Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on February 10, 2018, 09:13:18 PM

Title: in die Grand Canyon vernietig
Post by: adele on February 10, 2018, 09:13:18 PM
in die Grand Canyon vernietig ...

hy huiwer op die walle

van die Grand Canyon

met emosies

onbeheersd

aan die gallop

 

tot hy vir die winter

van sy lewe

nesskop

in een van die vele grotte

teen die myldiepte afgrond

 

eeue later

meedoënloos vervolg

vind sy kind hom daar

deur ‘n haat

(vol muggies gevoed)

gun hom geen vrede

geen deel

aan ’n liefde

waarvoor hy alles uit sy verlede

as offer gegee het

 

vrywillig

gee hy weer mee

en tuimel die rotsdieptes

onder kinds-oorstamphand af,

want tussen die geskenke

uit wyse Hand

Geloof, Hoop en Liefde

bly kindliefde die grootste

die kosbaarste

(selfs buite bloedband)

aan ’n ouer geleen


©adéle theron



Title: Re: in die Grand Canyon vernietig
Post by: PM on February 12, 2018, 08:21:11 AM
Dit gee my rillings van lekkerkry.  Pragtig geskryf matertjie.