Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => My gunsteling gedigte van die groot meesters => Topic started by: adele on June 17, 2011, 08:43:54 AM

Title: TRIPPE TRAPPE TRONE
Post by: adele on June 17, 2011, 08:43:54 AM
TRIPPE TRAPPE TRONE

Trippe – trappe – trone,
Varkies hou van bone,
Varkies hou van melk en vlees,
Maar van boontjies nog die mees -
Trippe – trappe – trone.

Trippe – trappe – trone,
Boer sit sonder bone,
Boer sit sy koerant en lees,
En die varkies vier maar fees –
In die suikerbone.

Trippe – trappe – trone,
Afrikaner-sone,
Julle wat wil boere wees
Pas op, of dis klaar met Kees –
Trippe – trappe – trone,
         A. D. Keet

 :grommit:
Title: Re: TRIPPE TRAPPE TRONE
Post by: PM on June 17, 2011, 10:54:17 AM
Dankie vir die aandra Adéle.  Dit is lekker om weer die ou ou "liedjies" te hoor.