Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on March 24, 2012, 03:38:19 PM

Title: PM en Botswana
Post by: PM on March 24, 2012, 03:38:19 PM
Aitsa, hiers ek weer.  Die paar dae in Botswana was warm, warmer, warmste. Jy kan sien, almal was in die oond.  :dontknow:
Ons soektog na verblyf het ons tot in Mahalapye geneem, so 200km anderkant Gabs.  Gabs is nou die verkorte weergawe vir Gaberone. 
Daar is net nie 'n manier om verblyf vir 'n maand te soek sonder om dit nie eers te sien nie.  Dan het 'n mens 'n keuse.  In Gabs is daar mooi plekke, ook maar net 'n kamer, maar dit is 75km van Hannes se werksplek.
Sou die spoed op die pad 120km per uur was, sou dit nog nie so 'n groot verskil gemaak het nie, maar die pad wissel plek-plek van 60-, dan 80-, dan weer 60km per uur.  Daar loop mos bokke en beeste in die pad, en o ja, donkies, so, vinniger kan dit ook nie gaan nie.  Soms moet jy sommer net doodstil staan en wag vir die diere om koers te kry.
Tussen die substasie en Mahalapye is daar NIKS blyplek nie.  Vir 125km is daar net 'n paar klein dorpies met gastehuise vir ???
Ons het toe plek bespreek by 'n lodge, 30km van die werk af.  Dit is ook net 'n kamer met 'n dubbelbed, 'n badkamertjie sonder 'n stort, en dit is dit.
Daar is 'n mooi eetsaal met tafels buite op die stoep.  Dalk sal ek in die dag daar kan sit met my ou skootbrakkie.
Die plek is nog in aanbou en ek hoop van harte nie dat die lawaai my gaan gek maak nie! 'n Ander keuse het ook nie.  Kop maar eerste in en vasbyt!
Hoe dit sal gaan met die etes moet ons ook maar wag en sien.  Wat sal die kans wees dat ek hulle kombuis kan gebruik? Hannes se vier werknemers woon ook daar, hulle sê hulle sal pap en vleis koop of in daardie plekkies gaan eet.  ???
'n Aandete kos P62.00.  Ontbyt is P58.00.  Gee 120 pulla per dag per persoon.  :dontknow:
Ons het darem 'n "plunger" (is dit nou 'n "moervanger") om koffie in te maak. 
Dit klink nogal na 'n avontuur nê!?


Title: Re: PM en Botswana
Post by: Fransi on March 24, 2012, 04:02:45 PM
 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin: Sien ek nou jou pos hier en dink beslis 'n avontuur.

Ek dink dit was in Botswana of miskien in die Konga, maar ons een vriend vertel heel humoristies hoe hulle gesit en kyk het na die baie groot rotte en toe hy vir die groepie mans sê hy wonder of 'n mens so 'n rot kan eet het hulle begin te gesels en giggel in hulle eie taal. Vertaal die gids toe vir hom dat die mans nou net besluit het dat 99 van die rotte moontlik genoeg sal wees vir ons vriend. :-)

Ek hoop regtig julle geniet dit daar. Op die fotos lyk dit pragtig ongerep, maar 'n maand in ongerep kan dalk lank word.
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Angelica on March 24, 2012, 09:06:10 PM
Ha lo   :wave:

(By die tyd van die dag weet julle darem al of al die rotte nog rondhol of nie.)  Dit is wanneer jy verlang na ons eie SA en waaraan jy gewoond is. Hier maak jy ten minste jou eie kos en weet alles is dood gekook.
Hoop julle is tog gemaklik en dat julle gou aanpas.
Op so 'n plek kyk jy die kat uit die boom en eet net vrugte en blikkieskos en koekies uit 'n toe pakkie, water uit bottels natuurlik.
Wees net versigtig en laat die beeste en donkies maar eerste loop. 
Hou ons op hoogte, ok?


Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on March 25, 2012, 06:32:08 AM
Luister, as ek opvangs het om met julle te gesels, sal ek alles kan uitstaan!  :icon_scratch:  :love7:
Hmmm, rotbiltong! Eish! Of dalk gebraai oor die kole!
Ons vorige Botswana ervaring in Selebi Pikwe het ons oorleef, dit was vir drie maande! Gelukkig het ons toe 'n selfsorgeenheid gehad.
Ek glo ons sal hierdie ook maar moet doen.  'n Mens moet maar die soet en die suur beleef, dalk is dit nie so erg as ons eers daar is nie. 

Ons het die aand in Mahalapye (uitspraak - mahala-pie) oorgeslaap. Die aandete was pap en stukkies vleis en marog en na die volgende oggend se ontbyt was ons goed ge-olie.   :icon_biggrin: Alles swem in olie. Hulle eet met die hand en dan vryf hulle die olie so in die hande in.   :icon_biggrin:

Die water word gereeld getoets, maar ons koop liewers water.  'n Mens kan nie daardie kans waag nie.

n Maand in ongerep? Ag wat, 'n maand alleen tuis, sal baie erger wees.  Hannes was mos Novembermaand Sjina toe, ek weet mos!

Title: Re: PM en Botswana
Post by: Angelica on March 25, 2012, 08:40:29 AM
Giggel ek terwyl ek lees...
Pap en stukkies vleis (oorsprong?) en marog... wel, jy is vanoggend hier om te gesels.
Natuurlik sal julle oorleef, julle is mos strong bodies.
As julle daar klaar is, kom weer paradys toe dat ons kan kuier.
Rus lekker in die verre land, eersdaags is julle weer by die huis.
Lief julle!!!
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on March 25, 2012, 09:26:53 AM
ek het op pap en marog groot geword - yum-yum!  Klink of dit darem heel avontuurlik is - rotblitong ... nee dankie  :hello2:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on March 25, 2012, 11:18:04 AM
Hannes het sy baas ietwat gedreig.  Of hy doen nog die Kaapse projek of hy gaan met pensioen!
Ons sal maar sien waarheen die paaie ons lei. 
Ons vertrek Dinsdag die 27ste Botswana toe. 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on March 25, 2012, 01:57:21 PM
nou pik ek verward - ek tog julle is reeds in Botswana ????

Yip - hulle beter hom na die Kaapse projek stuur - sommer nou! :bootyshake:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on March 26, 2012, 08:07:02 AM
Ons was 'n paar dae daar om verblyf te gaan soek. Wou graag by die eienares hoor of ons die kombuis so nou en dan kan gebruik.  Ons sal maar 'n gasstofie en 'n pot en 'n pan saam neem van hier af.  Die heel nodigste goedjies soos 'n spaan, 'n blikmes, snymes, skeplepel, ens.
Ons wynglase is 'n moet!
Ons het darem 'n kampyskassie om koeldrank en water koud te hou.
Ek ken ook vir Hannes, as hy begin pak... oee, groot uittog, hier kom ons!

Die Kaapse projek behoort iewers in Mei te begin.

Op hierdie trant kan ek maar net sowel 'n huurder kry vir ons huis en 'n karavaan pak en hak!
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Trapsoetjie on March 26, 2012, 09:42:01 AM
Basta met die baas,  :evil6: Of 'n projek of julle kom net 'n lekker kuier gooi op sy Pensioen.  :icon_biggrin:

Geniet Botswana en ry veilig. Laat sommer weet of dit 'n plek is waar ons dalk kan gaan vir 'n kuiertjie?

 :angel12:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on March 26, 2012, 11:08:08 AM
Dan is julle hier om saam ons wees te vuur - dan behoort Andre en ek klaar met die gewig afskud te wees ... ons troue herdinking .. Theo se bday en ons twee se birthday's in Augs ... sommer alles op een dag ... in Junie :-)
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on March 26, 2012, 12:58:16 PM
Dit klink na 'n fees! Ek sien al klaar uit daarna, maar julle weet wat gebeur wanneer 'n mens die kar voor die donkies inspan nê?  :icon_biggrin:

Botswana, daar waar ons gaan, is net 'n plek wat jy met vriende kan geniet.  Om sommer net te gaan kuier vir "Botswana", sal nie werk nie.  :nono:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Trapsoetjie on March 26, 2012, 02:04:54 PM
 :evil6:   :hello:  Nee ek verstaan goed.  :toothy4:

Gaan, as alles goed verloop, die einde van die jaar saam met ander deur Namibia. So gedink dalk kan as die mooi is so iets aanpak die jaar daarna. Of dalk my beter helfde te vat vir tiervisvang in Natal se kant.  :dontknow: Sal maar moet sien waar heen die wind my stoot.  :evil6:

 :angel12:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on March 26, 2012, 02:38:14 PM
Ek dink die bo-deel van Botswana is baie mooi.  AB sal moet kom vertel waar en hoe.  Dalk kan julle saam met hom 'n toer doen?  Hy weet mos van!
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 01, 2012, 03:56:44 PM
Ons het die eerste nag in Zeerust oornag.  Is laat by die hospitaal weg en het met 'n swaar hart daar gery. 
Ek moet allergies wees vir iets.  Weet nie wat nie.  Jeuk en brand van my kop tot by my toontjie.  Nee, dit is stress, seg Hannes.  Jy rek mos uit oor alles.  Nou-ja, dan is ek maar uitgerek!
Die volgende oggend toe ons opstaan toe reën dit Mary Poppinse.  100 km verder is die grens.  'n Uur later is ons daar deur en dit reën nog steeds Mary Poppinse. 
Hier aangekom, deur die modder gly-gly geploeter tot by die kamer. Kan nie kla oor die kamer nie.  Dit het 'n dubbelbed, twee stoele en 'n tafeltjie.  Ons het 'n kampyskassie en 'n gasbottel wat buite staan, want ek is te dik en ongeskik.  Die drie van ons pas net nie in die kamer in nie.  In elk geval, nie gelyktydig nie.  Ek jeuk en brand nog steeds.
Die bad het 'n stortpyp, die probleem is net as jy dit oplig om jou hare af te spoel, dan is die drukking te laag, maar twee dae sonder water het ons geleer om tog maar dankbaar te wees vir die bietjie wat uitpiepie. 
Asof dit toe nou nie genoeg is nie, pik outa toe die pik netjies deur die kragkabel wat die lodge van krag voorsien.  Nou is ons in die pekel.  Ons kouevleis en kaas verlep saam met die blaarslaai. Die rooiwyn en water is warm en die badwater koud.  Plaas ek maar my ou keteltjie saam gebring het! Die naaste winkels is 40 km ver!  Maar toemaar.  More gaan hulle kabel-laste koop en dan sal dit reggemaak word.  Gebruik maar vanaand die parafienlamp.  Jammer ons rekenaars en selfone kan nie ook met die parafienlamp werk nie.  Toe jeuk en brand ek vir 'n eerste plek.
Ons het 'n gazebo'tjie gebring, 'n opvoutafel en twee kampstoele. 
'n Mens waardeer in elk geval die sterreprag as daar geen lig is nie. 
Gelukkig het ons 'n warm ete.  Kouevleis, kaas en brood. Warm rooiwyn is beter as geen rooiwyn nie.  Ons het ook al geleer, koue water is beter as geen water nie. 
Kom die son toe op.  Maak ek toe lekker broodjies met die laaste proviand en laat dit net vir 'oomblik
buite op die tafel.  Toe kom die ape. Toe kom ek terug. Toe is die broodjies weg.  Toe leer ek 'n les. "As jy hulle nog nie gesien het nie is dit nie te sê hulle is nie daar nie." Toe ry ons maar dorp toe.  Gelukkig vir my kon ek iets by die apteek kry vir my gekrap. 
Drieuur die middag is die kragkabel nog nie gelas nie.  Die ou wat die kabels moes las het 'n stuk uitgesny en nie besef hy het nou 'n inlaskabel en nog 'n kabel-las nodig nie.  Maar moenie worry nie.  More sal die krag weer aan wees.  Weet ook nie wat ons gaan doen nie, want die restaurant kan ook nie kos maak nie.  Dit is gelukkig nie ons probleem nie, want ons kan in elk geval nie daar eet nie.  Twee honderd en vyftig pula vir ontbyt en aandete vir drie weke lank, is ver buite ons bereik.  Buitendien is koue water baie lawend vir my rooigevlekte vel. 
Saterdagmiddag, die krag werk weer, die eerste ding is 'n koppie koffie.  Ek het al onttrekkingsimptome begin kry.  Ons besluit ons gaan onsself bederf en gaan eet T-been by die restaurant.  Wat 'n ramp!  Vergeet skoon om te krap!
Dit is Sondag.  Die gejeuk en brand het bedaar. Dankie tog!
Ons maak omelette met kouevleis en kaas en ja sowaar, 'n rooietjie daarby, lekker yskoud.  Hannes sê: "Prins Charles se 0, hy kan nie so lekker eet nie!"
Nou-ja toe, ons sal dit maar van hieraf verder vat.  Ons wou mos graag kamp, nou kamp ons.

 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on April 01, 2012, 04:06:47 PM
en so is dit weer bewys dat bobejaan se kind hom nie doodwerk nie, maar tog altyd heerlik eet  :hello2:

Hoop die volgende paar dae verloop darem rustiger en dat die pad oprol Kaapstad toe  :love7:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 01, 2012, 04:28:08 PM
Dankie matertjie.  Ons kan mos net die soet geniet as ons die suur afgehandel het.   :icon_biggrin:
Die omgewing is baie mooi.  Om ons is groot koppe met groot klippe en mooi bome.  Noudat alles mooi skoongemaak is in en om ons kaia, kan ons rustiger wees.  Dit is net ongelooflik alleen as Hannes werk toe gaan. 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on April 01, 2012, 04:33:49 PM
Ek kan my indink - maar dis juis daai alleen oomblikke wat in mooi skryfsels ontaard  :angel8:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Angelica on April 01, 2012, 07:24:13 PM
Is dit nou lekker om van julle bos-wedervaringe te lees!!
En julle oorlewing!!  Ek kan my indink hoe alleen dit moet wees as Hannes nie daar is nie. 
Oppas vir daai ape, hulle gryp die kos uit jou hand.  Kan gevaarlik wees.  Kyk mooi na julself.
Bly die help-my-krap het nou bedaar. 
Groete daar en veilig bly. 
Ons verlang.
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 02, 2012, 07:32:53 AM
Gelukkig het ons die ape nie weer met 'n oog gesien nie. Hulle het seker maar net hier verby gegaan en ek hoop dit bly so. Was bekommerd dat hulle nou dink dat hierdie 'n halfweghuis is.  :icon_biggrin:
Word ons toe gister wakker geraas deur die "kerkklok".  Dit was mos Sondag, maar hierdie klok hou nie op met lui nie. 
Toe dink ek dit is windklingels wat deur die wind geskud word.  By nadere ondersoek vind ek toe uit dit is 'n koei met 'n klok om haar nek. 
Ons kamer is die laaste een bo op die bult. Net langs ons kamer is 'n kamp waar die bome ontbos is en die beeste besluit toe dit is tyd om die gras te kom sny.  Seg ek vir Hannes, dit is dieremishandeling.  Kan jy jou indink dat jy heeldag na daardie gelui moet luitster net so ver as jy gaan? Sy het egter ongesteurd voort ge-eet, met al die ander agterna. 
Hannes het die "toolbox talk" gaan doen.  Dit is nou die vergadering wat hulle elke oggend hou om die dag se program te bespreek.  Daarna moet hy die tydelike kantoor wat vir hulle opgerig is gaan betaal in Gabs.  Hy sal my kom haal dan kry ek sommer 'n kansie om te gaan inkopies doen.  (Hy koop natuurlik en ek kyk.  :icon_biggrin: )
Dit is nou die ideale geleentheid om resepte te ontvang wat 'n ou vinnig in 'n pot op 'n gasstoof bymekaar kan gooi.  Dit gaan 'n lang drie weke wees.  :icon_scratch:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Fransi on April 02, 2012, 08:00:43 AM
 :hello:

My pas sou gesê het:" Ruim kans op verbetering..."
Ek hoop die volgende drie weke verloop glad en dat julle dit werklik sal geniet.
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 02, 2012, 09:31:35 AM
'n Mens moet maar net positief bly nê.  Elke nadeel het mos 'n voordeel.  :icon_biggrin:
Dankie Fransi, as julle saam kuier sal dit baie makliker wees. 
 :love7:
 :bootyshake:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on April 03, 2012, 09:14:48 AM
PM dis nie diere mishandeling nie , dis 'n musiekale koei en dis haar musiek instrument wat sy heeldag be-oefen  :love7:

Klink asof jy al 'n boek kan skryf met die ape en koeie saam  :munky2:  :snorting: (varkie is koei)

Een Pot Kerrie

Smoor eers die eie (natuurlik reeds geskil en gesny in blokkies) met kerrie, borrie, sout en tiksel sout na smaak ...
Smoor 'n tamatie saam
(as daar twee plate is en twee potte - kook solank eiers op die ander plat - dop en al natuurlik - dit word later afgedop)
Smoor nou die kool by (ook reeds in reepies gesny)
Dop nou die eiers wat reeds klaar gekook is, af, en sny dit in ringetjies of hoe ookal verkies, in die eie/kool/tamatie smoor in
en roer goed terwyl nog 'n minute of twee prit.

Smeer brood lekker botter en eet die saam op die broodjie - lekker ontbyt of aand ete  :hello2:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 03, 2012, 03:38:29 PM
'n Musikale koei!  :sign10:

Dankie vir die resep Willa, dit klink heerlik.

Ons het "gou" Gabs toe gery.  Hannes moes die stoorkamertjie (container) wat hulle gehuur het om die R5 miljoen se kabels en ander toerusting in te stoor, gaan betaal. 
'n Houtsaag by die een winkel, veiligheidsbrille by 'n ander winkel, 'n ketel en 'n mikrogolf vir die kantoor by nog 'n ander winkel, (daar het ek sommer 'n stel van drie potjies en 'n "slow cooker" gekoop) 'n nuwe gasring vir die gasbottel by 'n ander winkel en so kan ek aangaan.  Hierdie is Afrikatyd! Ons is negeuur hier weg en is eers drieuur weer terug. 
Ek is "gedrop van al die shop".  :icon_biggrin:
Toe ons hier aankom vanmiddag het ek 'n paar opvoutafels teen 'n muur staangemaak gesien. Hier werk 'n man met die naam van Saggaria. Die eerste dag wat ons hier geland het, het hy my gou kom help om die "werf" skoon te maak toe hy sien ek loop en papiere, blikke, bottels en stompies optel.   
Hy het sommer die volgende dag 'n graaf gebring en die hoop sand wat knap voor ons deur gelê het, kom gelykmaak en die volgende dag sommer vir my 'n blommetjie kom plant.   :icon_biggrin:
'n Blikkie coke het gou een van die tafels tot hier onder ons "lapa" nadergesleep.  :icon_biggrin:
Nou het ek 'n staaltafel waarop ek kan kos maak.   :hello2:
Een gasbottel en 'n "rustige koker" wat met krag werk. 
'n Rukkie gelede het ek 'n storie gelees van 'n "stuurjong" wie se sokkies elke dag buite, agter die kantoor, op die draad gehang het.  'n Nuuskierige werkgewer doen toe die moeite om uit te vind hoekom die man se sokkies elke dag op die draad hang.
Toe vind hy uit dat meneer eiers in die sokkies sit, dit oor die kant van die urn, wat hulle gebruik vir tee en koffie hang, die deksel opsit en siedaar!  Gekookte eiers!   :icon_biggrin:
Dalk kan ek dit met die ketel doen?   :evil6:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on April 03, 2012, 04:51:16 PM
gesokkiede eiers  :sign10:  klink yum, dink as ek die 1000 jaar oue eiers in Taiwan kon oorleef, sal ek seker gesokkiede eiers oorleef ...

klink na 'n hele boek wat jy daar in 'n week beleef ... fun fun fun  :icon_cheers:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Angelica on April 03, 2012, 06:43:18 PM
Whaaaaa.... oh, my, woooord!
Gesokkiede kookeiers.. in die URN!
Wie drink daar koffie en tee?
PM, jy oorleef, girl.  En dit gaan lyk my goed.
Jy wou mos kamp, nou kamp jy met die hulp van Saggaria.  Sweet dat hy vir jou tuinmaak.  Ons laaik hom as hy jou bederf.
Wees nogtans veilig.
e
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Meraai vannie Baai on April 03, 2012, 11:19:47 PM
Oeeeee ek GENIET jou vertellings PM. Met so humorsin gaan niks jou onderkry nie sustertjie  :love7: :hello2: :notworthy: My plekkie geboek vir verdere gebeure en ervarings  :bootyshake: :book1:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 04, 2012, 02:38:07 AM
Ag dankie dat julle saam kuier.  Dit is kwart oor twee en ek sit hier regop soos die ou spook wat nie kan slaap nie.  Dit laat my wonder, spoke slaap mos nie!  :dontknow: 
Of slaap hulle in die dag?  :icon_scratch:
Ek gaan julle nou 'n ding vertel.  Julle wil nie weet nie!
Almal kla oor my grys kop.  (Behalwe Hannes natuurlik, die dierbare ding!)  In elk geval, koop ek toe 'n pakkie  LIGbruin haarspoel.  Let wel, kleur sonder bleikmiddels, dit was mos uit na 'n paar wasse.
Wil net die grys 'n effense kleurtjie gee!  Net 5 minute.
Kom Hannes by die huis en ek vra raat. 
"Jy wil altyd anders wees, volg die voorskrifte!"
Toe sit ons buite, onder die "lapa" dit is nou die Gazebo, 'n staalraam op vier uitgerekte bene met 'n seiltjie oor.  Lyk soos 'n tor wat op stelte loop. Ja, sit ons voor die kaia en Manlief trek die handskoentjies aan, oor sy groot hande, dit maak net die vingers toe!  :icon_biggrin:
Hy wend die goed aan, bietjie vir bietjie, vryf 'n bietjie en nog 'n bietjie en so hou die proses aan tot die laaste bietjie opgebruik is. 
"Nou wag jy 25 minute... sê die instruksies."
"Nee gaats, dit is te lank!"
"Nou-ja as jy nie die grys hare wil kleur nie moet jy maar die gevolge dra."
Nou is ek bekommerd.  Hulle seg tog dat grys nie maklik kleur nie en ek wag maar. 
Afgespoel, opknapper aangewend, afgespoel en ek kyk in die spieël.
Julle wil nie weet nie!
Pikswart!
Elke keer as ek by 'n spieël verbyloop skrik ek!
Nou sit ek in 'n penarie, as ek dit nou blond maak gaan ek soos 'n boabab se wortels lyk? Net oranje?

Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on April 04, 2012, 08:04:52 AM
ek dink spoke slaap in die dag want hulle spook innie nag ;-)

NEEM 'n FOTO en deel onmiddelik ... kan net 'n prentjie wees om te aanskou  :hello2:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 04, 2012, 08:36:40 AM
Wil jy nou hê die klikbekkie se kykers moet uitpeul en bars?   :sign10:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Fransi on April 04, 2012, 08:47:17 AM
 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin:

Gelukkig was dit uit. Ek het so 'n ruk terug blou en pers strepies ingesit wat skelpienk uitgekom het.   :icon_biggrin: pienk is darem ook mooi. :-)

My skoonma sit soms vir haar strepies in ( die gewone soort) en dit lyk te pragtig saam met die grys en wit as jy dalk volgende keer dit wil probeer?

Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 04, 2012, 08:50:29 AM
Ai, ek hoop so!  Sommer gou ook!   :sign10:
Die strepies sal maar moet wag tot ek eers weer in die beskawing is.  Hier weet hulle net van "dread locks".   :evil6:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 10, 2012, 09:23:20 PM
Goeie genade!  Teen die tyd wat ek "gekonek" is, het ek skoon vergeet wat ek wou sê.  Dit is soos om SABC te kyk, na die advertensies weet jy nie meer watter prograg jy gekyk het nie. 
Wat wou ek nou weer sê?  O ja!  Ons het toe weer vanaand die sjebeen die  restaurant die Le Stroois besoek.  Op die spyskaart was varkribbetjies.   :icon_biggrin:  Manne, daai soet-suur-aflek "is to die for".   :icon_biggrin:  maar ek sweer daai beer was besig om sy laaste nasate te plant toe hulle hom geskiet het.  (Of het hulle hom met die hamer geslaan?) Hoe moet ek nou weet!
Ek was nie by nie, net die nagevolge gesmaak!  Taai!  Nie soos in met suiker gemeng nie gehoor, taai soos in gebrei dat die sout wit sit, maar nou loop ek die storie vooruit, soos gewoonlik!
Ons was nog besig om te sit en wag, (ja, dit is baie besig) vir die kos, toe spring daar 'n paddatjie onder deur die tafel, onder deur my stoel en kies rigting na die naaste donker hool en Hannes vra:  "Skattie, mis jy nie iets nie?"  Ek draai my kop en kyk die springende dingetjie agter na... "ag nee wat, ek sien niks met die spoed van witlig wat haar agternasit nie! Kannie myne wees nie!"  :icon_biggrin:  hê-hë! 
"En daar kla 'n donkie!   :sign10:
Na Naas se strories, wat ek natuurlik met smaak oorvertel het, bars ons altwee kliphard uit van die lag. 
Kom die blinkgesig "kelner" so 'n "opgepolishde Botswana gesiggie soos 'n "ge-oliede rosewood hangkas" en vra: ''What's de matter sir? Do you need anything else?"
"Eish!" se Hannes.
Yes sir!  Ice is comming up!
Nou lag ons twee dat hoor en sien vergaan!
"Julle, waar was julle?!"
Ons luiddrugtigheid sou nou rerig nie saak maak nie hoor, dit was maar net ons twee spoke daar in "Le Stroois" dit is nou afgesien van al die "personeel" wat geskitter het in hul afwesigheid. 
Hier kom die ou gesegde in:  "You pay peanuts, you get monkeys". 
"Ver van jou goed, naby jou skade."
Goed, na 'n paar arms swaai en handgebare maak die "kelner" sy verskyning en ons vra of ons dalk nog vanaand ons kos kan kry.  (Voor ons heeltemal gesuip raak.)
"Natuurlik."
Ek gaan niks meer seg nie, want julle wil nie weet nie!
So skryf 'n mens boeke en dit alles maak deel van 'n onvergeetlike ervaring. 
Ek moes dit net deel voor ek gaan slaap.
Mag julle 'n soete nagrus het.  (Geen kappie of deelteken wil iets met my te doen het nie en ek neem hulle ook nie kwalik nie en o ja, ek moet net byseg, swarkop is nou rooikop!  :icon_biggrin: )
Lekker slaap.  Ek lief, lief, lief julle!
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Fransi on April 11, 2012, 08:07:47 AM
Taai, swart of rooi, dit klink na ervarings wat julle nog lank binnepret sal gee. :-)
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 11, 2012, 08:59:25 AM
Dit is nie te betwis nie Fransi.   :angel4:
Vanoggend hoor ek 'n geskarrel hier buite en by nadere ondersoek sien ek vir Saggaria. (Ek noem hom sommer Gabriël, want hy is 'n engel.)
Ek wil 'n "muisbosskerm" bou, jy weet, soos 'n kombuis, waar die wind nie, (amper seg ek my vlammetjie) die gasstofie se vlammetjie kan uitwaai nie.  Hier bring hy 'n opvou-staaltafel aan en maak dit staan op sy sy, so half teen die muur, teen die klip.  Jy het nog nooit so 'n groot "smile" gesien nie.  Dit is nou syne se smile.  Hy is so in sy noppies met die slim plan wat hy beraam het om die wind af te keer.  :toothy4:  Nes die wind is, waai dit nou vanoggend uit die ander rigting uit.  :toothy4:
Ons sal nog daar kom, daar waar ek 'n muisbosskerm het om agter te kook.  :toothy4:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Angelica on April 12, 2012, 07:13:36 PM
O jinne, nou het ek gelag.
Eers vir die padda....    :kermit: :la:
Toe vir die donkie..   :grommit:  (Kan hierdie ou deurgaan as 'n Botswana donkie?)
Toe vir die rosewood kas    :glasses1: :glasses9:   :sad5:
en Hannes se 'eisssh'    :laughing4:

Julle het lekker pret gehad.
Kook nou agter daardie muisbosskerm lekker kossies en laat Munkey die potte skoon lek     :munky2:

Mooi bly.
Lief julle.
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 12, 2012, 10:04:55 PM
Eish! Die enigste "monkey" wat die potte moet skoon kry is ek, en ek lek nie graag nie!  :icon_biggrin:
Ons het 'n horribale dag gehad.  Van bakboord na stuurboord om al die onsinnige "scrap" wat vereistes is op die terein uit te sorteer. Eers het hulle gesê dat 'n voertuig maar net sy "hazerds" kan gebruik as dit op die terein rond beweeg, maar nee, nou moet elke voertuig 'n oranje lig op sy dak hê.  Huh, daar is net 'n paar voertuie en die terein is so wyd as die Heer se genade! Dit maak my woedend as ek sien hoeveel "rompslomp" daar aangaan, hoeveel snert elke jan rap en sy maat uitdink, en ek weet dat dit die normale gebruiker is wat betaal vir al die onnodige uitgawes.  Hoekom moet jy 'n hardehoed dra as daar niks van bo af kan kom nie, "safty shoes" dra as jy nie jou toon teen iets kan stamp nie, 'n reflekter vest dra as jy in die middel van die dag werk?  Niemand wat nog ooit hierdie simpel reëls ingestel het, het al in die warm son gewerk nie.  Kyk maar na daardie manne, hulle is kastaiing bruin gebrand. 
Voordat enige persoon op terein mag gaan, moet hy 'n induksiekursus bywoon.  Maak nie saak hoeveel kere hy al op terein gewerk het nie, voordat hy toegelaat word, moet hy weer daardie kursus wat tot vier ure kan duur, bywoon.  Dit kos ons, die verbruiker, duisende rand.  "But who cares" die verbruiker sal betaal! Belaglik!
Ek wou nog gekla het oor hoe moeilik dit is om hier in die bos kos te maak, maar ek sal liewers nie!
Gelukkig seg manlief dankie, hy het lekker ge-eet. 
Lekker slaap, ek is nou pootuit!
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Meraai vannie Baai on April 13, 2012, 01:30:56 AM
Soos altyd - een groot woordfees en ek giggel myself uit enige kruppelskeet  :toothy4: :bootyshake:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 13, 2012, 10:21:46 AM
Gister was ek erg gefrustreerd oor die krag wat nie krag het nie en die muisbosskerm is nog nie klaar nie en die wind jaag sy pad regdeur my ou gasvlammetjie. 
Ek het met groot liefde al my ou kossies verwerk en dit in die "slow cooker" met liefde verpak en jaag toe saam met Hannes dorp toe om al die "rompslomp" bymekaar te kry.  Van winkel na winkel en die sentra is ligjare van mekaar af gebou. 
Tuisgekom moes ek ontdek dat die krag seker saam met ons "stad" toe is, want my kossies is nog nie naby gaar nie en die krag het in die dorp agter gebly.  Toe moes ek maar alles uitpak en dit op die gasstofie gaar maak.  Oe, al daai skottelgoed.  :pottytrain5: 
Hannes het darem teenwoordigheid van gees behou en vir ons 'n lig gekoop wat vreeslik slim is.  As die krag afgaan gaan die lig aan.  Hy het dit mooi hanggemaak teen die gazebo se hoekpaal, en siedaar!  Lig by die halwe muisbosskerm!  Moet nou net 'n "luipot" (slow cooker) kry wat op dieselfde prinsiep werk.   :icon_biggrin:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 14, 2012, 08:55:53 AM
Ouens, help my soek asseblief na die naam vir hierdie gogga wat ons gister op die stoep ontdek het, snoesig in die hoek.  Hannes wou net die stuk droge tak wegskop toe hy sien dit beweeg. 
Ek het dit al op foto's gesien, maar nog nooit so groot nie. 
My internet toegang is te stadig om oop te maak en ek kan ook nie die foto's plaas van hier af nie.
Ek sal probeer verduidelik.  Dit lyk asof dit familie kan wees van die hotnotsgot (of is dit met 'n de?)
Die verskil is dat dit 'n lang nek-kop is soos 'n takkie.  Dit lyk soos 'n tak met lang bene maar dit is nie 'n tak nie.   :icon_biggrin:
Nadat Hannes dit afgeneem het wou ek dit in 'n boom gaan plaas, omdat ek bang was dat die werkers dit sou doodmaak.  Groot was my verbasing toe dit vlerke sprei wat rond is, met die mooiste kleure.  (As jy jou vingers in sirkeltjies maak en dit teen mekaar hou, dan lyk dit net so.)
Ek wil graag weet wat die naam daarvan is. 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Louis on April 14, 2012, 11:36:04 AM
weet nou nie hoe die gogga lyk nie maar dit klink vir my soos n stok hottentotsgod. sy engelse naam is stick praying mantis (Brunneria Borealis)
hulle kom in n verskeidenheid kleure voor en word tot so 7 duim lank. hulle word in america en australia as troeteldiere aangehou . snaaks genoeg is alle stok mantis wyfies. daar bestaan geen mannetjies nie. die wyfies doen self die hele bedryf. die eiers wat deur die goggas gele word, verkoop teen sowat $100 een. so haal jou vergroot glas uit en begin soek en voer uit!!!
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 14, 2012, 12:44:23 PM
Baie dankie Louis.  Dit is baie interessant.
Ek kan nie wag om by 'n plek uit te kom waar ek kan gaan google nie. Jy sal nie weet hoe 'n groot frustrasie dit vir my is nie. 
More ry ek saam met Hannes kantoor toe.  Dalk is hulle internet  op die terein sterker as myne, dan kan ek die foto's aflaai en kom opsit. 
Hierdie gogga van my se oë kan 'n mens nie sien nie.  Dit lyk ook nie of dit voelers het nie.  Ek weet ook nie wat op dees aarde dit kan eet nie, want die bekkie lyk uiters klein. Soos 'n speldekop, so lyk dit vir my!
 Ek hoop nou nie ek het 'n fortuin in my hande gehad en dit laat wegkom nie.   :icon_biggrin: Dit kan nogal interessant wees om 'n boedery te begin met 'n gogga wat nie 'n maatjie nodig het nie!  :icon_scratch:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Louis on April 14, 2012, 01:13:17 PM
daar is ook natuurlik nog n gogga wat soos n stokkie lyk en hy word nogal redelik groot(lank en dun)
weet nou nie wat jy hom sal noem in afr nie - seker stok gogga. in engels is dit juis 'stick insect'
sy deurmekaarnaam is Phasmatodea en hulle kom ook in klomp kleure voor. ek dink ook hulle is plantvreters. n redelike normale gogga aangesien hulle darem in albei geslagte voorkom....hehe
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 14, 2012, 01:41:20 PM
 :icon_biggrin: Hierdie een kon net 'n mannetjie gewees het, geen vrou kan so lelik wees nie.  :icon_biggrin:
Dit is maar net 'n grappie.  Ek kan my nogal self vereenselwig met die stokgogga, want dit is grys en het sulke vlekke op soos sommige bome se bas.  Ek sweer as daai gogga op 'n boom se stam sit sal jy daaraan moet vat, sodat dit kan beweeg, voordat jy sal weet dit is daar.  Ek is ook amper oortuig daarvan die gogga 'n naggogga is.  Dit het heel rustig in die boom waarin ek dit gisteroggend geplaas het, gesit en slaap.  Vanoggend is hy/sy weg.  Waar op dees aarde sal ek nou na my gogga gaan soek?

Voorgister het ek 'n kriek gesien.  Hy het amper soos 'n bloukrap gelyk. Jy ken seker daardie wat in die kokospalms klouter.  Net nie so groot nie, so groot soos 'n koringkriek. Ongelukkig het Hannes die kamara saam met hom werk toe geneem.  Sodra ek kan google wil ek dit gaan soek. 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Louis on April 14, 2012, 08:21:27 PM
jislaaik!!! is jy seker julle is in Botswana?  het julle nie dalk te vroeg links afgedraai en in die land van vreemde goggas beland nie??
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Angelica on April 15, 2012, 01:04:28 AM
Eeeeek....friekin, friekin goggas!!  en julle bespreek die goed asof dit 'n lehen is.
Wie betaal, nogal in $$$$$, vir 'n stokkiegogga-eier??
Hier by ons in die NSA sal die ding nie eens tyd kry vir eiers le nie, hy sal direk pot toe saam met die marog. 
Snap daai gogga as jy hom weer sien. Skud net eers die bed uit voor julle saans inkruip.  Klink vir my na 'n wille plek waar julle nou is.
Hamba gahle..  of so iets.
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Naas on April 15, 2012, 09:29:40 AM
In 'n land waar muise soos sosaties op stokkies gaargemaak word is goggies deel van die protienlyn.
Gerookte kakkelakboutjies op geroosterde daggakoekies is my gunsteling. Na die eerste hap is jy so kalm dat self die donkie vir jou giggel.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 15, 2012, 10:18:51 AM
 :icon_biggrin:  DIT  kan werk om 'n ou kalm te hou!   :icon_biggrin:
Al het ek 'n paar merke om van spinneskoppe se byte te getuig, is ek gelukkig nie bang vir hulle nie.  'n Mens moet hulle net kan sien en ek beloof, hier vee ons so vyf grootes in die oggend uit wat onder die Doom deurgeloop het.   :icon_biggrin: Ons sit ook nie 'n voet in 'n skoen voordat dit deeglik uitgeklop is nie.   :icon_biggrin:  Ons spuit maar deeglik agter en onder alles voordat ons eet, trek die deur toe en as ons gaan slaap is dit met 'n meer geruste hart. 
Ek is nou by die "kantoor" en sal nou-nou poog om 'n foto op te sit.  Wag net vir Hannes wat op terein is met die kamera! 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 15, 2012, 11:38:23 AM
(http://i1188.photobucket.com/albums/z420/petronella6/Isangengogga003-1.jpg)
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 15, 2012, 12:19:31 PM
(http://i1188.photobucket.com/albums/z420/petronella6/Isangengogga006.jpg)
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 15, 2012, 12:36:57 PM
Hier is die gogga nou.  Die eerste een is van gogga toegevou en die tweede een is waar die vlerke wys.  Nou gaan ek gou soek of ek 'n benaming vir hom kry.
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Naas on April 15, 2012, 03:49:46 PM
Dit is wat ons as 'n Stokspinnekop ken.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Louis on April 15, 2012, 09:14:16 PM
ja nee wat dit is daai stokgogga (stick insect). die goed lyk darem weird. wil darem nie so ding he as n troeteldier nie - die simpel ding kan in elk geval nie eers blaf nie
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Angelica on April 16, 2012, 03:00:48 AM
Het die ding 'n voor- en agterkant?
Of is dit onder- en bokant?
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Meraai vannie Baai on April 16, 2012, 07:41:28 AM
Kan my altyd verkyk as hulle so sit en wieg.... of hulle mik en weeg - en niks verder kom nie  :toothy4:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 16, 2012, 07:54:52 AM
Ag, die tyd het my gister ingehaal, ek kon nie meer inligting kry as 1,500 eiers, wat soos saadjies lyk en baie lank dormant kan lê voordat dit uitbroei en hulle eet plantmateriaal.

Louis, dit klink vir my na die ideale troeteldier.  Sit hom op 'n blaarslaai en gaan weg vir 'n maand of drie.   :icon_biggrin:

Elsabé, dit lyk vir my ook na 'n bo-kant en 'n onderkant, alkant selfkant.  :icon_biggrin:

Naas, hierdie is net 'n halwe spinnekop, dit lyk vir my of hy net vier bene het. 

Raaitjie, dan kan ons hom 'n "wiegstokspinneskop" noem.   :icon_biggrin:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Naas on April 16, 2012, 03:46:15 PM
Alhoewel dit 'n insek is word dit wel stokspinnekop, stokinsek of stokgogga genoem, afhangende van die streek.
My nefie en niggie wat nie van hottentot mag praat nie en nie die here se naam ydelik mag gebruik nie het van 'n hotnotsgod as 'n outajesus gepraat.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Meraai vannie Baai on April 17, 2012, 01:39:23 AM
Hehehehe PM ek sien al - Wiegstokspinneskop!

Naas ek het hierdie kabouterwysheid van jou fam lankal by ons ou boekie van woorde gaan bewaar en vandag verskaf dit nog net soveel plesier  :icon_biggrin:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 18, 2012, 03:45:09 PM
O hallie ha!  :sign10: Outajesus!  :sign10: Dit is hoekom hierdie tipe goed herhaal moet word, want ek het dit nie eerste keer gemis. 

Dit bring darem 'n lag in my dag.  Ons kleinkind, Danique, is vanoggend gebore, 4,1 Kilogram! en ek kom nou eers hier op terein aan opsoek na 'n fototjie, maar niks.  Sonder krag kan batterye nie laai nie en sonder battery kan my skootbrakkie nie blaf nie.  Selfone werk ook met batterye! My frustrasies is hemelhoog en my trane bly oor die walle stoot.  Damn!
Ek was al lus en gryp 'n stokgogga vir iemand se 0, maar dit is heeltemal te dun! Ek is ook nou 0vol om in koue water te stort en ek verlang na my ma! Ag voertsek Petronella!
Title: Re: PM en Botswana
Post by: werelde weg on April 18, 2012, 04:26:00 PM
is ek gerook of wat... maar daai is nie n spinnekop nie dis n stok insek... soos een van daai gode waarvan naas praat met die lelike hot en not klankie...
moet se outajesus werk nogals vir my  :munky2:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: werelde weg on April 18, 2012, 04:27:19 PM
wyn roos is al wat help patrys  :headbang:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 18, 2012, 04:31:40 PM
O nee!  Nie maklik nie!  As ek gewyn raak hak ek my goed op 'n stok en ek loop weg!  :icon_biggrin:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 19, 2012, 08:54:04 AM
Oeps!  Julle wil nie weet nie.  Vieruur vanoggend toe gooi 'n rondloper hond die asblik hier op die stoep teen die trappe af.  Ons wou net weer aan die slaap raak toe trip die krag weer, so teen vyfuur se kant. Ek kyk deur die venster en sien die gebou oorkant ons is darem nou baie mooi oranje en besef "daar is 'n vuur". 
As jy nog nie 'n grasdak gesien brand het nie, het jy nie vuur in al sy glorie ervaar nie.  Mensig, dit was 'n skouspel. Die lodge se kombuis en eetsaal, wat alleenstaande is, was aan die brand.  Net links van die kombuis, so 15 meter duskant, is drie rondawels, pas langs mekaar.  Die eerste een langs die kombuis is die ontvangs. Ons staan eenkant, weet van goed wat ontplof in so 'n vuur en ons het reeds vroëer die gasbottels teen die kombuis se muur waargeneem.  My hart klop benoud oor al die personeel wat luidkeels tussen die kombuis en ontvangs saamdrom en party loop knap by die brand verby om selfoonfoto's te neem. 'n Mens kan sien dat hulle geen benul het van brandprosedures nie. 
Kort-kort is daar 'n ontploffing. Dit klink soos bottels wat bars. Dan bars die vensters en die suurstof sorg vir 'n brand wat ten hemele lek.  Jy sien net mense wegskarrel! Nou is hulle tjoepstil.
Die grasdak tuimel ineen en die vonke sorg vir 'n asemrowende prentjie.

Alhoewel daar nie wind waai nie, dwarrel die vonke oor ontvans se dak. Ek seg vir Hannes, hier kom moeilikgeite, hulle sal daardie dakke moet natspuit.
Waarmee? Ons het nie eers waterdruk om mee te stort nie. 
Ons woorde was nog nie koud nie, toe vat dit vlam.  Toe skarrel almal wat in die omgewing is weer luidkeels om die kantoormeubels, rekenaars en ander belangrike goed uit te dra. 
Dit is bykans sesuur toe die brandweer opdaag.  Die manne val oor hul eie voete.  Dit lyk asof niemand weet wat om te doen nie.  Die kombuis en eetsaal is in elk geval nie te red nie. Die brandende balke en stoele en tafels lyk soos 'n prentjie uit 'n film.
Die brandweermanne probeer die pype koppel, maar nee, dit pas nie so mooi nie.  Na dertig minute se gesukkel spuit die eerste water op ontvangs se dak. Teen daardie tyd het die son lankal sy kop oor die koppe kom lig om die spulletjie gade te slaan. 
Langs my staan een van Hannes se werkers. 
"Eish, mama, nou gaan ons twee weke wag vir krag!"
Terug by die kamer is 'n ou-stokou swartman.  Hy sit daar op die trappie en praat met Hannes, mooi in Afrikaans: Oupa, ek het hulle al baja keer gesê dat hulle nog groot moeilikgeite gaan kry met dié mense wat die krag werk sonder 'n ticket, maar hulle wil niks hoor nie..." en om hom bars 'n luide gesprek uit.  Net daar besluit ek dat ek nie vandag daar sal vrede kry nie.   
Teen die tyd wat ons gery het, het hulle nog gesukkel om die smeulende gras van die grasdak af te trek wat knaend van voor af begin brand.
By die hek stop Hannes by die "managing director".  Sy het 'n groot glimlag om haar mond.
"Electric fault. It started in the kitchen. Beyond our controle. Do'nt worry, we will make a plan for food tonight."
Ons sal sien.
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on April 19, 2012, 10:42:38 AM
Genade - wat 'n belewenis !
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 21, 2012, 08:53:44 AM
Die aand voor die brand het Hannes my sumier onthef van kosmaak. Hy sê dit is te veel moeite en ongerieflik.  Om potte en skottelgoed in 'n wasbak te was is ook nie so lekker nie.
Die volgende oggend het hy my maar so ewe verlee weer aangestel as kok.  :icon_biggrin:

Gister is die water en krag weer herstel.  Nou kan ons sien waar ons gaan en in warm water was. Ons yskassie werk weer en ons kan elektriekwater kry vir koffie.  Gaswater is net nie so lekker nie.  :icon_biggrin:
"We will make a plan for tonight" het natuurlik nie gerealiseer nie. 
Eergisteraand toe vra ek vir die kok (grappender gewys) wat is op die spyskaart, toe sit so 'n lang drel langs hom en sê vir my daar is nie kos nie, kan ek nie sien die kombuis het afgebrand nie.
Ek draai my kop na die kombuis se kant toe en antwoord hom: Oh, what are you telling me?  So sorry, I did not see it, but I see the fire place is still in tact, would you mind if I use it?
Die flippen swaap!
Gisteraand het ons 'n vleisie gebraai met gas-noodles en gas-groente.  Soos gewoonlik is daar nog genoeg oor vir vanaand.  :icon_biggrin:
Ek is net te dankbaar ons hoef nie weer te trek nie. 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on April 21, 2012, 09:17:53 AM
 :triplets:  julle gaan weer trek - en 'n Kaapse draai maak  :toothy4:

kan hulle nie grappe snap nie - ook maar goed eks' nie daar nie - my lont is te kort  :love7:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: adele on April 21, 2012, 10:02:29 AM
aai, PM, ons is sooo bly dis nie julle slaapplekkie wat 'n electric short gekry het nie.
en julle stokkiewyfie laat my dink aan die gesegde:

om jou te bekommer is soos 'n skommelstoel, dit hou jou besig maar bring jou nerens nie.
dus, om te stress is soos 'n stokgogga, hy wieg heeldag en kom nerens nie.
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 21, 2012, 10:22:35 AM
Pragtig gestel Adéle. Meraai sal dit beslis kom oes. 

Jy praat!  Ek kan my nie indink hoe 'n ou kan staan en kyk hoe jou goed afbrand nie. 
Dan duik die vraag weer op, wat sou jy eerste gegryp en gehol het?
Hannes sê sy beursie en ek sê my rekenaar.  Gelukkig is ons paspoorte en dokumentasie in die bakkie se paneelkissie. 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 22, 2012, 07:43:57 AM
Daar word streng reels op die perseel waar Hannes werk toegepas. 
Die kantore is 30 meter van die hek af, maar veiligheidsgordels moet aan wees, al is die spoedbeperking 20k per uur.   :icon_biggrin:
So ook mag die omgewing nie versteur word nie, al is daar meer as 'n vierkante kilometer ontbos om die substasie te bou. 
Langs die omheining van die "lewendige area", dit is nou waar die transformators in werking gestel word, is twee mobiele toilette opgerig vir elke firma wat daar werk se mense.  Hannes en sy span het laaste op die perseel aangekom, so hulle toilette staan op die verste punt. 
Toe een van die manne die deur oopmaak ontdek hy 'n meter lange pofadder, so dik soos 'n man so bo-arm, daarin.  Hulle moes die sekuriteitswag inroep om dit te vang en 'n paar kilometers verder te gaan loslaat. 
Daar is niks waarvoor ek skrik nie, maar oeeee... slange...
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 22, 2012, 08:22:41 AM
Dit is nou bykans 'n maand wat ek hier in eensame opsluiting is. 
Gister het Hannes hulle tot sesuur gewerk en vandag sal dit seker ook so gaan.
Gister was ons weer die heeldag sonder krag.  Ek het al aan my polse begin kou van frustrasie.
Gister laatmiddag spring hier toe 'n wind uit die bos uit wat skrik vir niks.  Vanoggend sesuur toe val hier 'n paar druppels, maar dit is nie eers stofnat nie.
Nou sit ek hier en wonder wat doen almal van julle op hierdie oomblik.  Ek wens hier was net een siel met wie ek kon praat. 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on April 22, 2012, 10:01:28 AM
Dit moet erg wees om omring te wees met pofadders en gin stuk mens wat kan praat nie, want almal moet werk ...
ek kan die sonder 'n siel  hanteer - maar die poffies ... oh wereld nee!! 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Naas on April 22, 2012, 12:09:05 PM
En nou verstaan jy hoekom Eva met die paradysslang geheul het.
Daar was niemand anders om mee te praat nie. Sy was alleen en Adam was by die werk.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 23, 2012, 03:37:58 AM
Jy speel!   :icon_biggrin:
Hy het onder die appelboom gelê en slaap! Daai jare was werk nog net die toekoms. 

Hannes sê ons behoort teen Saterdag klaar te wees, dan kan ons huistoe gaan.   :icon_cheers: (Ek gebruik maar hierdie gatseggie, want ek wil nie té opgewonde raak nie.  Ken mos die proses.)

Title: Re: PM en Botswana
Post by: Ah Willa on April 23, 2012, 08:52:43 AM
Ja Adam het onder die Appelboom geslaap terwyl Eva vrute vir aandete moes gaan pluk het  :notworthy:

Ek bid hard dat julle dan nou binnekort terugkeer na eie huisie - en spoedig onder innie mooie Kaaps vir 'n hele paar maande :-)
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Fransi on April 23, 2012, 12:05:55 PM
 :hello:

Ampertjies verby. Sterkte vir die laaste paar dae!

Title: Re: PM en Botswana
Post by: Trapsoetjie on April 23, 2012, 03:13:24 PM
Nooit het julle geweet, daar gooi hulle vuurwerke sommer vir die sommer so...baie bly julle is okay.

 :angel12:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 24, 2012, 05:45:24 AM
Gister kon Hanneshulle nie die laaste drie bushings opsit nie.  Die coronas pas nie.  Nou moet ons wag dat hulle nuwes van Pretoria af stuur.  Dit kan ons 'n week vertraag.  :crybaby2:
My tone en vuiste is blou geskop en geslaan, maar al die baklei teen die prikels help niks. Dit bring net meer prikkels.  Vanoggend vieruur het ons krag weer gegroet.  My skootbrakkie se battery hou nie lank nie.
Ek kan tog niks verander nie, net van blyplek.  :icon_biggrin:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 25, 2012, 06:57:09 AM
Vandag lyk dit na reën, as die vogtigheid te hoog is kan hulle ook nie werk nie.

Gisteraand toe ons by die lodge kom, het die ape feesgevier op ons gazebo'tjie.  Die tafels wat buite staan vol pie en poe! Die hele Botswana se ape moes hier gewees het.

Nog 'n ding wat my hewig ontstel, is die diere wat so langs die pad doodgery word.  Gister het ons weer 'n koei en 'n donkie dood sien le in die pad.  Die donkie is so hard getref dat sy binnegoed uitgepeul het. Onthou tog, dit is 'n snelweg.   :dontknow:
Ek seg vir Hannes dat hulle 'n wet moet uitvaardig dat die eienaars van die diere, vir hulle diere daardie "help-my-sterk-wees-neon-oorjurkies" moet aantrek.   :icon_biggrin: Ek weet net nie wat hulle met die tarentale gaan doen nie.  Gisteroggend jaag 'n swaap tussen 'n trop tarentale in.  Jy sien net vere en "veldhoenders" waai.  Duidelik weet die dwaas nie van tarentale wat opvlieg en op sy skoot kan beland nie.  Dit maak my woedend.   :violent1:

"Swart-Afrika" seg Hannes. 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: AB on April 25, 2012, 08:12:49 PM
tarentaal kan nie net op jou skoot beland nie hulle kan die ryding se verkoeler ook breek slaan en dan staan jy langs pad.
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Naas on April 26, 2012, 03:21:18 AM
Afrika bestuurders is fatalisties. Hulle is 'n spul genies as dit by bestuur kom. Hulle genie 'n hel om wat die motor of die insittendes oorkom nie. Gowoonlik is die paaie so sleg dat die voertuie in elk geval nie lank hou nie. die nationale pad deur Botswana is (was?) 'n lieflike stuk pad maar sonder grensdrade, net bree stroke skoongemaak langs die pad sodat jy die wild ver kan sien. Orals staan egter uitgebrande motorwrakke.
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 26, 2012, 04:21:31 AM
Hi AB, ek is bly om te sien jy kan nou lees en skryf.  Welkom!

Naas, hier en daar is nou grensdrade, die pad van Gabs af tot in Mahalapye is nie te sleg nie. Jy sien nog steeds so tienstuks mans en vroue wat die gras langs die kante met pangas afkap. 
Dit is nou werklik 'n kwessie van "die werk kom nie klaar nie". Sodra hulle onder uit is moet hulle weer bo begin. 

In Gabs is daar 'n hele paar groot sirkels. Dat daar nie elke dag elke uur 'n ongeluk is nie, is 'n wonderwerk.  Die mense ry, of jy nou in die sirkel is of nie, jy moet maar wag.  Dit lyk asof 80% van die bestuurders vrouens is.  Die meeste van die tyd is daar nog kinders ook in die voertuie. By die winkelsentra is dit 'n nagmerrie.  Daar is absoluut geen orde nie. Hannes het ook nou al geleer, jy druk in of jy staan vir ewig en wag. 
Ons gunsteling speletjie is "spot the white".   :icon_biggrin:
Ons het 'n klein winkelsentrumpie ontdek, so 15 kilometer van die lodge af in Mochodi.  Daar is 'n Spar wat redelik voorraad aanhou. "Spitstyd" is "nagtyd", dan bly jy liewers daar weg. 
Daar het ons 'n groente gesien, 'n groot blaar wat baie soos spinasie lyk.  Hulle "roep" hom "rape".
Ek vra toe vir die "kok" hier by die lodge hoe maak 'n mens die "raapie" gaar. Ek moes verduidelik waarvan ek praat, want 'n mens noem dit "rape" (soos in Engels) seg hy.  Natuurlik het hy nie die grappie gevang toe ek seg dat "rape" heeltemal iets anders is nie.  Maar nou-ja-toe!

Ons sal Hannes se verjaarsdag (1Mei) hier in die bos vier.  Ek het gisteraand in my wyn verstik toe hy sê dat die olietankers drie dae vertraag sal wees,  WANT die transportafdeling se meidsie het vergeet om die padwaardigheids-sertifikate te hernu.  Dit is ook nie haar skuld nie, want sy het al 'n maand gelede aangevra vir 'n tjek by finansies, maar hulle het dit nog nie uitgemaak nie.  Nou moet hulle die olie eers weer terug pomp, die trokke invat vir die toets en sertifikate, dan weer die tankers volmaak en dan kan ons aangaan. Goeie genade! Ek sou my badwater gedrink het, as ek net badwater gehad het.  Met of sonder brandewyn!
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Meraai vannie Baai on April 26, 2012, 06:12:54 AM
Verlang pak my toe so beet dat ek bottels en fopspene so effens eenkant toe stoot vir eers - steriliseer kan nou so halfuur wag want ek moet eers loer hoe gaan dit met onse mensies in die boendoes. Hene PM dit moes arige gesig gewees het!! Wonder ek nou was gaan aandete wees en waarmee en waar sou die kok beplan om dit voor te berei :toothy4:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 26, 2012, 03:44:15 PM
Hulle het die rondawel langs die afgebrande ontvangs, leeg gemaak vir 'n kombuis.  Dit is in elk geval baie groter as die vorige kombuis.  Daar is 'n tweeplaatstofie en 'n gasplaat.  Wat wil jy nou meer!
Ek kook op 'n eenplaat gasstofie buite op die stoep.  Het nog nooit my verbeelding so wild ingespan nie.  Verbeel my ek hou vakansie in die Kruger Wildtuin.  :icon_biggrin: Tussen slange en skerpioene.
Ons moet mooi kyk waar ons loop. Jy kan ook nie waag om 'n skoen sommer net aan te trek nie, skud maar eers die skerpioene uit. 
Ons het die grootste duisendpoot afgeneem wat ek nog gesien het.  Sodra ek weer by die "stasie" is sal ek die foto's opsit as die sein my toelaat. 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Naas on April 26, 2012, 06:26:10 PM
Jy moet die slange en skerpioene innie pot gooi. Slangvleis is baie lekker.
As Eva die slang stede van die vy geeet het was ons dalk nog innie Paddadys maar toe hou hulle mos vir hulle vegetaries.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on April 26, 2012, 09:01:44 PM
Haai Naas, ek neem haar gladnie kwalik nie hoor.  Ek het daar by AB se plek heerlike gerookte vye ge-oes, en jy het net so lekker saam ge-eet!  :icon_biggrin: Maar nou moet ek bysê, 'n behoorlike Jacob Regop is darem ook nou nie te versmaai nie! Moeilike keuse! Vleis of nie vleis nie!  :icon_biggrin:

Ek het eintlik hierdie onderwerp besoek vanaand, om skuus te sê oor my gektjorts en gekerm vandat ons hier aangeland het.  Soms skop en grou ek so teen die ongerief en harde werk, dat ek skoon vergeet om my oë op te slaan na die sterrehemel.  Haai julle, dit is so mooi!  Daar aan die hemelspan wys vier sterre!  Reguit Kaap toe!  :sign10:  Dalk is dit 'n teken?

Dit is nie altyd maklik nie, maar die saam gesels op die forum maak die lewe vir my draagliker.  Ek lief julle. 

O ja, soos gewoonlik het ons eers weer 'n paar goetertjies gaan soek wat dringend noodsaaklik is om die projek lewendig te hou.  Voor ons ry 'n motor en ek kyk die ding so en seg vir Hannes: "Hierdie kar doen nou die formumdans, julle weet, soos PM se boudjies! :bootyshake:
Ek het in my lewe nog nooit gesien dat 'n voertuig so kan wieg met die wegtrekslag nie.  Maar nou-ja, ons is in Botswana! Hier is alles moontlik!

Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on May 04, 2012, 04:02:44 PM
Gisteraand se geen water en krag het beslis die kameel se rug gebreek.  Ons het vanoggend gepak en Gabz toe getrek.  Dit is nog Bosswanna waar more nog 'n dag is, hurry up and wait, maar hier is 'n behoorlike stort en water en krag en internetsein en telfoonseine.  Die kamer is effens ruimer en buite is 'n stoep met 'n grasdak en 'n tafeltjie en twee stoele.  Haai julle, hier is groen gras! EN ons hoef nie 15 mislike trappe te klim tot by ons kamer nie! Ons het tog lugreëling ook en ek het nog nie 'n aap gesien nie. 
Maandag teken hulle die projek af en Dinsdag is my en Hannes se verjaarsdag!   :hello2: Ons kan nie wag om tuis te kom nie. 

Title: Re: PM en Botswana
Post by: Naas on May 04, 2012, 04:21:34 PM
So die arme donkie is nou alleen. fooitog.
Bly dinge is bietjie beter vir julle.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on May 04, 2012, 04:26:32 PM
Ja foeitog, hy het so gehuil toe ons gery het, toe sê Hannes: nou moet ons Naas se donkie agterlaat.
Ek belowe jou, dit gaan nou baie beter en ek het werklik nie besef hoeveel al die dinge aan Hannes gevat het nie.  Toe ons vanmiddag 'n bietjie sit na die gepakkery sê hy dankie dat ek al die opofferings gemaak het, maar hy was ook daar, elke "step of the way".  Daar kan net een ding erger wees, en dit is om sonder hom te wees.  Nip, dit kan nie werk nie.
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on May 04, 2012, 04:56:15 PM
Hannes vra hoeveel van julle besef dat 'n mens nie 'n spoeltoilet kan gebruik as
daar nie water is nie.  :icon_biggrin:
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on May 05, 2012, 07:28:26 AM
Hannes vra ook dat julle geduldig moet wees.  Hy kan nie by die forum inkom nie, sy sleutelwoord het verander en sy rekenaar is in die boskantoor. 
Hy vra of julle weet dat die e-posse met Intercape Bosswanna toe kom?
Title: Re: PM en Botswana
Post by: Angelica on May 06, 2012, 12:28:53 PM
Ek lees, en sowaar, ek smile weer na dae van rou.
Geluk met julle se verjaarsdag. 
Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on May 06, 2012, 07:55:50 PM
Ek hou niks van hierdie van "na dae van rou" nie, want ek weet nie waarvan jy praat nie.  Ek weet net dat ek jou liederlik gemis het en elke dag gewonder het waar jy is en of daar iets fout is! Julle verstaan ook nie dat ek my pimpel en pers stres as een van julle nie hier is om saam te kuier nie.  Matertjie, praat met ons.  Ons is hier om mekaar te ondersteun en te onderskraag!

Ja nê, ons hou heerlik vakansie hier in die beter wyke van Bosswanna! (Dankie Naas, dit is die beste beskrywing ooit!) Dit was 'n nagmerrie, maar dit is nou verby!

Ons het vandag 'n hasie gehad wat kom kuier het, gelukkig het ons nog 'n blaarslaai gehad om hom te voer. 
Hannes het homself half simpel gelag oor die "hasie en donkie storie" van Naas.  Hy kyk die volmaan so en sê: daardie haas in die maan het beslis nie sy ore vir die donkie geleen nie".
 Op daardie oomblik, hop daar 'n donker gekleurde hasie om die hoek van ons kamer, en Hannes sing uit volle bors:  "Hasie, hoekom is jou stert so kort!"  en hy sê, so gelyk saam met my: Dit is tyd om Kaap toe te gaan! Ek mis my familie!

Al weet julle dit nie, ons klou so vas aan julle, as dit sleg gaan met ons, dan weet ons nog altyd dat julle daar is en dit bring vir ons oneindig baie berusting.  Julle liefde dra ons deur moeilike tye.  Almal sal dit sekerlik nie verstaan nie, maar dit is hoe dit is.

Ons kyk vanmiddag na 'n TV-program.  'n Advertensie oor Sanlam.  Hannes sê:  Sanlam en ma kyk na die kleingoed.  Dit is mos Hannes!

 

Title: Re: PM en Botswana
Post by: PM on May 06, 2012, 08:32:12 PM
Ek is so jammer Elsabé, ek het nie jou eerste bydrae gelees nie.  Weet net dat ons aan jou dink en as daar enigsinds iets is waarmee ons kan help, moenie skroom om dit te noem nie.  Ons hou jou in ons gedagtes en styf teen ons harte vas.  Nog twee dae, dan is ons terug in "die land".  Sal jou beslis skakel!