Bak en brou > Item vir die week

KOOKFOUTE

<< < (2/4) > >>

PM:
Het jy al die verkeerde speseryhouertjie raakgevat en gemmer en suiker oor jou pannekoek gegooi?  Gelukkig het ek die fout gou agtergekom anders sou ons seker maar toebroodjies moes eet.   :icon_biggrin:

Jeannedarc:
PM

That sounds like a winner to me - that is if you enjoy ginger

PM:
Nou praat jy.  My vriendin in Auckland glo absoluut aan gemmer en die tien dae wat ons daar gekuier het moes ek elke oggend my half telepel gemmer in 'n halwe glasie water drink.  Binne 'n week het die pyne in my "joints" bedaar en ek kon deurnag slaap sonder heup-pyne en ek kon met my kniee saamleef en wat nog. 
Bewegingsiekte het 'n houvas op my en ek het 'n groot oorwinning behaal deur die gemmerkoekies en versuikerde gemmerstukke wat ek gekou het.  Ek lief lief gemmer!

I miss you and will be home soon! 

PM:
Oeps!  Daar gooi ek al die speserye in die soppot in plaas van die kerriepot!  Wat 'n wenner!  Die eentonige sop is verander in 'n "fancy dress".  Die beste "fout" wat ek ooit gemaak het.  Nou kook ek altyd my sop met speserye vir Afrika. 

Meraai vannie Baai:
In ons soppot gaan ook baie kruietjies in. My blapse agter die stoof is so baie en skaam om te noem maar ek deel graag die ene van Outop se stiefmamma. Sy het net vier persent sig maar bak en brou nog meesterlik. Haar kruie en goedjies staan altyd op die plek reg, net vir vat. Natuurlik help ek ywerig opruim en klets so dat ek nooit sien ek sit die skoonmaakmiddel (Wim) langs haar houer met bakpoeier neer nie. Ouma gooi mildelik en skielik hoor ek: Ou Raai, verbeel ek my of kook ons groenboontjiebredie nou vanself?"  :icon_bigsmurf: Wim en kos gaan nie saam nie!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version