Author Topic: In watter dag lewe jy?  (Read 1573 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
In watter dag lewe jy?
« on: June 29, 2012, 01:47:57 PM »
Te danke aan Willa se "Time table" onthou ek van die een wat ek geskryf het op die 15de Jul 2008. Ek wou dit nie op Willa se blad plaas nie, gevoel dit sou nie heeltemaal reg wees nie.  :icon_biggrin:


In watter dag lewe jy?

Almal skryf graag oor die gister wat verby is
Maar wat van vandag wat ons verby vlieg
sonder dat ons dit sien
en wat van môre wat ons dalk nooit sal sien.

Wat maak vandag ander as gister of môre
Vandag is vandag
Gister is verby
Gister is vergete
As gister nie aangeteken word nie
Was gister nooit gister nie

Môre is nog ver
Môre moet nog opdaag
Môre kom dalk glad nie

Vandag is die dag wat in gelewe moet word
Vandag is die dag wat aangeteken word
Anders is vandag nooit gister nie.

Vir môre – want môre bepaal wat vandag is
Vir vandag – want vandag is gister se môre
Vir gister – want gister gee agtergrond vir môre se gister

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: In watter dag lewe jy?
« Reply #1 on: June 29, 2012, 02:03:22 PM »
En elke keer as ek oor die tou trap is sy in die ander tyd...



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: In watter dag lewe jy?
« Reply #2 on: June 29, 2012, 02:19:05 PM »
Lekker giggel ek nou...Soek ek die like knoppie.  :icon_biggrin: Dan Naas sou ek hoop jy leef in die gister, want dan het dit nog nie gebeur nie ha ha ha ha.....

 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: In watter dag lewe jy?
« Reply #3 on: June 29, 2012, 08:40:37 PM »
Dankie matertjie vir die deel van jou mooi gediggie.  Ek dink ons kan bietjie skaaf en skuur vir boek 2.  Jy het my regtig op 'n rondomtalie van gister tot more!
Dit is die eerste gedig wat ek lees waar woorde soos "gister" oor en oor herhaal word, maar dit is so funksioneel en werk 'n hond uit 'n bos uit.  Tien uit tien vir jou matertjie!
Hierdie is 'n besliste "JA" vir boek twee!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: In watter dag lewe jy?
« Reply #4 on: June 29, 2012, 08:49:46 PM »
Dankie PM. Vanaand werk ek van my foon af en ek moet se dit werk nogal oulik.
 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: In watter dag lewe jy?
« Reply #5 on: June 29, 2012, 09:18:34 PM »
Vir my is dit net 'n groot voorreg om met iemand te kommunikeer.  Ek waardeer dit uit my hart uit. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: In watter dag lewe jy?
« Reply #6 on: July 03, 2012, 02:47:21 PM »
Dit is 'n oulike gedig, maar ek dink ook met bietjie skaaf kan dit 'n uitmuttende gedig wees - hier en daar is die sinne vir my lank en lomp

maar ek is mal oor die boodskap en beelde van jou gedig - dis regtig pragtig ...

Naas as ek jou sien, en 'n tou gaan ek hol ...  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w