Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: PM on April 02, 2013, 03:14:41 PM

Title: Welkom Oloff
Post by: PM on April 02, 2013, 03:14:41 PM
Baie welkom hier by ons Oloff.  Hier skryf ons dat die biesies bewe.  Daar is vir jou 'n eie plekkie waar jy al jou skryfwerk kan plaas.  Dit is heel laaste ingeskryf totdat die volgende lid aansluit.

Kom vertel asseblief 'n bietjie meer van jouself.  Maak jou tuis en kuier orals saam. Vra hulp as dit nodig is, ons is 'n vriendelike klomp. 

Hartlik welkom.
Title: Re: Welkom Oloff
Post by: Meraai vannie Baai on April 02, 2013, 11:40:40 PM
Warm welkom van oorkant die waters aan jou Oloff. My plek geboek vir jou woordspore  :hello2:
Title: Re: Welkom Oloff
Post by: PM on April 03, 2013, 06:50:15 AM
Ek en Oloff het gister met die Skypescootertjie gery toe vertel hy:  Ek dink ek was nog so in standerd 5 toe tannie vir my vertel het dat 'n mens gaan nie op vakansie nie, dit is  MET vakansie. 
Intussen het hy sy vlerkies gekry en vlieg die wêreld deur.