Bak en brou > Pasta, aartappels en rys

Biltong pasta

(1/1)

Terry:
500 ml witsous
30 ml (2 e) groenpeperkorrels
sout na smaak
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
500 g sampioene
150 g biltong
250 g pennepasta, gekook en gedreineer

    Meng die witsous en groenpeperkorrels en geur met die sout.
    Verhit die olie en braai die ui en knoffel tot geurig.
    Voeg die sampioene by, roer deur en braai tot gaar.
    Meng die uiemengsel en biltong met die witsous en roer deur die pasta.

Angelica:
Klink heerlik.

PM:
Maklik om te maak en heerlik om te eet!   :hello2:

Navigation

[0] Message Index

Go to full version