Author Topic: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.  (Read 10648 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #15 on: February 19, 2012, 08:33:32 AM »
Ek het so 'n paar minute gelede met Lox gesels.  Sy rekenaar is opgestel en hy wag seker vir 'n nuwe wagwoord, want hy het sy oue vergeet en ek weet nie wat dit was nie. 
Hy kan lees maar nie antwoord nie, of nog nie.   :icon_biggrin:
Hier kruip die klein frustrasietjies nou in, want waarheen verwys jy? 
Raaitjie, hoe lank wag 'n mens vir 'n nuwe wagwoord?

Ons tafels het nie net mooi gelyk met die vye, oopgebreek tussen in nie, maar ons het 'n groot bord vol in maklikeetbare stukke gesny en die mense wat weet van vye, het dit terdee geniet.  WW se ogies het geblink en hy het almal gewys hoe 'n mens 'n stukkie op die kaas pak en hap.  :icon_biggrin:
Tussen al die vye was daar een wat suur was. Raai wie het dit gekry? Onse seremoniemonster!  :icon_biggrin: Voor die funksie begin vat ek hierdie lekker groot vet vy en bied dit (soos 'n kat vir sy meester 'n dooie muis vang) aan vir Naas om hom te "treat".  :dontknow: Gelukkig het Naas net een klein proetjie geproe, want hy ken van vye.   :icon_biggrin:
Na die funksie is daar 'n hele paar ouens wat 'n paar trosse druiwe gekry het.  Baie dankie Lox, dit was baie lekker druiwe en het ons tafels pragtig versier.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #16 on: February 19, 2012, 11:33:15 AM »
Baie opgewonde dat onse Loxie weer aanlyn gaan wees. PM ek dink dit vat nie lank om nuwe wagwoord te kry as ek reg onthou. Die rooiwyn vee vanaand biekie uit aan die presiese ure/dae toe ek laaste aangevra het vir nuwe ene om te kan aanteken  :icon_bigsmurf:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #17 on: March 04, 2012, 06:43:15 PM »
so lyk dit toe na die brand



die tv kamer waar dit begin het, tv het aan brand geraak.



oorblyfsels van my kantoor



my liasseer kabinet


iewers daar binne is baie papiere wat ek nog gaan soek.


malherbe se kamer, die tambotie tafel waarop sy rekenaar gestaan het, sy kamer het totaal uitgebrnad, kon niks daar herwin nie. emboia klere kas ook net as oorgebly.



hoofslaapkamer

my emboia kas ook heel uitgebrand.


dubbelbed kopstuk



toilet en wasbak met stort voor die toilet.


Anton se kamer darem nie uitgebrnad nie. kon sy emboia beddens en kas red, sy klere bruin en vol rook. foto geneem na die goed uitgedra is.



die rook trane by die voordeur waar nie gebrand is nie



ons eerste middag ete na die brand, kos by ouetehuis gekry


die gemors moet opgeruim word, voel of dit iemand anders se goed is.



vrou soek haar oorblyfsels deur



eens op i tyd 'n trotse trofee gewees, net net roland ward, nou is dit 'n unicorn eenhoring.



oorblyfsels van my kamers an ander goed



die serp het in die kers papier bo op die vrou se t hemde in haar kas gele, die t hemde het gebrand en die kers papier het die serp besekrm, ruik net na rook.



is die bed aan die brnad gesteek?



voel of dit iemand anders se goed is en as jy daaraan dink dat dit 'n horrer movie se stel is.

ons stort kamer is weer regemaak, nuwe toilet gekry en skoongemaak. die water en krag kom van die kombuis af, dus kon dit maklik weer in werkernde toestand gekry word, hulle het ook tydelike dak oor gesit. ons het vandag weer terug getrek en slaap vannad in die braai kamer. klomp vreemde geluide wat ons nie ken aan die kant van die huis nie.



skoonmaak span wat die mure was.



die gemaanskap se mense was/is ongelooflik goed vir ons. gistraand so "kitchen tea" of te wel slaapkamer tea gehad, en hier maak vrou so paar geskenke oop.


en lyk in haar noppies



en ons manne het 'n drankie gedrink



dis nou 10 dae later en dit voel steeds soos 'n droom. My vrou het nog nie eers klaar getreur oor haar ma se dood nie en toe tref dit ons 1 week na die begrafnis, maar ons kyk vorentoe, ons lewe en die son skyn en ons vat dit dag vir dag. verder vir die res oes ons en dit lyk mooi, een blok steen slefs 100 % op van laasjaar se oes.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #18 on: March 05, 2012, 05:18:32 AM »
Nou kan julle sien hoekom ek sommer in trane uitgebars het, maar AB met sy mooi sin vir humor het gou vir my 'n paar "gerookte vye" aangebied en toe voel ek darem 'n bietjie beter.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #19 on: March 05, 2012, 08:52:06 AM »
 :hello:

Sjoe, sjoe, sjoe.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #20 on: March 05, 2012, 10:48:31 PM »
Sjoe! Ek lig my hoed vir hierdie twee mensies :icon_salut: :notworthy: glimlaggies en humor wat nog straal ... en toe ek die gerookte vye trosie raaklees word my oge nat nat nat  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #21 on: March 06, 2012, 06:52:30 AM »
Foto's vertel net die helfte van die prentjie.  Die "gevoel", die reuk, die fyn detail wat die kamera se oog nie kan sien nie en soveel ander aspekte word nie oorgedra op 'n foto nie. 
Het julle die geweldige kontras tussen die swart verbrande vertrekke en die pragtige uitsig deur die vensters gesien?  Dit is so opvallend. 

ElsabĂ© kan die storie kom vertel van die pers serpie wat Antoinette in haar hand hou. 
Dan kon hierdie twee mensies nie ophou praat nie, oor hoe wonderlik goed hulle bure en vriende vir hulle is  en hoe dankbaar hulle is dat hulle lewe en dat die son skyn!
Die humor het oral deurgeslaan. 

AB, sodra julle uitsluitsel gekry het oor die versekeringsituasie moet jy dit asseblief met ons kom deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #22 on: March 06, 2012, 03:02:12 PM »
Ai ek is so jammer vir die seer en verlies - 'n moeder se heen gaan en 'n huis wat brand -
maar ek is so dankbaar dat julle so pragtig van binne is en dis juis hoekom die gemeenskap julle so lief het!

 :icon_salut:

ek sal so met tyd vir julle hier op die forum leer ken  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #23 on: November 21, 2012, 02:30:10 PM »
Sjoe.... Dit die eerste keer wat ek die fototjies sien! Ai het so besig geraak en verdwyn van die forum af.

Maak my hartjie sommer seer!!!
*The one and only AWESOME-EST


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #24 on: November 22, 2012, 12:25:04 AM »
ons kyk net vorentoe
die husi vorder fluks
hulel begin al onderlaag verf opsit
waterpype en krag is amper klaar
vlg week begin teel
en matte en kaste in kamers die week daarna
dan is dit seker omtrent klaar.
ons sien al uit na ons eie plak terug trek
is al moeg vri die 4,2 km heen en weer i paar keer op i dag.


Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #25 on: November 22, 2012, 07:39:01 AM »
Ek hoop die twee weke vlieg om en dat die laaste stukkie vlot sal verloop.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #26 on: November 22, 2012, 09:34:10 AM »
Ek stem saam, hoop die tyd vlieg verby vir julle en alles word mooi en goed vir julle klaar gemaak!!
*The one and only AWESOME-EST


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #27 on: November 22, 2012, 01:20:33 PM »
die boue rhet netnou geseg hy wil die 4 de desmber klaa rwees. ek kan sien dit vorder vinnig nou

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #28 on: November 22, 2012, 04:19:07 PM »
Ek hoop nie sy vrou het eers weer 'n "dringendheid" wat voorkeur geniet nie AB.  :angel4:

Ek vertrou hulle sal nou wikkel, die bouers sluit mos een van die dae. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #29 on: November 22, 2012, 07:38:47 PM »
PM ek glo nie daars nou iets by sy huis nie, in elk geval die assesor was giser by my en geseg hy het die bouer gsiter oggend weer uitgetrap oor hy nog nie klaar is nie.
ek dink hys bang vir die assesor in die sin dat hy nei weer werk gaan kry van hom af nie.