Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Lox on July 20, 2011, 10:10:30 AM

Title: potte an panne
Post by: Lox on July 20, 2011, 10:10:30 AM
my vrou vra my nou net:

wat is die verskil tussen 'n pot en kastrol. wanneer is dit wie?

het die een 'n steel aan soos 'n diep pan?
Title: Re: potte an panne
Post by: PM on July 20, 2011, 10:28:09 AM
Die woordeboek sê dat 'n kastrol gewoonlik 'n steel aan het. 
Title: Re: potte an panne
Post by: Naas on July 20, 2011, 10:46:02 AM
M.a.w. 'n kastrol is 'n manlike pot.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: potte an panne
Post by: Trapsoetjie on July 20, 2011, 11:08:34 AM
M.a.w. Ons gaan bol-le-rol as jy my kas-te-rol vat.. :icon_biggrin:

Nou leer ek ook iets.


 :angel12:
Title: Re: potte an panne
Post by: Meraai vannie Baai on July 20, 2011, 11:52:04 AM
Ek verstaan nou eerste keer hoekom ek alles in 'n kastrol verbrand. Die goed word te warm! Van nou af is ek potte vrou  :headbang:
Title: Re: potte an panne
Post by: Lox on July 20, 2011, 12:57:07 PM
dankie julle nou kan ek my vrou ook inlig.

dis nie nou meer elke pot kry sy deksel nie maar elke pot kry sy kastrol en vice versa
Title: Re: potte an panne
Post by: PM on July 20, 2011, 01:43:45 PM
Julle is soooo skerp!  Dit is heerlik om so om 'n vaatjie saam te kuier!  (Het ek nou die klok hoor lui maar weet nie waar hang die stingel steel nie?  :icon_biggrin: )
Title: Re: potte an panne
Post by: Jeannedarc on July 20, 2011, 02:20:07 PM
PM

dalkies kuier jy 'n "snuffelbuffel uit 'n bos"
Title: Re: potte an panne
Post by: PM on July 20, 2011, 05:15:45 PM
Hê-hê  ê  ê  dalk kom snuffelbuffel snuffel op plekke waar hy nie mag snuffel nie.   :bootyshake: