Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Maruis se plek => Topic started by: PM on April 01, 2013, 09:47:26 AM

Title: Kosmoskyk
Post by: PM on April 01, 2013, 09:47:26 AM
Kosmoskyk     © Marius Buys

Besluit jy ooit om bietjie te gaan ry
deur ons mooi Suid-Oos Hoëveld se kontrei
sal jy familie van die Aster kry.

Vanaf laat somer tot vroegherfs in April
bring hul telkens toervoertuie tot stil,
want kiekie; kyk; pluk; of ruik sal mens wíl.

Klomp-klomp saamgedrom bloem die Kosmosblom
soos malvalekkers kopknikend in die son
langs paaie wat van gedenktekens af kom.

Skilder hulle nou doeke van harmonie
dié perdevoersaad van Kaki en kie
in Anglo-Boereoorlog parodie.

© Marius Buys
Title: Re: Kosmoskyk
Post by: PM on April 01, 2013, 09:49:03 AM
Interessante rympatroon Marius.  Ek het al jou inskrywings baie geniet matertjie.  Dit is almal goed genoeg vir die boek.  Dankie vir die saamspeel.