Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 29, 2012, 11:58:46 PM
-
Die eeu: 2012
5 'n gebreekte traan,
5 afge-ets in smart -
4 ongemasker;
2 ontbloot!
5 'n weggooi liefde,
5 opgebruik, siedaar
4 toegeklapte;
2 seerhart!
5 'n verdwaalde kind,
5 verwaai deur die wind ...
4 koue-ouer
2 verraad!
5 'n oog knip styf toe
5 verskrikte hart snik
4 verlep lewe
2 misdaad!
© Ah,Willa!
Redigering Naas
-
:hello2: Pragtig. Dit kan boek toe Raaitjie. Ek sal ook nog kom probeer.
Geluk met jou eie struktuur Willa! :notworthy:
-
Sal hom beslis gaan plaas matertjie :notworthy: :book1: :icon_salut:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1793.0
-
Onthou net om te se dat Ah,Willa! hier in die forum tussen die meesters kom leer en groei :love7:
-
Woorde tel
Geloof/hoop/liefde;
hierdie drie woorde
vir ewig 'n
anker.
Haat/twis/jaloesie;
hierdie drie woorde
nog altyd 'n
skerp swaard.
Vergewe/vergeet;
draai die ander wang,
die ses woorde
kan heel.
Help tog Liewe Heer
dat ons woorde tel
voordat ons dit
uitspreek.
© Meraai vannie baai
Willa hierdie is 'n pragtige struktuur met so baie potensiaal!!
-
Ek stem Raaitjie. Dankie ook vir jou voorbeeld matertjie. Puik!
-
:toothy4:
lief jou gedig op my patroontjie :toothy4:
-
Ek het die uitdaging baie geniet Willa en is regtig opgewonde oor hierdie lettergrepige struktuur van jou. Dit maak soveel deure oop as mens die lettergreeptellings aanpas, dan strek daar letterlik 'n oneindige digveld voor jou. Ek het die trippel sewe lankal net so geniet.
Dankie vir die mooi woorde julle twee :notworthy:
-
Tel jou woorde - ek spook
om dit baas te raak.
Voor ek weet, vaar
ek uit...
Willa se 5542 struktuur as ons woorde sou tel.