Digkuns > Digformules of -strukture

Afrikaanse weergawe van die Staccato Struktuur

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Die Engelse weergawe van hierdie gedigstruktuur is geskep deur Jan Turner,
en vereis 2 of meer verse van ses reëls elk.

Die rymskema is a,a,b,b,c,c en die interne rym in reël 2 wat rym met 'n woord in reël 1 van elke vers
(onderstreep in my voorbeeld) bied 'n groot uitdaging saam met die lettergreep vereiste van 10, 10, 8, 8, 10, 10.

In die derde reël word daar ook 'n uitroep/uitdrukking/bevel ens. met 'n herhaalde 2 lettergreepwoord of 2 woorde geplaas.

Hierdie woord word dan ook in reël 6 as 1ste woord, weer een keer herhaal.

Met my voorbeeld in Afrikaans het ek ook probeer om die vereiste lettergrepe so te kies dat die gedig
gekonstruktueerd voorkom.

My voorbeeld

'n Sagverligte onthou van kindwees
skuil primitief toegevou, in die vlees
Antiek! Antiek! Verklap 'n plooi
en die kant van my laslap kooi.
Nostalgies die prooi - word ek so omring.
Antiek gewis, niks nuut kan dit verdring!

Elke draai en kronkel . . . op hierdie pad
van ons gister's, laat vonkel weer 'n skat.
Onthou! Onthou! En ekke staar
na die oomblikkies; so vergaar.
Die geur van pypkaneel laat my nou weer
onthou ... warm pannekoek in koue weer!

©Meraai vannie baai

PM:
Goeiste, dit is 'n fees om deur die gange van strukture te wandel. 

Meraai vannie Baai:
Ons twee het mos hoeka sawwe plekkie vir die nagmerriestyle   :bootyshake:

PM:
Ek probeer net my torre kalmeer dan sal ek my voorbeeld gaan skryf Raaitjie. 

Meraai vannie Baai:
Wonder ek nou so in my droewigheid (so pas afskeid geneem van drie van ons hartspunte) of jy toe die struktuur aangepak het PM?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version