Author Topic: Verbeelding wat gerus bring!  (Read 1128 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Verbeelding wat gerus bring!
« on: March 19, 2013, 08:33:58 AM »
Papiere stapel op,
griffels met geen stop.
Gemoed vol roet,
dis wat ‘n skrywer inboet!

‘n Pot vol vlooie,
vergete en hede se gebooie;
verstrooid staar letters terug.
So los die digter ‘n sug.

Van beter weet,
na eerder vergeet,
dis alles in jou verbeelding.
Die nare ding wat jou stilte bring!


©  :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verbeelding wat gerus bring!
« Reply #1 on: March 19, 2013, 09:32:28 AM »
Mooi Trappies, ek is bly om jou weer hier te hê en al skryf 'n mens net omdat jy nie kan skryf nie is dit beter as niks.  Ek stuur vir jou muse wat skriks vir niks.   :love7:

Dit was heerlik om vir jou en Ouma Trappies in die Kaap te sien.  Jammer dit was so kort. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Verbeelding wat gerus bring!
« Reply #2 on: March 20, 2013, 02:37:03 AM »
Wonderlik om weer van jou griffels te kan geniet Trappies! Lief die 'gemoed vol roet'  :notworthy: :icon_salut:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Verbeelding wat gerus bring!
« Reply #3 on: March 20, 2013, 05:02:10 PM »
Dankie PM en Ta-Meraai.

 :angel12: