Author Topic: plaas skade  (Read 12311 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: plaas skade
« Reply #15 on: November 17, 2012, 08:55:53 AM »
Adele as jy nog gedigte op woes plaas - stuur die een in vir KB om vir RSG te gee - ek is seker Amore sal die een graag wil voorlees - elke dondedag word 'n gedig deur 'n Woes digter voorgelees

Dis ongelooflik hartseer - maar so juis en waar.  'n Baie goeie gedig!

Hul Lewensaar Verbrand

Waar wingerdgroei
die werkers boei
om arbeid in te ploeg,
groen elke blaar vol chlorofil
om kleurevreug
aan kunstenaarsoog te bied

tot vingers vol haat
skeef aangehits
verwoesting saai,
deur satanswerk
in helsvuur aangeblaas
(om politieke vraatsug
te bevredig?)

dan bly geen groei meer oor
om stryd te voer
of na lewenslug te hyg,
want dor, verkool
-net stoppels oor-
word wingerde agtergelaat

sodat mens en dier
verstom verslae
onmagtig kyk hoe
stormwinde voorttier
oor die skaakspel
van vrugtig’ wingerdveld

en terwyl die lewensaar
na huis en haard
se as wegwaai oor die Vallei,
mars hul opstandig voort
met geen begrip
van tyd of geld
rondom ‘n nuwe wingerdplaas …
wie gaan hul nou versorg?

 :grommit: 
[/quote]
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: plaas skade
« Reply #16 on: November 17, 2012, 09:05:07 AM »
Julle weet en verstaan dat die huidige geweld en stakings word gespel :

Julias Malema

en onskuldige mense word vermoor ....

En die bangbroek het 'n army wagte wat hom oppas!!

Donderdag is ek gou by Walecedene in - dis 'n area in die Kaap waar erg armoede is en plakkers en gangsters - ek's gereeld daar - diertjies te help en daar is twee gesinne wat ons persoonlik help. 

Ek ry vrou alleen daar in - sonder wagte ... toe lag ek my amper dood - want hier kom meneer Zuma verby met 'n polisie begeleiding wat so 20 voertuie en toe volg sy amptelike swart voertuie - so wat 8 van hulle en toe nog 'n sowat 20 polisie voertuie - nie karre nie - onluste eenheid voertuie vol polisiemanne ...

hy is te vrek bang om sy eie mense te besoek .... wat se dit???
ek was sommer vies ... want hy bly se daar is nie fout in ons land nie ...

ek wil vir die koerante skryf .. maar weet nie hoe om my gedagtes te orden nie ...

hulle het armies om hulle terwyl hulle amok maak ... en mense wat dit nie verdien nie (ek gee nie om wat jou vel kleur is nie) gaan dood ....

daar is 'n paar wit boere wat ek 'n klap of twee sou wou gee - wat nie hulle mense goed behandel nie ... maar dis net 'n paar.
daar is 'n klomp plaas werkers wat ek wil ruk en se kom reg ...

maar in die algemeen - kom boere en hul werkers goed oor die weg ... ek kom van 'n plaas af!  Ons het elke oggend saam godsdiens gehad ... 10 uur en 3 uur het ons saam koffie en beskuit geniet ... maar hierdie tipe verhoudings word gerieflik nie genoem nie ... want dit maak die stakings minder nodig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: plaas skade
« Reply #17 on: November 17, 2012, 09:49:16 AM »
Ja Wils, ek wonder dikwels oor dieselfde ding.  As hulle so geliefd is, hoekom al die "sekuriteit"?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: plaas skade
« Reply #18 on: November 17, 2012, 06:55:57 PM »
Agtergeblewe kiesers skiet self in voet
deur Amos van der Westhuizen van Bloemfontein skryf:
 
2012-11-15 22:09
 
’n Agtergeblewene is die slagoffer van personeelvermindering kort nadat sy unie ’n groot “oorwinning” oor die aaklige werkgewer behaal het.

Hy betaal deur sy nek vir brood as hy al vergeet het van die koringland wat afgebrand is.

Hy migreer van die Oos-Kaap na die Wes-Kaap vir werk, maar is onsuksesvol omdat sy regering ’n boikot van Kaapse wyn propageer.

Sy sosiale toelae droog op as hy sy regering tot in bankrotskap gesteun het en groot belastingbetalers (individueel en korporatief) die land uitgedryf het.

Sy groot leier bou ’n groot huis met die geld wat hom moes ophef.

Sy kind moet nou elders skoolgaan nadat hy die plaaslike skool afgebrand het.

Hy wag op die stasie vir die trein wat gister uitgebrand is.

Sy kind sukkel met swak onderwysers, maar ten minste kan die beheerliggaam spog dat hulle die rassesamestelling van die skool se onderwyserskorps mooi regruk.

Hy het vryheid, maar kan dit nie geniet nie omdat hy aan “liberation before education” geglo het.

Hy steur hom nie aan wyse waarskuwings nie, maar luister na populistiese draers van valse beloftes en hy stem vir hulle.

Met te veel agtergeblewe kiesers stuur ons af op ’n agtergeblewe demokrasie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: plaas skade
« Reply #19 on: November 18, 2012, 10:54:02 AM »
Skrik wakker, ons stuur op niks af nie, ons is klaar daar. 
Die "groot" (uitgevrete) leiers en hul trawante bou nie net groot huise nie, hulle ry die duurste karre, hulle hou heerlike buitelandse vakansies en drink sjampanje, eet kaviaar en ganslewerpate, terwyl hul ondersteuners van pap en marog leef en met die voet loop spring.  (Spring oor die rioolgemors wat in hul strate loop.)  Hulle kinders kry bykans geen "education" nie, want daar is oor die ses duisend "onderwysers"  wat nie bestaan nie, wat maandeliks salarisse trek.
Die storie is nog lank nie klaar nie.  'n Mens se vingers word net moeg getik... getik...getik...soos 'n kraan wat drup...drup...drup...

...en so deur die getik en die gedrup sit polisiestasies sonder karre. 
« Last Edit: November 18, 2012, 10:56:08 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: plaas skade
« Reply #20 on: November 19, 2012, 01:26:04 PM »
k het hierdie op ander draad ook gepos. Lees gerus.
15 NOVEMBER 2012 – SUID-AFRIKA LY ONDER DIE PROBLEME WAT DIE ANC VEROORSAAK

 Die ANC-in-regering sit nou met baie van die probleme wat die ANC-in-struggle geskep het – en die hele land ly daaronder. In haar boek “People’s War”, beskryf Anthea Jeffery, die bekende ontleder van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge, hoe die ANC na ʼn besoek aan Vietnam in 1978 besluit het om hulle bestaande “gewapende stryd” uit te brei na ʼn sogenaamde “People’s War”. Dít was ʼn oorlog sonder grense, waarin die swart bevolking omskep is in ʼn wapen teen die vorige Regering en waar die ANC van grootskaalse geweld en intimidasie gebruik gemaak het om beheer oor die swart bevolking te kry.
 Die strategie agter die “People’s War” was om ʼn landswye onrus en later opstand onder swart mense te laat posvat, deur in ʼn klimaat van totale wetteloosheid die land onregeerbaar te maak. Hierdie oorlog was nie net teen die veiligheidsmagte gerig nie maar ook teen ander swart groepe soos Inkatha en tradisionele leiers wat met die destydse NP-regering saamgewerk het. Dit is insiggewend dat mnr. Mangosuthu Buthelezi reeds in 1986 verklaar het, dat indien die land onregeerbaar gemaak word, dit steeds onregeerbaar sal wees indien ʼn swart regering sou oorneem.
 Die “People’s War” het miljoene swartmense onder dwang betrek by stakings, boikotte en die ontwrigting van skole met die slagspreuk: “Geen onderwys voor bevryding”. Die gevolg van hierdie massamobilisasie was tweeledig: in die eerste plek het dit ʼn politieke geweldskultuur gevestig en ten tweede het dit miljoene jong swartmense onindiensneembaar gemaak omdat hulle nie die onderwys, opleiding of lewenswaardes ontwikkel het wat in ʼn moderne land nodig is nie.
 Na die oorname van die ANC in 1994 het die party die probleem vererger deur hulself nie in ʼn demokratiese politieke party om te skakel nie. In die woorde van mnr. Thabo Mbeki, sou die ANC ʼn rewolusionêre bevrydingsbeweging bly en nie in ʼn normale politieke party verander nie. Die ANC sê daarom ook in sy beleidsdokumente oor die sogenaamde “National Democratic Revolution” dat hul 1994-oorname nie die einde van hulle “struggle” is nie. Dit verteenwoordig net ʼn nuwe fase waarvolgens hulle nou die staatsmag gaan gebruik om hulle struggle met staatsbronne voort te sit.
 Daarmee saam het mnr. Jacob Zuma met sy bekende “Bring my masjiengeweer”-liedjie die geweldskultuur van die ANC verder voortgesit. Die ANC het ook tot op die trappe van die Appèlhof vir Julius Malema met sy “Kill a Boer”-liedjie ondersteun. Daarom moet die ANC nie verbaas wees oor die geweldsklimaat wat nou in groot dele van die land heers nie. Die geweldsmisdaad, diensproteste, mynbouopstande en die wydlopende landbouonrus, is alles ʼn produk van die geweldskultuur wat die ANC geskep het en waaronder die hele land nou ly.
 Die enkele voordeel van hierdie wetteloosheid, is dat dit groot opslae in die buiteland maak en dat dit die ANC-regering in die spervuur plaas. ʼn Mens kan maar net hoop dat noudat die ANC die geweld aan hulle eie bas voel, hulle uiteindelik iets aan hulle politieke erfenis sal begin doen.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: plaas skade
« Reply #21 on: November 21, 2012, 08:06:01 AM »
Met sewe swart konings in die land wat miljoene van die belastingbetaler se geld verorber gaan die onderdane net nog minder hê om van te lewe.
 
Zulu koning Goodwill Zwelithini het verlede jaar spandeer aan:
Salaris                   R1     Miljoen
Reiskostes              R6     Miljoen
Kos                        R1.5  Miljoen
Vermaak                 R1      Miljoen
Skryfbehoeftes en drukwerk   R517.000
Bestuur en onderhoud van sy plase   R1.8  Miljoen
40 beeste gekoop teen R2.8  Miljoen
Konsultante en kontrakteurs   R3.5  Miljoen
Munisipale dienste   R859.000
Verbetering en onderhoud van sy ses paleise   R14.3 Miljoen
Petrol olie en gas  R1 Miljoen
Administratiewe ondersteuningsdienste  R43.2  Miljoen
Hierdie jaar kry hy R4.5 Miljoen rand meer. 
'n Begroting van R59.5 Miljoen vir 2012.

Die ander ses konings "verdien" bykans 'n miljoen rand per maand, R10.000 per maand vir brandstof, R2.000 per maand vir selfoontoelaag, ampsmotor R778.000.
Hulle kerm omdat dit baie onregverdig is en die regering is in die proses om vir hulle ook 'n begroting toe te staan, dieselfde as  Goodwill Z.

Nou sal ek graag wil weet wat kry Mnr. Zuma en al die ander vet katte. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: plaas skade
« Reply #22 on: November 21, 2012, 03:18:21 PM »
Ek wil iets sê, maar ek sit met 'n oop mond.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: plaas skade
« Reply #23 on: November 21, 2012, 04:28:19 PM »
Dit is ook net die tippie van die ysberg Fransi. Is genoeg om enige ou se mond te laat oophang.  Ek wonder wat die ondersteuners sal sê as hulle dit moet weet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: plaas skade
« Reply #24 on: November 30, 2012, 03:50:43 PM »

Wes-Kaap se "Plaaswerker- staking", November 2012.
 
 
 
Die swart week in die Bolandse dorpe in die helfte van November sal nog lank onthou word.   Tonele van opruiende skares wat klein Bolandse dorpies se winkels plunder en wingerde, boorde , graanlande en pakstore brandsteek kon vir aande lank op TV gesien word, alles onder die vaandel van plaaswerker-betogings vir beter lone en werksomstandighede.
 
Wat 'n klug.   Die boewery, aangestig deur polities-gedrewe vakbonde wat byna geen ondersteuning onder plaaswerkers het nie, is gepleeg deur werklose plakkers wat elke dorp en stad in ons land omring en indring, aangery deur die huidige regering in die jaar voor die 1994 verkiesing uit die ou tuislande na veral die oorwegende blank en bruin gebied van Wes-Kaap.
 
Werklose mense wat deur niemand in diens geneem wil word nie behalwe deur  boere wat seisoenaal vir kort tydperke aan hulle werk kan verskaf.   Onder hulle tel ook talle onwettige immigrante uit 'n bankrot en verwoeste Zimbabwe en 'n arm Lesotho wat aan  hulle eie burgers geen heenkome kan bied nie.   Voeg nou by hierdie bestanddele  'n vakbond wat by mynopstande hulle gesag en lede verloor teen 'n kompeterende vakbond  wat dit reg gekry het om deur geweld en brandstigting hulle lone te verdubbel.   Voeg by dit 'n goeie dosis van swart onverdraagsaamheid en rassehaat teen 'n Wes-Kaapse regering wat deur oorwegend bruin en blanke kiesers verkies is.
 
Al wat nog kortkom is 'n gerieflike slaansak en dit is die Bolandse boere wat oor honderde jare al saam met hul bruin werkers goeie werksverhoudings opgebou het en van die grootste werkverskaffers in Wes-Kaap is.   Maar genoeg hiervan,  die eintlike rede waarom ek hierdie brief skryf gaan eintlik oor die volgende vraag.   Hoekom het hierdie geweld by Goudini en Worcester verby gegaan terwyl dit rondom gebrand het.  ?
 
So onlangs nog as 2008 was ons klein dorpie,  Rawsonville,  byna daagliks  op die koerante se voorblaaie en op die TV se nuuskanale.   Julle sal onthou van die tragiese voorval waarin 'n jong blanke rugbyspeler  van Rawsonville tydens 'n wedstryd teen die Delicious-rugbyspan  van Ceres deur 'n speler doodgeskop is. 
 
Terwyl die hofsaak op Rawsonville oor die voorval aan die gang was is daar skielik klagte van onwettige uitsetting , molestering en aanranding teen boere van Goudini-Weg ingedien .  Glad nie toeval dat die indiener van die klag 'n bruin polisieamptenaar van  die genoemde rugbyklub van Ceres was nie.   Dit was 'n duidelike komplot om die aandag van die rugbyklub te verskuif na die boere wat die skurke moet wees.   Interessant om te sien dat die media gepraat het van Rawsonville boere en nie van Goudini nie.
 
Tydens die hofsaak teen die boere het Cosatu met Tony Ehrenreich aan die spits by die hofsaal betoog en met opruiende toesprake teen die boere van Rawsonville uitgevaar.  Alles natuurlik in detail op die TV se nuuskanale en die koerante se voorblaaie.
 
 
 
  Daar is getuig dat 'n bruin werker agter 'n bakkie gesleep is,  dat hy deur die boere in die sy geskiet is, dat sy suster, wat ook 'n klaagster was, deur hulle verkrag is, dat hulle deur die boere van die plaas afgesit is en gedreig is.
 
 
 
Vir weke het die media berigte oor die hofsaak geplaas maar toe die klaagster later in die hof getuig dat sy deur die polisieamptenaar gedwing was om hierdie leuns te vertel en dat al die ander klagtes ook leuns was, toe was die media besonder stil en was daar gladnie regstellings of verskonings geplaas nie.  Wes-Kaap Agri het klagte van meineed  teen die klaers ingedien.  Wat daarvan geword het het ons nog nie in die media gesien nie.   Geen woord van verskoning deur meneer Ehrenreich nie.   
 
Wat het van die rugby-moord geword?  Die Delicious klub is deur die Boland Rugbyunie vir 'n tydperk geskors!
 
  Tydens al hierdie onreg en leuns teen die boere  was daar merkbare kalmte en harmonie op ons plase.  Hoekom!   Hoekom ook nou die rustigheid in 2012 ?
 
Omdat Jesus Christus heers in ons vallei.  Omdat ons boere omgee vir ons werkers en ook na hulle geestelike welsyn omsien.   Omdat ons weet dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie maar teen die bose magte in die lug!   Omdat die Here die afgelope 16 jaar herlewing  onder alle rassegroepe in ons vallei teweeggebring het.
  Na 'n byeenkoms in 2002 in die Paarl van boere uit die Boland omgewing waar ons ons afhanklikheid aan die Skepper bely het en John Banza, 'n swart prediker ons aangemoedig het om ons plase aan die Here te wy,  was dit my voorreg om die nag terug by die huis, saam met my seun ons plaas se grense om te ry en te sê: " Here, ons gee die plaas aan U,  ons is net rentmeesters  hiervan."
 
Terwyl ons so ry sien ook die ligte van bakkies op die naburige plase waar jong boere dieselfde doen.
 
Talle dorpe in die Boland,  vanaf  Loeriesfontein in die weste , Oudtshoorn en Bredasdorp in die ooste, Plumstead in die suide tot Sutherland in die noorde het dieselfde  mense van Goudini sien optree in eenhonderd-en-ses passiespel optredes oor 'n tydperk van tien jaar waar ons voor alle gemeenskappe opgetree het om die verlossingsboodskap te bring aan almal wat wou luister!  Vier van die optredes het ons hier plaaslik vir ons plaaswerkers gerhou.
 
In 2008 het ons na al die toegangspaaie van Goudini gegaan en en daar houtpenne ingeslaan om simbolies die streek vir God af te pen en aan Satan te sê dat hy geen reg  en mag in ons streek het nie en dat ons  in die naam van Jesus die bose magte wat nog binne is sal uitwerp uit ons gebied.
 
Op talle plase word die daaglikse werksaamhede saam met die werkers met gebed en skriflesing begin.  In Goudini is daar twee groepe mans wat ook eenmaal per week die afgelope sestien jaar al vroegoggend bymekaar kom en die hele gemeenskap aan die Here opdra en vir hulle voorbidding doen.
 
 
 
 
Die afgelope week het ons saam vergader om aan ons Skepper dank te bring vir die vrede in ons vallei waarna ons weer die penne by ons ingange gaan besoek het en God gesmeek  het  vir vrede en genesing in ons hele land.
 
  Soortgelyke bidgroepe is ook in die Overhex-Nuy wyk in Worcester.
 
Ons weet Cosatu sal weer met aanslae teen ons gemeenskap kom want hulle kan dit nie sluk dat hulle geen  lede onder die plaaswerkers kan werf nie, ten spyte van al hulle onhaalbare beloftes.  Ons weet ons is as Christene nie gevrywaar van probleme en rampe in hierdie lewe nie, maar ons weet ook dat "alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet,  die wat  volgens sy besluit geroep is"
 
My hart gaan uit na almal wat skade gely het, geintimideer was en in vrees geleef het in die afgelope    weke van onrus.   WEES VERSEKER DAARVAN DAT OOK GEREELD VIR JULLE GEBID IS EN NOG STEEDS GEBID WORD!
 
Dankie aan ons bruin gemeenskap vir julle goeie gesindheid en naasteliefde.   
Dankie aan Phillip Jonker vir jou  getuienis wat onder ons boere op internet sirkuleer. 
Dankie Hemelse Vader vir U vrede wat alle verstand te bowe gaan.
 
 
Pieter du Toit,  Klipdrift,  Rawsonville.   29 November 2012

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: plaas skade
« Reply #25 on: December 01, 2012, 08:42:30 AM »
'n Pragtige getuigskrif vir julle AB.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.