Author Topic: Paniekbevange.  (Read 5777 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Paniekbevange.
« Reply #15 on: March 27, 2012, 07:30:04 AM »
Besonders geskryf.
Ek stem met Naas se lewens en bluf saam, verder het ek dalk net een voorstel: In jou laaste reël sou ek as dit my gedig was die nou beklemtoon het of  slegs 'n komma na die nou insit- vir hardop lees se onthalwe. Dit is pragtig geskryf.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Paniekbevange.
« Reply #16 on: March 27, 2012, 08:28:41 AM »
Baie dankie.

Dis hoe ons leer.

 :angel12:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Paniekbevange.
« Reply #17 on: March 27, 2012, 10:22:13 AM »
Nie net Trappies wat hier kom saam leer het nie - ekke ook .. ek wil ook se dankie vir almal se input en deel name en Trappies dankie vir die prag gedig!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Paniekbevange.
« Reply #18 on: March 27, 2012, 10:31:29 AM »
Dankie Fransie ek het die "," na nou gesit en ek dink dit gee wat ek probeer het. Nadruk die NOU. Sonder om uit te skreeu.  :hello:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Paniekbevange.
« Reply #19 on: March 27, 2012, 11:58:54 AM »
Ja, dit werk pragtig so!   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Paniekbevange.
« Reply #20 on: March 28, 2012, 02:32:23 AM »
Dit is en bly vir my die mooiste wanneer iemand (op versoek) kom help timmer aan ons woordskeppings en jy voor jou oge sien hoe die meesterstuk vorm aanneem  :hello2:

Trappies ek lief jou gedig, en die aanpassings wat jy toegepas het - werk! Jy kan dalk oorweeg om die punt weg te neem in hierdie reel?

Nou weet ek.~ Dis vir nou, eers verby.  // Nou weet ek ~ dis vir nou, eers verby.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Paniekbevange.
« Reply #21 on: March 28, 2012, 12:19:34 PM »
Mmm Ja Ta-Meraai, dit werk. Gaan so maak. Dankie.

Ek waardeer al die hulp wat ek ontvang. Dit beteken vir my ongelooflik baie.

 :angel12:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Paniekbevange.
« Reply #22 on: March 28, 2012, 01:15:29 PM »
Te mooi - ek het eers later besef jy het die veranderinge op die oorsprong aangebring ...

dis 'n moet, saam met Naas se Wynvlieg vir Boek no 2

Paniekbevange.

Sirenes gryp my ore vas.
Gister se gesigte nog so vars.
Angs breek liggaamlik af.

Gillende klippe breek deur my lewe,
alles waarna ek strewe,
skeur stukke deur die bluf.

Skaduwees skaars sigbaar
in die donker gees verwar.
Skemer brand die dag verby.

Klimaat verander seisoene,
vriende in skerpioene!
Vrese vergader voor ‘n toedeur.

Stadig bereik die wete
dat giftige tonge van besetenes
later ook hul lewens verwoes.

Met ‘n angs nog steeds in my
wou ek al die peste vermy.
Nou weet ek~ dis vir nou, eers verby.

© Trapsoetjie 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w