Author Topic: onvoorwaardelik (Belenois aurota)  (Read 1163 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
onvoorwaardelik (Belenois aurota)
« on: March 24, 2014, 08:33:50 AM »
hoop is ‘n wit skoenlapper,

dit vlieg
onverwags vanuit ‘n malvabos
wanneer ek ons tuin natlei

Januarie se dreunende ligte
dryf kortstondig
soos Japanese lanterns in die lug –
uit ons vogtige hande
bars grasveldwitjies
wat om die somer swerm.

hoop is ‘n seisoen,

ons offer dit soos saad
ons vou die vlerke na binne

die grond word kokon
waaroor die winter ryp –
so sterf ons      jaargety(d)e.

uitgelarwe
pluk ons witgatbome skoon
om enig
in ewige vlug

te berus

« Last Edit: October 10, 2015, 06:48:29 AM by Fransi »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onvoorwaardelik
« Reply #1 on: March 24, 2014, 12:27:47 PM »
en ek en julle
pluk witgatbome skoon
om rooi en nakend,
enig in ewige vlug

te berus.

Soos altyd stel jy nie teleur nie Fransi!   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Onvoorwaardelik
« Reply #2 on: March 24, 2014, 03:09:46 PM »
Dankie PM. :-)