Author Topic: As 'poppespel' ontaard inne 'biesigheit'  (Read 5443 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
As 'poppespel' ontaard inne 'biesigheit'
« on: September 01, 2013, 05:45:36 AM »
Terwyl ek weer wegkruipertjie met myself gespeel het, kry ek 'n groot persent by Outoppie en daarmee saam was so paar kreatiewe gaatjies van ledige ure genotvol gevul.  

Nooit kon dink dat die poppespel so gewilde reaksie van heinde en verre sou ontlont. Nou het dit ontaard in soort vanne 'biesigheitjie' - soos ouma Emmie vannie Kaap sou seg.

En so begin die spelery: Ek begin eksperimenteer met gom en papier vir nommerpas bolyfies soos wat ek by 'n skakel (Shabby Chic) raak gegoogle het. Onderrokkies van gevoude papier word versigtig versier met kant en lint; gekombineer met materiaal. Vergrootglase sukkel om by te hou met die fynste stikwerk.

Toe juk my hande en ek wil hoede ook begin maak. Koeldrank proppies word verbete versamel. (Poppies se koppe nie almal ewe groot mos!) Kant en lint, perels en allerhande krale word naarstiglik aangekoop. Die ouvrou leer piepkleine blommetjies maak van alles onder die son en ek trippel opgewonde. Hier kom 'n ding! Min wis ek LOL. Ek gom myself aan alles vas maar glo my vry -  lanklaas soveel pret gehad!

Laat ek gou wys hoe my pogings daar uit sien. Die poppie het al wat vrygeselridder is in Popland, wye draaie om die Lock pandok laat gooi want sy is 'n nooientjie wat haar tande slyp terwyl sy in die verte staar...



Poplap wag geduldig. Gereed LOL.



Was mos altyd verslaaf aan die ABC, nou is dit nog daar - net versteek onder sy, kant en linte.



So lekker gespeel ek wou nie gaan slaap nie  :icon_biggrin:



Na die spelery sien ek 'n paar aartappelsakke wat vir 50 sent verkoop word by ons plaaslike winkel. Baie was en was en was, en baai in die son laat meeste van die mufferasies van die moere verdwyn en ek kon begin 'skep' aan die shabby chic sakrok en -hoedjie.



Iemand merk op dat die rokkie nie te klein kan wees as hulle na die hanger kyk wat teen oom buurman se laslappie lennelam heining hang nie  :icon_biggrin:



Aspoester se rokkie het soveel reaksie gekry dat ek moes begin beplan hoe mens dit binneshuis kan uitstal. Ek wou graag die heining met sy draad en verrotte houte weergee en na bietjie kopkrap en gaan snuffel in die veld het ek 'n manier gevind wat kan werk  :love7:



Na aansporing van geliefde maters en familie se versoeke om die skeppings te bemark, besluit ek om die droom na te jaag...





Altyd gespot en gese as ek eendag groot is wil ek weer 'n dogtertjie word. Nou is ek 'groot' (pun intendend) en geniet myself ongelooflik baie. Die dorp se tannies is saam met my weer kind, en dra aan. Onder andere 'n poppie van lank gelede (versteek onder 'n plastiek-engelgewaad op 'n baie oulike stander). So kom ek en Poppie huistoe. Knip die plastiekgedoentes af, gryp die naald, garing en sak nader. Nie lank daarna staan sy daar met haar spierwitte kerksoentjies wat guitig loer - fluister sy in my oor: "as ek eendag groot is..."



*daar is 16 poppies wat wag om van kop tot toon getooi te word, hopenlik beskikbaar voor kersfees. Hierdie week gaan die eerste twee sakrokkies na SA versend word. Sonder die hout en draad natuurlik anders kraam doeane 'n rol doringdraad en skaak my goed net daar!



« Last Edit: September 01, 2013, 11:56:47 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As 'poppespel' ontaard inne 'biesigheit'
« Reply #1 on: September 01, 2013, 12:52:57 PM »
WOW!!!  Dit is viskikkik mooi Raaitjie.  Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het.  Dit is arig fyn werk.  :icon_salut:
 Hoe lank neem dit jou om een hoedjie en rokkie te maak.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: As 'poppespel' ontaard inne 'biesigheit'
« Reply #2 on: September 01, 2013, 05:36:53 PM »
Oeeee... dis pragtig!!
Maar so fyn!   :hello2:  Nou toe nou, jy is famous, girl.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: As 'poppespel' ontaard inne 'biesigheit'
« Reply #3 on: September 01, 2013, 11:55:27 PM »
Bly julle geniet ook Angelica  :notworthy: PM, die papiermache bolyfie neem so twee dae om droog en hard te word. Hopenlik sal dit nou gouer gebeur sodra dit warmer word. Dan sny ek dit van die poppie af en knip die vorm uit wat ek wil he. Terwyl die bodice' droog word, doen ek die ryg- en stikwerk, krale/lint/blomme vir rompie & maak die hoedjie.

Die rokkies is 'shabby chic art dresses' en die kombinasie van papier onderrokke en materiaal lae ens. maak van dit 'n heerlike versamelingsprojek. Die heel eerste probeerslag het ek vir ons prinsessie gemaak (na hartelus versier) Ongelukkig het gewone boekblaaie wat gebruik was vir bodeel, baie bulky uitgekom; moes die bolyfie toe bedek met materiaal waar dit te erg gelyk het LOL. Die saamgestelde foto hier onder wys soort van die proses.

Die ander bolyfies het ek toe van papierhanddoek begin maak wat baie beter gewerk het en kon ek die vorm net so gebruik. Die papier het ek ook in vorms geknip wat help dat dit nie so bonkig uitkom soos wanneer jy net die papier skeur om die bodeel te vorm nie. Met die swart uitrusting het ek die gom voor die tyd gekleur en 'n sterker handdoekpapier gebruik. Die eindresultaat voel en lyk nou soos leer. Outop maak vir my die hangertjies.

« Last Edit: September 02, 2013, 12:08:27 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As 'poppespel' ontaard inne 'biesigheit'
« Reply #4 on: September 02, 2013, 09:10:26 AM »
Dit is werklik pragtig.  Ek glo dat 'n mens jou heerlik daarin kan uitleef.  Voorspoed met 'n pragtige projek.  Jy mag dit in die winkeltjie adverteer Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: As 'poppespel' ontaard inne 'biesigheit'
« Reply #5 on: September 02, 2013, 09:34:57 AM »
Pragtig!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: As 'poppespel' ontaard inne 'biesigheit'
« Reply #6 on: September 02, 2013, 10:53:21 AM »
vrek daai klere is so klein, hoe kry ens dit vasgewerk?
Dokters opleiding vir steke insit?