Die kuierstoep > Bekgeveg

Niksvreet

(1/5) > >>

Naas:
My vrou, dis nou die een wat die remoer versprei dat ek getroud is. Daai een...
Sy het nou op die internet gelees van die Jappeneus of shineus of een of ander neus wat die nobel prys gewen het vir sy navorsing oor "fasting".
Ek weet nou nie hoeveel sy van die neustaal verstaan nie maar nou moet ons "fast"
Vir die wat nie die vertaling verstaan nie, dis nie fast soos in vinnig nie, nee, dis fast soos in niksvreet.
Van drie etes 'n dag af na drie dae 'n eet.
Verstaan nou vir my mooi. Eet is die enigste plesier in my lewe.
Ek moes drank los. Ek moes sigarette los. Ek moes seks los. En dit alles vir botter en vir wors.
EN NOU. Nou moet ek nog die botter en wors ook los.
Verdomp. Ek is nou al tussen 60 en vrot nou moet ek wragtag nog die laaste plesier in my lewe opgee.
Ek sweer ek gaan haar wifi afsit.
En as ek een keer in 'n skrikkeljaar eet moet dit keto wees. Ek ken nie eers vir keto nie maar hy gaan blykbaar my ongeneeslike diabetes genees. Ek is so opgewonde want hier kom een splinternuwe pankreas deur die hongerpyne aangewals.
Geen suiker nie. Fffferdomp. Het julle al agter gekom... alle lekker kos het suiker in. Geen brood nie. Ffferdomp. Dit sluit braaibroodjies in.
Ek moet liewerste nou stilbly want my selfoon is nou al papnat gekwyl.

 :icon_bigsmurf:

Assie:
Onthou Oom Naas vir Bles. Dis nou Oupa se merrie gewees.
Oupa het mos besluit omdat die droogte nou die voer so verminder het moet Bles minder eet.
So elke dag het Bles minder voer gekry. Dit het vir Bles goed gedoen. Sy het weer mooi lyf gekry. Die vetjies van rondstaan in die veld het verdwyn.
En net toe sy nou mooi gewoond is aan niks vreet nie toe vrek Bles mos nou.
Oupa was baie bewoë.
Die veeartsie sê Bles het een of ander anno ereksie siekte gehad. Ek verstaan nie so mooi van die anno ereksie nie want sy was mos 'n merrie.
Maar Oom Naas moet net versigtig wees. Ek weet nie of mense ook anno ereksie kan kry van te min eet nie maar dit sal darem 'n groot skande wees as Oom Naas nou doodgaan van daai anno ereksie en dit nog met 'n splinternuwe pankreas en al. (En dan gaan hulle met die anno ereksie besigheid dalk nog sukkel om Oom Naas se kis toe te kry ook)
Nee o genade, as ek Oom Naas is eet ek liewerste skelmpies wanneer Ta Elmarie by die werk is. Gelukkig werk sy baie.

 :mumum:

Naas:
Daai kis storie van jou maak my nogal benoud. Klink vir my dit kan nogal ongemaklik raak daar binne as hulle hom moet toe forseer.
Onthou jy Oom Vatterige Frans wat aan 'n oordosis viagra oorlede is. Hulle vertel hy het sommer self sy kis van binne af toe gespyker.
Nee O Hallie Ha Assie! Hierdie niksvretery ding gaan nie werk nie. Ek dink ek sal meer gereeld plaas toe moet kom vir sago poeding.

 :icon_bigsmurf:

Naas:
Woordwurm/spaghetti vers.

HET JY

Alweer
Tussen
Etes
Ge
Snack?

HET JY?

natuurlik

Het
ek
tussen
etes
ge
snack

natuurlik.

HOE KON JY

Tussen
Etes
Snack

HOE KON JY?

Ek moes

Want
etes
is
drie
dae
uitmekaar.

Ek moes.

 :icon_bigsmurf:

Naas:
Verdomp Assie. Nou moet ek hoor kersfees by ons is met twee dae uitgestel want ons eetsiklus is eers twee dae NA kersfees.
EEENN!!! Wag vir dit...

Dan mag ek net die neute en kersies van die kerskoek eet.
NOU VRA EK JOU met trane in my navy blue eyes...

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version