Die Afrikaanse Forum

Ons Publiseer Saam => Boek 2 - bespreking deur almal => Topic started by: Angelica on February 27, 2014, 07:33:03 PM

Title: Twee van my boeke...
Post by: Angelica on February 27, 2014, 07:33:03 PM
Boek no 1 en Boek no 2 pryk nou in die spreekkamer!!!!   :icon_study:
My miesies het gister oggend geskakel om te vra dat ek die boeke werk toe moet bring. 
 :hello2:  Met die grootste plesier!!
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: PM on March 19, 2014, 07:03:08 AM
Pragtig Els.  Hannes het ook vir sy tandarts twee boeke gegee en hier in Leeupoort se bib is ook een van elk beskikbaar om uit te neem. 
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: Angelica on March 21, 2014, 04:15:15 PM
Dis 'n wonderlike idee om 'n boek in die bib te los!!    :headbang:
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: Gawelina on March 24, 2014, 12:19:52 AM
Die boeke maak omtrent opslae!  Ek het die boek vir dr de Villiers gegee.  Hy het my opdrag gegee om julle toestemming te vra om die boeke te gebruik in die program Afrikaans is groot. Die program word elke middag om 15:00 op sy radiostasdie Radio Panorama uitgesaai. Luister daarna op die "live stream" by http://www.1076fm.co.za

Oorweeg dit asb en laat my weet wat ek hom moet antwoord.  
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: Fransi on March 24, 2014, 08:06:26 AM
My toestemming is gegee. :-)
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: PM on March 24, 2014, 12:29:59 PM
Ek het ook nie 'n probleem nie. 
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: Gawelina on March 24, 2014, 12:35:06 PM
Baie dankie, ek sal die boodskap so deurgee.
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: Angelica on March 29, 2014, 10:52:37 AM
No prob.
Om die waarheid te se, ons voel ge-eerd.   :read: :read: :read: :read: 
Laat dit ons aanspoor om weer te begin dink en neerpen en papiertjies hou langs die bed, in die toilet, langs die rekenaar, in die yskas, onder in die skoenekas, in die motor se glovebox....
Kom ons doen.
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: Angelica on February 07, 2015, 02:32:57 PM
PM,  ek besef met 'n skok ek het my laaste boek, No 2, verkoop en BESIT SELF NIE EEN NIE :crybaby2:
Hoe gaan ek nou een bekom?  Het jy dalk een vir my?  Please, please.
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: PM on February 11, 2015, 11:59:07 AM
Ek het nog 'n paar Nonnatjie.  Stuur jou afleweringsadres.  Is dit reg as ek Postnet gebruik?
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: Angelica on February 11, 2015, 07:49:47 PM
Dis fantastiese nuus!!!!  
Baie dankie.  Sit asseblief 'n Invoice in met Bankbesonderhede.
Mwah mwah!!

PostNet...  Beteken dit ek moet dit by 'n Poskantoor afhaal??
Ek bedoel, moet ek vir jou 'n Poskantoor  of  Straat-adres gee?
Straat adres is soveel makliker, sommer by die werk, want om PK te besoek beteken dit sal dalk op 'n Saterdag wees.  Nie altyd beskikbaar op 'n Saterdag om dit af te haal.
Maar se maar wat pas jou die beste.
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: PM on February 12, 2015, 07:41:12 AM
As jy 'n koerier ken wat nie mal is met sy prys nie kan jy hom stuur?  Ek moet vanoggend by Breyten uitkom vir kwotasies vir 'n nuwe projek, ek sal ook by hom hoor van 'n koerier. 
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: PM on February 12, 2015, 02:37:22 PM
Breyten seg so R60.00.  Stuur jou afleweringsadres, Hannes sê hy sal dit daar gaan aflewer.  :wave:
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: Angelica on February 13, 2015, 06:50:04 PM
Right..  My adres Ma - Vry  /  08:00  -  17:00

JM de Barros Viana
54 Tanner Road
Windsor Park
Cape Gate
7562

Baie DANKIE    :hello2:

 
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: PM on February 14, 2015, 06:53:55 AM
Ek het dit so.
Kan ek die kantoor se telefoon nommer kry asseblief.
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: Angelica on February 14, 2015, 10:37:13 AM
021-988 9979
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: Angelica on February 20, 2015, 07:34:10 PM
DANKIE, DANKIE....
Ek het die pakkie ontvang.  Dit is heeeeerlik om weer 'n Boek 2 in my hande te hou. 
Pasiente is gaande oor Boek 1, so ek het nou Boek 2 ook daar.
Mwah, mwah, PM en Hannes, julle is die BESTE.
 :love7:
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: PM on February 21, 2015, 08:51:19 AM
Ek is steeds verbaas as mense so gaande is oor ons boek, maar ek myself geniet dit terdeë. 
Tans is ek besig met die saamstel van twee ander bundeltjies vir kortverhale en digkuns van twee skrywers wat hulp nodig het.
Dit is darem soveel goedkoper as 'n mens nie volkleur en A4 landscape gaan nie.
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: Angelica on February 21, 2015, 01:30:43 PM
Mamma het vanoggend Boek 2 gelees.. en dit geweldig geniet.
Ek neem een saam met ons kuiertjie in Wildernes en Plett oor twee weke en hoop ek kan 'n Sale maak aan my boeties...   :laughing7:
AS.. hoop ek jy het nog.
Interessant dat jy nou met nuwe projek(te) besig is.
Vertel...
Title: Re: Twee van my boeke...
Post by: PM on March 05, 2015, 10:39:30 AM
Dit is twee skrywers wat hulle werk wil plubiseer.  Ek help hulle om dit in boekvorm en gedruk te kry.  Een ou het staaltjies met kleursketse en een het digkuns.  Ek weet nog nie presies wat hy wil hê nie.  Ek doen so 'n bietjie redigering en proeflees.
Sodra dit gereed is sal ek dit plaas, want ek sou baie graag julle insette wil kry.