Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on May 25, 2011, 09:38:32 PM

Title: toekomstige verlede
Post by: Louis on May 25, 2011, 09:38:32 PM

mens vergeet nie
en sal altyd onthou.
die verlede sal gedurig voor sy aangesig ontvou
hy let nie op na die liefde en rykdom
wat hom in die hede kan toekom
maar sal liewer op sy tone staan
om in die toekoms in te staar
Title: Re: toekomstige verlede
Post by: Angelica on May 26, 2011, 06:48:54 AM
'op sy tone staan'.... Jy bedink die dinge fyn, ne?
Title: Re: toekomstige verlede
Post by: PM on May 26, 2011, 06:58:20 AM
Iewers in jou werk is 'n spiertjie wat knaend aan my mondhoeke trek!  Dit is goed gesĂȘ!
Title: Re: toekomstige verlede
Post by: adele on May 26, 2011, 07:08:01 PM
oulik! ek lees en geniet elke woord.

 :grommit:
Title: Re: toekomstige verlede
Post by: PM on October 15, 2011, 09:46:09 AM
Hierdie een is gegaps.  Dankie Louis.