Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Naas on September 28, 2015, 12:50:58 PM

Title: Verjaarsdagwense
Post by: Naas on September 28, 2015, 12:50:58 PM
Ek maak nou al geruime tyd kaartjies vir alle geleenhede. Nou is my vraag aan jou...
"Wat was die beste of snaakste of onverwagste of onvanpaste of meesbuitegewone of "all the above" verjaarsdagwens wat jou ooit toegevoeg is?
My een kan ek beslis nie op gavreetboek publiseer nie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Verjaarsdagwense
Post by: Meraai vannie Baai on September 28, 2015, 11:26:51 PM
Enigste ene wat ek nou aan kan dink is Willa sin: geluk met jou verweerdag  :icon_biggrin:
Title: Re: Verjaarsdagwense
Post by: Naas on September 29, 2015, 09:28:39 AM
Vir my is daar gese: "Hoop jy word so oud dat jou holhare jou spore doodvee." Nou is dit so dat ek in 'n fase is waar my onderstel so gebuig is dat ek trots is op die paar spore wat ek wel nog los. So ek sal maar die hare knip en dit met perm in 'n middelpaadjie kam sodat ek darem nog opgespoor kan word.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Verjaarsdagwense
Post by: Meraai vannie Baai on September 29, 2015, 11:11:05 AM
Een van die dae groei ek 'n snor van al die onvroulike gebulder  :headbang:
Title: Re: Verjaarsdagwense
Post by: PM on September 30, 2015, 03:40:46 PM
"Mag die onheil jou volg al die dae van jou lewe, maar jou nooit tref nie."  Eish.