En weet julle hoe is Koos gekoop by die Algemene Handelaar op die klein dorpie?
My tannie hulle het so plek gehad... Niks plastiek nie, net sink skottels, emalje en erde en lapet bekers, hout Oupa-staan-horlosies (koek-koek), mieliemeel, suiker, kerse, blikkies kos, carnation en kondensmelk, vars melk, vars brood, lap, noem dit... alles daar... en n skaal... op die toonbank, en papiersakke, bruines..... En op die rak, agter my oom se toonbank... die Kose...
Ouma kom koop, en ek drentel met kort broekie en uitgewaste hempie (hy kom van klomp ander kinders af...) saam... dalk kry ek nikerball of drop .... Ouma het haarnet op die kop, te groot vals tande en die mooiste mooi blou ogies, hobbel-ruggie, maar netjiese hakskoene vir dorptoe en n handsak wat pas.... hoed in die hand, want die bolla wil nie werk nie...
Sy vra my oom... oor die potte... Sy is nie skaam nie, want hy het mos ook een...
Ek hoor hoe vra hy die grote... en sy antwoord, wat ek tot die dag wat ek my verstand verloor sal onthou...
"Niklaas...hy moes so twee pisse kan vat..."
En moenie dink sy was nie opgevoed nie, nee, dis hoe hulle gepraat het. My ouma hulle was suinig maar gerespekteerde boere...
Ta' Annie is waardig.... maar daardie was die 'size'......
Ek het met sulke groot oge agter die meelsakke gestaan.... ingeprent soos die gebooie op klip...
Oom Niklaas het eerste Koos gevat op 2de rak...nommer pas....