Sjiiieee, waar praat die nigge nie nou die waarheid nie! 'n Vuur kan jy mos enige plek maak, maar ek seg as ek daai vuur brand het, wil ek in sy gloor sit, ek wil hom hoor knetter en kraak, want dan praat hy met my. Dit laat my so dink aan die gedig wat ek in Amerika geskryf het toe ek so alleen was! 'n Vuur het magiese en helende kragte. Myne sou ek graag in die Bosveld wil maak, die vure by die see sis te veel van die nat hout! Nee net hardekool sal werk!
Ek sal terugkeer na daar waar ek weer vryelik asem kan haal!
Om te beleef die geboorte van ‘n nuwe Afrika dag!
'n Dagbreek so rooi, soos kole wat gloei,
en die donker verteer soos die daeraad aangroei!
En as God dan sy lig oor my donker siel laat spoel,
Ja, dan sal ek eers besef... ek het uiteindelik tuis gekom!