Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on June 23, 2014, 09:07:06 PM

Title: woordgolwe oor die rotse
Post by: adele on June 23, 2014, 09:07:06 PM
golwe dein uit die blou
breek teen rots
standvastig en getrou
skuim oor die wit sand uit
sleep terug na die dieptes
vol donker geheimenisse
maar seewier en skulpe
bly agter om jou hierwees te verraai
gedagtes rol uit jou uit
onbeheers verlore
breek los en sweepslag deur elkeen
smart gebroke in elk siel gegrif
smeek jy verniet
om jou woorde terug te trek
dade in rolprent terug te speel
is liefde en vertroue
fyngemaal tot skulpgruis
verstrooi in die suidoostewind
Title: Re: woordgolwe oor die rotse
Post by: Fransi on June 24, 2014, 08:46:49 AM
Ontsettende mooi foto.

Jou woorde ruk, omdat dit so waar en universeel is. Baie goed geskryf.

 :love7:
Title: Re: woordgolwe oor die rotse
Post by: adele on June 24, 2014, 01:26:04 PM
dankie Fransi  :coffee2:  ek verlang see toe.
Title: Re: woordgolwe oor die rotse
Post by: Fransi on June 24, 2014, 04:35:43 PM
Ek ook.  :read2:
Title: Re: woordgolwe oor die rotse
Post by: Ans Botha on June 24, 2014, 09:08:21 PM
Ek is verstom, nes ek dink nou het ek jou mooiste gedig gelees dan doem daar 'n ander gedig op wat weer op sy eie unieke manier my weer diep tref.
Title: Re: woordgolwe oor die rotse
Post by: adele on June 25, 2014, 10:14:44 AM
Dankie, Ans. Ons skryf mos omdat ons hoop dit raak iemand se binneste, maar dan voel ek klein verleë by jou mooiste woorde, dankie baaaie daarvoor. Julle skryf almal net so mooi.
Title: Re: woordgolwe oor die rotse
Post by: PM on July 06, 2014, 10:56:58 AM
Dit vat raak Adele!   Pragrig geskryf met soveel sinnebeelde!
Title: Re: woordgolwe oor die rotse
Post by: adele on July 08, 2014, 06:06:08 PM
hallo PM, dankie vir saamlees   :love7: