Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: Meraai vannie Baai on April 15, 2012, 11:47:11 PM

Title: PM se "luipot"
Post by: Meraai vannie Baai on April 15, 2012, 11:47:11 PM
"luipot" (slow cooker)  :hello2: :notworthy: :book1:
Title: Re: PM se "luipot"
Post by: PM on April 16, 2012, 07:17:39 AM
Raaitjie, miskien is daar nog 'n paar ouens wat 'n Afrikaanse naam wil gee vir die "luipot".
Title: Re: PM se "luipot"
Post by: Meraai vannie Baai on April 16, 2012, 07:34:45 AM
Sal wonderlik wees as ons nog 'n paar kan kry. Mal oor joune  :bootyshake:
Title: Re: PM se "luipot"
Post by: PM on April 16, 2012, 08:00:37 AM
Dankie Raaitjie, ek het ook gedink aan "prutpot". 
Kan dalk werk as jy so 'n halfrym wil inpas iewers.  :icon_biggrin:
Title: Re: PM se "luipot"
Post by: Meraai vannie Baai on April 17, 2012, 02:04:39 AM
Ek lief jou luipot-prutpot Piet Magriet :hello2: :book1:
Title: Re: PM se "luipot"
Post by: Angelica on April 17, 2012, 06:52:19 PM
Ou soetjies-prut.
Luipot.
Title: Re: PM se "luipot"
Post by: Meraai vannie Baai on April 18, 2012, 05:45:43 AM
Is ons taal nie betowerend mooi nie Angelica! Ek rol julle beskrywende woorde oor my tong van kies tot kies en hoor  hierdie luipot van PM soetjies-suutjies prut-prut  :love7: :notworthy:
Title: Re: PM se "luipot"
Post by: Naas on April 18, 2012, 08:42:33 AM
As gevolg van die kinners suutjies-prut my moer in my luipot. Gelukkig drink ek pille wat keer dat die luipot in 'n drukpot verander en my humeur oorkook in 'n bedpot.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM se "luipot"
Post by: Meraai vannie Baai on April 18, 2012, 10:54:03 AM
Drankbaar saam met jou vir die medikasie wat hierdie konsternasie kon afkeer en verhoed Meester Naas. Sterkte en drukkie is al wat ek kan skryf en gee van diekant af  :toothy4:

As gevolg van die kinners

suutjies-prut my moer
in my luipot.

Gelukkig

drink ek pille
wat keer
dat die luipot
in 'n drukpot verander
en my humeur oorkook
in 'n bedpot.

© Naas

 :book1: :notworthy: :icon_salut:

PM jou slow cooker kan dan ook beskryf word as 'n lui-prutpot  :toothy4: Dit voel nou nes die oudae toe ons soveel pret gehad het rondom die skep van nuwe woorde en sommer klomp ander, kielielekker geboorte geskenk het op een erf!!
Title: Re: PM se "luipot"
Post by: PM on April 18, 2012, 04:36:32 PM
Nou praat jy Raaitjie.  Ek voel al sommer weer sonskyn. 
Title: Re: PM se "luipot"
Post by: Ah Willa on April 18, 2012, 05:19:07 PM
Naas hoe lekker lag ek nou - die kinders kan dankie se jy drink lagpilletjies - ek moes juis myne onlangs van een na twee vermeerder het, maar ek kan blykbaar nou net weer een gebruik om my prut-pot te laat luier :-)

As gevolg van die kinners suutjies-prut my moer in my luipot. Gelukkig drink ek pille wat keer dat die luipot in 'n drukpot verander en my humeur oorkook in 'n bedpot.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM se "luipot"
Post by: Ah Willa on April 18, 2012, 05:20:19 PM
Kyk nou net Raaitjie - ek hoop hierdie gedig van Naas kook in boek no 2  :icon_cheers: