Die kuierstoep > Die Gorrel plek

Rooiwyn

<< < (2/3) > >>

PM:
Ek is so bly jy is terug Raaitjie en ek spring nou op my besempie!  Lief die glasies!  Een pienketjie en een persetjie.   :icon_biggrin:  Skink solank Sustertjie!   :love7:

Hannes het my toe kom haal en ek het drie dae in 'n donkerkamer gebly.  Toe ontdek ek hierdie "voormanshuis" op die plaas.  Alles is wit, die vloere, die mure, die gordyne en beddegoed.  Nou is ek baie gelukkig.  Steeds alleen, maar tevrede. 

Meraai vannie Baai:
Pienk en pers sal dit wees  :love7: Geniet jou voormanshuis matertjie! Sneppies groot seblief!! Jare gelede toe my pa nog nie self geboer het nie, het ons die voorreg gehad om in so huis te woon, klein entjie van die 'groothuis' en dit is deel van my onthou's. My ma se grootste bekommernis en werk was dat ons nie te hard moet lag nie want die baas van die plaas is net 'n klipgooi ver! Vertel nou vir vyf kinders om stigtelik te lag en speel. Ek giggel nog steeds vir alles en dit was daai jare wragtag erg aansteeklik gewees. Arme broer en susters. Laat ek sommer nou verskoning maak vir doerie jare  :notworthy:

PM:
Hier is dit.  Ons is darem ver van die plaashuis af.   :hello2: 

Kinders is mos kinders!   :angel7:

O genade!  Hier sluip Outop se kraanvogeltjie ook in.  O hallie ha!

Meraai vannie Baai:
O hallie ha het ek nou geniet. ALLES tot die ou kraantjie ook hehehhe. Hoeka ly ons dors, vreeeslik droog diekant! Mater dit is lieflike plek. Ek ervaar die rustigheid met al my sintuie!!!

Meraai vannie Baai:
Ek is opsoek na 'n kraanvogel ... krap in die pandok se sneppies rond  :toothy4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version