Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

Maak jou eie kaggelpoefters met draad en tang

(1/5) > >>

Meraai vannie Baai:
As jy draad en 'n tang, paar rolle verband, masking tape (skies vir die Ingels) 'n piepkleine vasie en een van jou oumagroot se doilies het, is jou kop deur. Dan moet jy net 'fabric hardener' soos Paverpol aanskaf sodat jou skeppings gedoop/geverf kan word met dit en walla - jy maak jou eie kaggelpoefters. Laat jou eindproduk goed droog word in die son en daarna kan jou skeppings ook in die tuin uitgestal word. Die produk word so hard soos sement.

Kom ons begin.

Die heel eerste stap nadat jy alles bymekaargesit het, is om 'n figuurtjie (wire armature) te vorm. My draad wat ek in die huis gehad het, was baie styf en my vingers het goed deurgeloop maar dit is oor en oor die moeite werd hoor. Ek het vir myself 'n vinnige skets van die basiese anatomie van 'n figuur gemaak en dit gebruik as wegspringblok.

Daar is pragtige idees op youtube. Span net prof Google in vir 'wire armatures'. As jou draadfiguur klaar gemaak is, begin jy dit toemaak en 'n basiese lyf vorm met foelie (soos op foto)



Hier is Eva se lyf basies gevorm en Adam is nog pure alien  :icon_biggrin: :icon_biggrin:



Volgende stap is om die foelie weer toe te maak met die masking tape en ek het daarna dit met verband ook toegedraai wat met die paverpol geverf was (dit help om die figuurtjies te verstewig sodat jy kan speel en besluit watter posisie jou skeppings gaan inneem). Laat goed droog word tussen die lae wat jy gebruik om figuur te verstewig.



Nou moet jy besluit oor die tipe klere. Vir eers het ek gespeel met die idee om Eva aan te trek met die verband...



Toe onthou ek van oumagroot se doilies vir Eva se rok  ... en Adam word met die verband geklee. Serp en al  :icon_biggrin: Hulle gaan weerskante van ons bed in die wieletjieshuis op die bedkassies sit.



En so het die kooigoed gelyk wat Outop gekies het.



*volgende projek sal volg in kommentaar hier onder. Dankie vir die inloer. Ek deel met liefde op versoek van ons forummoedertjie  :love7:



 

PM:
Baie dankie Raaitjie.  Dit is voorwaar voortreflik.   :hello2:
Daardie "oumadoilies" kom baie handig te pas. 
Outop se keuse vir die "kooisels" is uit die boonste rakke.  Te deftig!  :tshirt:

Meraai vannie Baai:
Groot voorreg om te deel matertjie. Volgende projek van die draadfiguurtjie was 'n vaas ingespan om die figuur te anker.



My hoed was gestroop van sy band - en dit het perfek gewerk om die poppie op te dollie. Al die stappe was weer gevolg soos vir Adam en Eva.  :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Volgende wou ek graag my hand waag aan 'n ballerina.  In die kas was nog 'n paar doilies wat my naam opgehad het  :bootyshake:



En so is die hele draadfiguurproses weer begin...



Die lyfie begin vorm aan neem en ek raak opgewonde.  :hello2:



Paar ure later...



Dit het gewerk!


adele:
wow!!!! dis nou iets ouliks.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version