Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: AB on April 25, 2013, 09:12:21 PM

Title: babas
Post by: AB on April 25, 2013, 09:12:21 PM
Sannie (6) kom by huis van skool af na haar eerste gesinsvoorligtingklas. Haar ma vra belangstellend hoe het dit gegaan.
 
"Ek skaam my morsdood," antwoord Sannie. "Koos hier oorkant sê dat 'n ooievaar die babas bring. Annie sê dat jy 'n baba in die kinderhuis kan koop. Piet sê jy kry babas by die hospitaal."
 
"Maar Sannie dis tog nie iets om jou dood te skaam nie," sê haar ma laggend.
 
"Nee, maar ek durf nie vertel dat ons so arm is dat Pappa my self moes maak nie!"
Title: Re: babas
Post by: PM on April 26, 2013, 12:16:54 PM
Ag toggie tog, die arme kind.   :icon_biggrin: