Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on November 05, 2021, 04:35:02 AM

Title: Sterkte vir ons forum-ouers
Post by: Meraai vannie Baai on November 05, 2021, 04:35:02 AM
Glo dat ek namens ons almal hier skryf: Liefste PM en Hannes, ons vertrou dat hierdie deel van julle pad spoedig net 'n memorie gaan wees. Dat die herstel spoedig en volkome sal wees. Dat die 'versteekstertjie' met ekstra kraggies geseen sal word om die versorging tuis te kan waarneem en baie ondersteuning sal vind waar nodig.  In die gees vou ons julle toe met omgee en liefde.
 :love7:
Title: Re: Sterkte vir ons forum-ouers
Post by: PM on November 05, 2021, 04:49:53 AM
Hartlik dankie lief matertjies.  Ek is vol vertroue dat alles goed sal afloop.  Sodra ek nuus het deel ek dit met julle. 


Ek het so 'n hol kol op my maag.  Hannes het gister 'n swelsel op sy linkervoet (die linkerheup word gedoen) ontwikkel.  Dit lyk soos gout.  Dit is nie stukkend nie, maar rooi van inflamasie.  Ek hoop nie hulle stuur hom terug nie, want jy mag mos geen seer plekke aan die been hĂȘ waar die heupvervanging moet plaasvind nie.


Ek het die spreekkamer gister geskakel en is aangesĂȘ om hom baie water te voer.  Ek het ys opgesit en voltaren aangesmeer. 
Hy het mos die maagvirus gehad en ek het hom baie energade gevoer teen ontwatering, nou wonder ek of ek die oorsaak is?