WW, ek sal graag ook wil hoor wat sê die ander, maar ek dink blougesigaap is 'n benaming, een begrip, dus een woord.
Jy praat van die kind van... dus sou dit ook 'n naam wees, dus ook een woord.
Daar waar ek in rooi geskryf het, dink ek dat
-soos daai klip waarop jy sit- dalk die probleem kan oplos. Sê maar as jy dink ek val uit die bus uit.
Ek dink dit is 'n pragtige diep gedig en sou dit graag in die boek wou sien.
Blougesigaap se maat,
jy kind van Alleenloop sonder naat.
Kaal geskeer van die riem-hok vashou;
deur jou oë sien ek die stomme praat.
Deur jou gesig kan diesulkes
jou lees soos 'n legkaart,
blokkie vir blokkie vat ingedruk uit
gehaal …
Gryn-groef-gekrap deur die jare heen
spore wat agter gelos is
weg gewaai in die stof,
stik dit droog in jou hoes grof,
soos daai klip waarop jy sit (
hier sukkel ek, is die klip grof soos die stem, of blaf dit ook woede uit? blaf jy jou woede uit ... ‘hond se kind’
praat sal jy altyd
sonder die stilte wat vir jou gedweë lê en wag
jou tyd is naby,
jou stomp vingers praat
en ek luister want jy,
blougesigaap se maat
kind van Alleenloop sonder naat
ken my beter as myself… Gve ©