuis aangejaag met die beet wat hy gekook het.  Gelukkig was dit heerlik. 


Het julle al beetblare gekook?

Meraai vannie Baai:
Oe! Groot gunsteling. Met aartappel en ui, sout en baie swart peper! Laat my altyd dink aan kleintyd se 'marog'. Nie seker van spelling nie maar die smaak kan ek getuig is vorentoe.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version