Author Topic: Verafsku!  (Read 1896 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Verafsku!
« on: August 17, 2011, 12:57:54 PM »
Verafsku!

Dis haat wat deur my are vloei!
As ek jou naam lees, voel hoe dit groei!
Wat gaan ek maak ~
Dat jou naam, my so kan aanraak!

Jy het weggevat wat kosbaar is.
Ek sal nooit jou gesig kan uitwis!
Vir jou het ek geen tyd oor,
vandat jy in ons lewe is, het ek haar verloor!

Jy het nooit eers probeer,
om ons beter te leer!
Nee…vir jou is ons net agterlik!
Wens jy wil in jou eie stink gat verstik!

Nooit gedink ek kan so haat voel nie.
Dis nie in my aard om dit so te voel nie.
Vat dit weg van my aangesig!
Tussen ons is daar nou ‘n groot gewig!



©  :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verafsku!
« Reply #1 on: August 17, 2011, 04:36:27 PM »
Wow, die leestekens val so mooi in plek en die emosie spoel deur hierdie kreet! 
Hierdie sin  Nooit gedink ek kan so haat voel nie.  sou ek "voel" met "asem" vervang het, dit maak seker nie sin nie, maar ek voel hoe dit in my nek "asem".
Goed gedoen Trappies!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Verafsku!
« Reply #2 on: August 18, 2011, 02:00:30 PM »
"Suutjies

great geskryf - het skoon hoendervleis.

Ek persoonlik sou die komma in die eerste strofe reël 4 weglaat maar 'n dubbel akuut op die "jou" plaas. en ek sal "nooit gedink ek kan haat so voel nie" omswaai en sê "nooit gedink my haat is so tasbaar". maar dis maar my eie opinie.