Author Topic: Onbewuste misverstand.  (Read 3518 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Onbewuste misverstand.
« on: March 15, 2012, 11:19:59 AM »
Onbewuste misverstand.

Opgedra aan my skoon vuil-suster’s kind Lizelle  :evil6:

Skynheilig dis ek.
So het jy my gevlek.
Kinderagtig is bygevoeg.
Woorde wat jy maklik kan uitspoeg.
Met net my st 7
het ek al baie gedoen in my lewe.
Twee boeke met my skryfwerk in
Staan ek voor jou ~ sterk.

Vir ‘n bogsnuiter het jy ‘n groot bek,
wat maklik ander mense kan vlek.
Jy met jou graad,
sit dadelik woord by daad.
Jy vra nie eers raad,
oor die seermaaksaad.

So het ek jou nou gevlek
en sal ek nooit jou lek
om vir my in die hof te veg,
want jy moet nog baie leer, van wat is reg
en al jou feite kry, oor my
voor jy leuns versprei en dink dis okay!

©  :angel12:

 :evil6: PS julle moet asseblief geduldig wees, want blykbaar het ek net ST7 dus moet ek terug gaan skool toe... :evil6: Wonder wat het geword van die ander jare opskool? Moet ek dit nou aftrek van my ouderdom?  :evil6: Dit kan nogal werk, ek is nog jonk.... :hello2:
Ek moes dit op dra aan haar aangesien ek skynheilig is en geen misverstande wou hê nie....Lekker lag ek nou vir myself.   :toothy4:


« Last Edit: March 15, 2012, 02:12:03 PM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onbewuste misverstand.
« Reply #1 on: March 15, 2012, 02:10:59 PM »
Mooi geskryf Trappies.  Goed gesê!
Lag ek te lekker saam met jou!  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Onbewuste misverstand.
« Reply #2 on: March 16, 2012, 09:32:39 AM »
Lekker giggel ek nou. Daai kind is seker nou net in grd12 of klaar daarmee want dan weet hulle mos alles



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Onbewuste misverstand.
« Reply #3 on: March 16, 2012, 11:03:29 AM »
Dankie PM  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:

Amper reg Naas, sy is 'n advokaat of prokureur of 'n ding? Hulle weet mos ook alles.  :evil6:

 :angel12:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Onbewuste misverstand.
« Reply #4 on: March 16, 2012, 08:42:05 PM »
Hheheheheh... skoon vuil-suster’s kind ek wed jou jy het beter gevoel na jou gedig Trappies!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onbewuste misverstand.
« Reply #5 on: March 17, 2012, 07:37:26 AM »
Praat van wie is kinderagtig nê!  Wonder soms maar net of dit nodig is, wat het geword van "plaas 'n wag voor jou mond".
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Onbewuste misverstand.
« Reply #6 on: March 18, 2012, 03:36:25 PM »
Die Byble verwys na die tong as a tweesnyende swaard - dink dit tel ook vir die vingers wat die woorde neer pen ... ja PM die wagte slaap mos nou orals - so die wat ons voor ons monde plaas is maar ook heeltyd aan die slaap ...

Trappies soms borrel seer uit - ek hoop jy het die gedig nei net aan haar opgedra nie maar ook aangestuur sodat sy dit kan lees ... dit beteken nie dat sy dit met haar graad gaan kan vang nie ... mens kan net hoop
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onbewuste misverstand.
« Reply #7 on: March 19, 2012, 09:30:44 AM »
Ek moes die laaste paar weke hard en aanhoudend op my tande kners om my mond toe te hou.
Leuens het tog maar die manier om "op te pop" en dan sal die verteller daarvan tog net met 'n rooigesig bly staan.  Of is dit nou val?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Onbewuste misverstand.
« Reply #8 on: March 19, 2012, 12:59:49 PM »
Hie hie, nee wat ek steur my lankal nie aan kinderbollie nie. As dit hulle gelukkig maak om snert te verkoop, hoop ek die hoogste bidder betaal nie te veel nie.  :evil6:
Ek het hulle nou ook soos die res van die familie die toedeur gewys. Stel regtig nie belang is sulke familie twists nie. Dan is dit nog aangelaptes ook, nee wat kry vir julle.
Ek vir een het baie meer te doen in my lewe as om oor hulle te skinder of te dink. Dat hulle aan ons dink/skinder is ook nie my probleem nie. Dis gewoonlik 'n skuldige gewete wat jou so laat uitval/aanval/afval.  :evil6:

Ek moet dank toe dien waar dit dienbaar is,  :toothy4: (sien dis die st7 wat nou hier uit die bus val  :evil6:) te dankie aan die aanval op my, met geen voorbrand nie, het weer my pen skerp gemaak so, dankie.

 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onbewuste misverstand.
« Reply #9 on: March 19, 2012, 01:33:34 PM »
Mooi vir jou Trappies.  Ek skaar my ook maar by die ouens wat my ken en vir die skinderbek lag.  Hulle maak tog net 'n 0 van hulself.  (Willa, hierdie "0" is 'n gat!)  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Onbewuste misverstand.
« Reply #10 on: March 19, 2012, 03:08:53 PM »
Ek stem saam
My ma se slim broer, hy kort nog net twee grade dan's hy 'n gradeboog, se, wat ander agter hom praat praat hulle teen sy gat vas en die stink in elk geval al klaar.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onbewuste misverstand.
« Reply #11 on: March 19, 2012, 10:45:43 PM »
Ongelukkig is dit nie vir my so maklik nie.  Natuurlik ruik ek die stink of die stank.  (en ek praat nie van DAARDIE stank nie!)  Wat het geword van eerlik en reguit?
Ek het nog altyd gesê: Ek vra jou nie om my te vertrou nie, ek vra slegs 'n geleentheid om aan jou te bewys dat ek betroubaar is. 
Ongelukkig het dit so gebeur, dat ek, die eenvoudige pampoenkoekie, almal en alles om my vertrou omdat ek nie iemand is wat 'n ander sal befrikkie nie!  Ek weet nie of dit is omdat ek selfversorgend is nie!  Is dit?  Nee ek glo nie!  Ek sal liewers onder 'n boom bly en aartappels eet, soos toe ek 'n kind was, as om enigiemand te na te kom! Ek weet ook dat die groot meerderheid van my familie hier op die form, dieselfde is. 
Ek is klaar met gunste en gawes.  Liefie, as ek kan werk vir wat ek wil hê, kan jy ook.  Moenie my vra om "te bid" vir wat jy nodig het nie.  Ek het net nie die tyd nie! Miskien kan jy jou armpies uitsteek en werk vir wat jy nodig het, soos wat ek werk vir wat ek nodig het!
Ek dink daar iewers in die Bybel staan geskryf:  God only helps those who helps themselfes! Nou toe, laat jy uitspring!
Askuus as ek enige persoon te na kom in sy geloof.  Dit is nie my bedoeling nie. Ek is net gatvol vir bedelaars wat te lui is om te werk en van almal om hulle te verwag om te gee en te gee totdat jy self hongerly.  As ek 'n gelowige was, sou ek nie vir 'n oomblik geglo het, dat dit my God se bedoeling vir my is nie!  Never!
Om te weet is om te verstaan.