Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on June 01, 2019, 09:28:37 PM
-
'n Mens besef nie wat iets werd is voordat jy dit "verloor" het nie. Ek het hierdie laaste paar weke besef hoeveel inligting op die forum is waarna ek gereeld kyk.
Buiten vir al die opvoedkundige inligting, soek ek gereeld na my gunsteling resepte wat ek hier op die forum stoor. Nuwe resepte wat ek hier wou kom deel!
Uit my hart uit wil ek vir André bedank vir al die werk wat hy hierin geploeg het om die forum weer op en aan die werk te kry. Ek besef hoe besig hy is en sê baie baie dankie. Ons is diep in die skuld by julle.
:love7:
-
Groot dank van my kant af ook. Daar is min genoeg goeie Afrikaanse webtuistes op die Net. Omdat ek self 'n paar webwerwe bedryf, weet ek wat se reusagtige taak dit is. Weereens dankie vir jou moeite André.
-
Dog ek toe om gou hier te kom inloer en sowaar toe sien ek daar is weer lewe!! :wave:
Dankie julle en André. :hello2: :hello2: :hello2:
-
Daar's lewe :headbang: :hello2:
-
Ek is baie dankbaar dat daar weer lewe is. Dat André baie besig was is nou nie altemit nie. Baie dankie Jandink. Ons :love7: julle.