Die Biblioteek > Die woordmandjie/Skrywers-skatkis

Opgenoster

<< < (2/3) > >>

PM:
Hierdie woordmandjie sal nog lank hier wees vir baie nasate om te geniet.  Al bestaan die forum nie meer nie, dit sal in die kuberruimte bly. 

Naas:
My pynpille skop nou in nou maak ek hallusinasie rympies soos Ra Raaitjie se bunji spinnekoppe.
Ek dink ek gaan nou maar eers katel toe donder.

 :icon_bigsmurf:

PM:
Ek is kort op jou hakke, skuif bietjie op en maak vir my 'n plekkie.
Lekker slaap, ek lief julle.   :sleepy1:

Meraai vannie Baai:
Wou nou net vra of julle drietjies dan nooit meer slaap nie?  :love7: Nag maters. Lief julle stukkend.

PM:
Hiers ek weer.  Vanoggend on sewe uur is ons huis in 'n malle meule omskep.  Die dennekwas plafon in die familiekamer word herstel na die baie reen.  Die kwartrondtes moet vervang word.  Dit is 'n gekap uit 'n ander wêreld. 
Die kontrakteur wat ek gekry het om die dak te herstel het dit opgenoster.  R55 000 later swem ons as dit reen. en "So what for white cotractors".  Nou het ek 'n swartman gekry.  Waar ek die blanke se werkers van ete en drinke moes voorsien, voorsien hy self vir hulle.  Hulle pla my ook nie kort-kort met - kan jy my help met 'n hamer of 'n bytel of 'n dit of 'n dat nie - terwyl die baas by die straat is nie,
hulle het al hul eie gereedskap en hulle baas werk saam met hulle.  Miskien is ek die derde keer gelukkig!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version