Author Topic: Na baie jare.  (Read 4025 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Na baie jare.
« on: August 29, 2012, 07:25:41 AM »
Ek droom.  En ek pak in en ek gee weg.  Ek maak minder.  Dis tyd. Alles nog net in my gedagtes.  En in my gedagtes begin ek  ook koebaai sê.  Koebaai aan die kransduiwe, die tortels, die lagduifies.  Ja, al die voëls wat daagliks hier by Krugerstraat se hoekerf kom inloer het, hul dors kom les het en dalk ook iets lekkers gekry het om te  eet.
 
Ek sê koebaai vir my koue huis, my vier mure teen die suidewind.  Geërf van my liewe Pa. Houtvloere wat praat, stories vertel van baie kuiers, selfs skinder as tienerkinders laatnag sou  insluip. Toe kon ek met ‘n geruste hart aan die slaap raak, wetende almal is nou veilig tuis.

Sewe, amper agt  jaar lank het ek alleen hier geswoeg en gesweet en my vier kinders grootgemaak.  Die herinneringe wat hulle van hul Ma-se-huis het,  is vir altyd mooi.  Ek glo so.  Ek het my bes gedoen. Die Here het my elke dag krag gegee.  As ek moedeloos en bekommerd was, het Hy iemand gestuur om my te bemoedig. As ek alleen gevoel het, het ek Sy stem in die ritsel van die akkerboom se blare gehoor of  Sy sorg gesien in my tuin. Pienk bloeisels aan die perskeboom na ‘n koue winter, appelkose wat in geelryp trosse hang, net reg vir pluk en konfyt kook.
 
Hierdie huis was my vesting. Hier het ek weer vrede kom kry,  dit vasgehou en gekoester. Ek was dankbaar.  Die tuin het my besig gehou. Ek ken elke klip. Die paadjies wat ons met plaveistene gepak het, die fontein wat my verjaarsdagpresent was een jaar toe ek nog skoolgehou het, die struike, die plante wat elke winter doodryp. Kom die lente, dan ontwaak alles weer van vooraf.  Nes my eie lewe.

 Ek ken die wonder van verskillende seisoene hier in Bronkhorstspruit.  Koue, koue winters en houtstompe in die antrasietstofie.  Lentes wat oopbars en bloei en bot. Herfsblare wat die hele erf vol lê.  Ou Jacob wat elke jaar aangesê word om die blare tog maar doodstil te laat lê, want dis “my blommetjies se kombers.”  Warm somers en bekers vol heerlike boorgatwater. Nêrens proe water mos soos by jou eie plek nie.

Toe Chris my man word, maak ons alles wat stukkend is, heel. My hart ook. En syne. Ons laat lê plaveisel buite.  Ons haal die matte binne uit en skuur die houtvloere blink.  Die ou vensters word vervang met houtraamvensters. Ons verf en maak mooi.  Ons woon storieboek-gelukkig in ons ou huis. Vir vyftien jaar nou al.

Maar nou droom ons. Want ons mag. Ons droom van Bosveldsomers, van kanniedood en maroela, van hardekool en bougainvillas wat persblou blom. Ons droom van ‘n splinternuwe plek , ‘n plek waar ons nuwe voetspore gaan trap. Daar waar houtkappers  en mikstertbyvangers en troupante die bome bewoon. Waar louwarm dae soos heuning vloei. Waar vars lug verniet is. En ons weet en glo ons drome gaan waar word.

(Augustus 2012)
 
« Last Edit: August 30, 2012, 05:13:41 PM by Elizabeth »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Na baie jare.
« Reply #1 on: August 29, 2012, 07:43:20 AM »
Pragtig geskryf. Ek lief die blommetjies se kombers. Mag julle nuwe drome en die nuwe fase vol vreugde en vrede wees.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Na baie jare.
« Reply #2 on: August 29, 2012, 04:34:27 PM »
Baie dankie vir die plaas Sussa, ek waardeer.  Dit is met soveel emosie geskryf en ek glo dit sal nie maklik wees om "afskyt"  te neem nie. Tog weet ek julle sal gou nuwe nessie bou en allerhande ander gevlerkte vriende onthaal. 
Is daar plek vir ons?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Re: Na baie jare.
« Reply #3 on: August 29, 2012, 07:17:11 PM »
Ek glo so... maar hier moet nog heelwat watertjies in die groot oseaan loop voor ons droom kan waar word!
Dankie vir jul gawe woorde Fransi en Petra!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Na baie jare.
« Reply #4 on: August 30, 2012, 10:35:55 AM »
Gaan julle eers die huis verkoop?  Waar het julle gekyk.  Die foto wat jy geplaas het op jou webtuiste is pragtig, rustig. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Na baie jare.
« Reply #5 on: August 30, 2012, 10:41:45 AM »
Hoe om 'n foto te plaas.

Onder die venstertjie aan die linkerkant staan "Additional Options".  As jy daarop kliek is daar 'n blokkie
"Attach" en regs "browse". 
Kliek op browse.  Tweekeerkliek op die foto wat jy wil plaas en "Post".
« Last Edit: August 30, 2012, 10:43:58 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Na baie jare.
« Reply #6 on: August 30, 2012, 12:07:46 PM »
Lief die foto en ek lief jou afskeidsbriefie Sussa. Dit is soooo beeldend. Sterkte en geniet die drome en bewaarword  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Na baie jare.
« Reply #7 on: August 30, 2012, 12:09:50 PM »
Ek het sommer 'n foto'tjie geplak om vir Sussa te wys hoe dit werk.  Nou wag ek vir haar foto'tjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Na baie jare.
« Reply #8 on: August 30, 2012, 12:10:53 PM »
Ekke wag saam hoor. Intussen geniet ekke jou sneppie!

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Re: Na baie jare.
« Reply #9 on: August 30, 2012, 05:20:50 PM »
Onder my storie is nou 'n foto....
Kom ons kyk of ek nog een kan vasplak...dis by Die Oog, Naboomspruit.
En ja, huis moet eers verkoop word, sien....  ;-)
« Last Edit: August 30, 2012, 05:25:01 PM by Elizabeth »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Na baie jare.
« Reply #10 on: August 30, 2012, 11:39:44 PM »
Liefffffflik!!!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Na baie jare.
« Reply #11 on: August 31, 2012, 05:46:59 AM »
Pragtig, 'n mens kan die "vrede" ruik en proe.  Dankie vir die deel matertjie. 
Sterkte met die verkoop, hoop julle droom word gou waar. 
'n Mens het nogal baie tyd nodig om te sif tussen wat moet uit en wat moet saam.  Dit opsigself, neem 'n mens op 'n "toer" deur die verlede.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Na baie jare.
« Reply #12 on: May 09, 2013, 11:16:05 AM »
Sjiiiieeee, Elizabeth, ek deel jou gevoelens. Ek is ook een wat hunker na die stilte, die grasse wat liggies wieg in die aand luggie, die hardekool wat knetter in die vuur en die vrede wat bestaan tussen geliefdes! Waar ons nou is is dit 'n 'Ratrace' Toemaar een van die mooi dae sal iewers ook 'n gaatjie vir my en my ou wederhelf oopval en myse vuurtjie sal ook dan knetter en kraak van die lekkerte! Dan sal die vrede en liefde om my en magoed soos 'n dik warm kombers val en sal ons ook daardie gratis heuning lig en lug kan indrink en sommer so teen mekaar aan die slaap raak!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Na baie jare.
« Reply #13 on: May 09, 2013, 03:37:29 PM »
ek sien in my siel die alles wat jy beskryf en dis pragtig en dit maak my ook vreeslik be-angs want sien - ek is nie 'n siel wat oor 'n vlakte kan tuur as die son sy kop saggies neerle en die nag haar donskombers oopvou. ek wil so bitter graag saans sit en tuur na die sonsondergang wat in die see neerplons en die maan wat haar silwer kleed oor brandertjies sprei en krappies wat skarrel oor seesand nat.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Na baie jare.
« Reply #14 on: May 10, 2013, 09:04:34 AM »
Vir my hou altwee ewe veel bekoring in.  Ek kan nie die een van die ander onderskei nie.  As ek te lank by die see was verlang ek intens na die vlakte en andersom.  'n Vuurtjie kan enige plek brand, sodra dit net brand waar ek daarom kan sit. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Na baie jare.
« Reply #15 on: May 10, 2013, 09:27:07 AM »
Oo die bittersoet
van esdoring aroma
wat subtiel
teen die sintuie warrel

die knetter-klap
van hardekool stomp
wat klein kooltjies
in sonsondergang oranje
die nag instuur

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Na baie jare.
« Reply #16 on: May 11, 2013, 09:07:43 AM »
Pratig Natalie, ek lief dit.  Ek wag nog vir jou werk wat in die boek moet kom. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Na baie jare.
« Reply #17 on: May 15, 2013, 11:09:51 AM »
Sjiiieee, waar praat die nigge nie nou die waarheid nie! 'n Vuur kan jy mos enige plek maak, maar ek seg as ek daai vuur brand het, wil ek in sy gloor sit, ek wil hom hoor knetter en kraak, want dan praat hy met my. Dit laat my so dink aan die gedig wat ek in Amerika geskryf het toe ek so alleen was! 'n Vuur het magiese en helende kragte. Myne sou ek graag in die Bosveld wil maak, die vure by die see sis te veel van die nat hout! Nee net hardekool sal werk!

Ek sal terugkeer na daar waar ek weer vryelik asem kan haal!
Om te beleef die geboorte van ‘n nuwe Afrika dag!
'n Dagbreek so rooi, soos kole wat gloei,
en die donker verteer soos die daeraad aangroei!
En as God dan sy lig oor my donker siel laat spoel,
Ja, dan sal ek eers besef... ek het uiteindelik tuis gekom!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Na baie jare.
« Reply #18 on: September 21, 2018, 01:19:02 PM »
Ek onthou dat ons mekaar leer ken het nadat ek jou eerste gedigte uit Amerika gelees het neefgoed Joe.  Dit het Outop en my hart gesteel. Die verlange na dit wat bekend is. Huis en haard. Jou boek is nog steeds een van ons skatte. Mis jou unieke skryfstyl. Genadiglik kan ons nog tussen die lyne kuier wanneer ons mekaar raaklees op die gevreetboekie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Na baie jare.
« Reply #19 on: September 22, 2018, 12:33:30 PM »
Hoe gepas is die onderwerp se titel nie nou nie.  Na baie jare . . .
Ons het 'n ryk geskiedenis.  Ons forum.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.