Author Topic: Seer en Swaar van die mense.  (Read 3604 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Cindy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 4
Seer en Swaar van die mense.
« on: March 12, 2012, 10:44:28 AM »
 :love7:
Hallo julle almal - weet nie of mens dit hier plaas of op 'n ander plek nie, maar hier is dit.

Hoe draai jy jou rug op iemand wat swaar kry en wat maak jy as jy ook nie meer kan nie.  'n Vriendin van my se man het so ruk terug sy werk verloor en is gelukkig want hy het nou weer werk gekry.

Dit gaan baie swaar met hulle, die kinders kort klere, veral die ouer een en ook die jonger boetjie en dan sien ek ook die seer in die ma se oe, want as ouer kan sy net doen wat sy kan.  Kos is daar nie baie nie en geld vir iets spesiaal ook nog minder, krap mens om en jy probeer jou bes en dit is ook nie genoeg nie.  Kinders is so dankbaar vir alles wat ek maar so aanbring, die ma ook en die pa nog meer, maar kan mens nie net 'n staffie swaai en alles is sommer weer reg vir almal nie.

Vra maar net.
Ek :`ip2: 

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Seer en Swaar van die mense.
« Reply #1 on: March 12, 2012, 11:07:56 AM »
Aai Cindy. Ek was ook al daar waar jou mensies nou is. (Het voor vriende se huis in 'n karavaan gebly.) Alles verloor... Nee ek lieg. Alle aardse dinge verloor maar 'n liefdevolle vrou en kinders gewen.
Al wat jy kan doen is om die mense jou vriendskap te gee. Wanneer mens is waar hulle nou is verlaat alle rotte die boot en die eensaamheid is jou grootste vyand. Die man wil werk anders sou hy nie weer begin het nie. Behandel hulle met menswaardigheid en jy doen aan hulle meer as wat geld kan gee.
Ek sal graag iemand soos jy, wat omgee ten spyte van, ook my vriendin wil noem.  :icon_salut:



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Seer en Swaar van die mense.
« Reply #2 on: March 12, 2012, 03:15:37 PM »
Ai Naas En Cindy - mens begryp net as jyself daar is of was ...

ek het ook al meer as een keer alles verloor - daai tye sien jy wie is vriend en wie pretend to be ... wie is kind van God en wie nie ...

in 2007 moes ek ook vlug vir my lewe en vereens alles verloor - maar 'n prag mens het hom oor my ontferm - en vandag is ek geseen met n lief man en prag kind ... en daar is ook maar nie altyd baie van baie nie ... maar ons het LIEFDE en VREDE en dan is nog geseen en omring met omgee mense ... wat meer kan mens vra


Cindy as mens nie meer kan nie - dan val mens op jou kniee en dra jou liefdes op aan ons Vader .... Hy gee wel om en Hy voorsien wel in elke behoefte ...  ons kan maar net almal saam staan - want geld en wereld goed was nog nooit seker nie - sal ook nooit wees nie - maar mense en God .. nou daar is rykdom!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Seer en Swaar van die mense.
« Reply #3 on: March 13, 2012, 05:42:58 AM »
 :hello:

Dit is baie sleg wanneer 'n mens soiets ervaar. Jy voel so nutteloos en 'n mislukking en natuurlik bekommerd, veral as jou nuwe omstandighede nie slegs vir jou gaan raak nie, maar jou gesin ook. Een van die dinge wat wel as troos dien is die mense wat by jou bly staan en in jou bly glo.

Offline Cindy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 4
Re: Seer en Swaar van die mense.
« Reply #4 on: March 13, 2012, 09:05:47 AM »
Ek stem 100% saam met julle almal hier en se ook baie dankie vir die raad.   :toothy4: Ek dink simpel goed in die lewe krap my om en ek dink soms dat ek net sterker moet wees, maar as 'n kind jou iets vra en jy moet hom so om die bos antwoord en jy weet daar is 'n bietjie jok in dan wonder jy hoekom.

Dankie vir julle raad.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Seer en Swaar van die mense.
« Reply #5 on: March 13, 2012, 09:41:12 AM »
Dit is moeilike tye en baie mense om ons het dit nou moeilik.  Dit is nou maar ongelukkig so dat 'n mens nie almal kan help nie. 
As kinders het ons met gelapte kleertjies geloop, kaalvoet. 
Dit hou baie voordele ook in. 'n Mens leer ook om dit wat jy wel het te waardeer.
Dit leer jou om "nommerpas" met jou geld te werk as dit weer beter gaan.
Dit leer jou ook om ander wat deur dieselfde situasie beweeg, nie af te skiet nie, maar die omstandighede te verstaan.
Geluk lê in liefde en vrede en die omgee van dié wat om jou is.
Sterkte matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Seer en Swaar van die mense.
« Reply #6 on: March 14, 2012, 02:59:42 AM »
My hart brand ... van verstaan en weet. So dra elke huis sy kruis, der duisend km vanmekaar. Cindy ek lig my hoed vir jou lieflike omgee, soos Naas skryf, jy is vriendin duisend!!