Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: AB on July 21, 2012, 09:00:02 PM
-
was nou nie weg op toer nie maar so paar fotos van ons se omgewing
voor die huis wat ons nou huur staan hierdie slaweklok.
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/03klok.jpg)
en net links van hom kyk jy na woester se kant toe
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/02bome.jpg)
nou die dag by petrus in sy wild kamp gekuier en ek kyk so na die slanghoek se kant toe en sien hierdie kranse teen die berge en soos die son toe skyn en die skaduwee val lyk dit vir my so effens na 'n skedel ( of is my verbeelding te groot?)
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/05kopbeen.jpg)
die daar in die wildkamp gesien by die waterdam
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/06eend.jpg)
en die bankbestuurder het ook dors geraak en nader gestaan
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/07bankbestuurder.jpg)
van slanghoek woonstelle af na brandvlei dam se kant toe
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/08brandlvei.jpg)
die huis wat heel links staan is die een wat half afgebrand het en die goeie nuus is dat die planne goed gekeur is en een van die dae sal die bouery begin
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/09swartrivier.jpg)
in slanghoek, opstal se wingerd
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/012rooiblare.jpg)
'n ligstraal in ons donker wêreld. sononder na slanghoek se kant toe
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/014son.jpg)
vroeg oggend soos gesien vanuit die huurhuis se voordeur
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/015dagbreek.jpg)
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/016dagbreek.jpg)
nourie dag so effens sneeu gehad op die berge
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/017slanghoek.jpg)
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/019sneeu.jpg)
en die volgende oggend dik mistige weer
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/020mistig.jpg)
alweer die slaweklok
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/018klok.jpg)
en een van die akkerbome op die huurwerf
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/011boom.jpg)
en hy volg die vrou soos 'n skaduwee
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/01ben.jpg)
en sommer om jou lus te maak vir iets lekker
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/04sampioen.jpg)
selfde mistige oggend die geneem na woester se kant toe met die kanferboom in die voorgrond
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/021rooidag.jpg)
( gawie dalk kan jy die een gebruik?)
-
Voel of ek met vakansie was! Duisend en tien dankies mater, en jaaaaaa ek sien die skedel ook hoor!
-
plesier marieta
seg my gou jy wat marieta van die baai is, wat dink jy:
hierdie fotos het ek met die SLR geneem en verlede jaar se fotos met die brug kamera. wees krities asb, is die SLR vir jou duideliker of selfde as die brug kamera. SX 30? ek praat nou as jy gemiddelde van die fotos vat.
-
Ek kan eerlik waar nie die verskil sien nie maar moet erken my oge is alles behalwe wat mens sal kan beskryf as betroubaar!
-
vir my lyk dit ook min of meer selfde, maar wat ek reeds agtergekom het dis lekkerder om met SLR af te neem want die brug kamera het 'n "shutterlag" wat soms irterend is.
-
Heerlike kykgenot, baie dankie!
-
Sien julle die gesig - amper soos 'n bobejaan gesig :toothy4:
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/forum%20fotos/05kopbeen.jpg)
-
O jaaaa, pure Kees! Waar is dit Willa?
Ek pos vir julle 'n foto van twee muisvogels wat gister kom appel eet het in my tuin...
-
Elisabet
dis in die slanghoek berg en jy sien dit net waneer die son reg skyn en die skaduwee reg val. ek het dit nou die dag eerste keer opgelet en ek dink nie mens sal dit in die somer sien nie want dan is die son se baan anders.
-
Ek het nuwe brille nodig AB, ek het nie die beskrywing tussen die twee foto's gesien nie - net die foto's
nou die dag by petrus in sy wild kamp gekuier en ek kyk so na die slanghoek se kant toe en sien hierdie kranse teen die berge en soos die son toe skyn en die skaduwee val lyk dit vir my so effens na 'n skedel ( of is my verbeelding te groot?)
Lyk regtig na 'n bobejaan se kind daai :-)
Sjoe Elizabeth - jy moet 'n prag tuin he want jy lok die mooiste verskeidenheid voels na jou tuin :hello2:
-
Ek verkyk my aan die stomp en sy besoekers. Lieflike kiekie Sussalief :hello2: :love7:
-
AB, ek dink hierdie foto's is puik en ek stem saam, dit was soos 'n vakansie om hierdeur te dwaal. Ek sal soos gewoonlik weer en weer terug kom vir nog "troos".
Enige kamera in jou hande is die regte kamera!
Dankie vir die deel van jou foto'tjie Sussa. Julle kan maar nog bring!
Daar sien ek nou die bobjaan se kind! Die "gat" is sy neus! :hello2:
Ek sien 'n olifant se kop en die ligkol lyk toe vir my soos 'n krokkedil. :icon_biggrin:
-
PM op daai berg kan mens allerhande figure uitmaak, hang af van die tyd van die jaar en hoe die son sit en van waar jy kyk.
gister toe ek weg ry van di eberg af kyk ek in die spieël en sien die een plek lyk soos olifant.
dan sien mens soms vir saartjie baardman en queen victoria ook daar.
-
:sign10: Ek sien gereeld vir Saartjie Baardman in die spieël. :bootyshake:
-
AB, ek verlang na jou en jou berg. Waar is julle?
-
steeds hier op die plaas doenig
erg besig die tyd van die jaar
verlede week wingerd geplant, en dinsdag paar protea plante geplant
intussen nog spuit en top en blare breek en onkruid bestry en water gee en kunsmis gee
-
Ek is bly dit gaan goed met julle.
Hannes het Vrydag 'n heupvervanging gehad. Dit is eens te erg om weer 'n baba in die huis te hê. :icon_biggrin:
Hy sterk darem baie mooi aan en is vinnig besig om onafhanklik te raak. Dit is net nie so maklik nie.
Ons besef nie aldag hoeveel ons het om voor dankbaar te wees nie.