Bak en brou > Plante met medisinale eienskappe

Sewe vetverbranders

(1/3) > >>

PM:
1) Sitrusvrugte is ideaal om vet te verbrand en dit gee energie.  Let daarop dat die geur van suurlemoen stres en hoofpyn teëwerk.  

Resep:
1) Druk drie suurlemoene uit en meng dit met 'n liter water.  
Voeg twee teelepels heuning by en drink elke oggend  200ml daarvan.

2) Kerf 3 suurlemoene en een lemoen en kook dit in 500ml water vir tien tot 15 minute. (Sonder die skil)
Voeg 2 teelepels heuning by en prut vir nog 2 tot 3 minute.  
Sif dit en drink elke dag 'n glas vol voor etes.  (drie)

3) Kerf drie suurlemoene en twee rooi pomelo's in dun skywe en kook vir 10 tot 15 minute in 500ml water.  Voeg 3 eetlepels heuning by en laat dit vir nog 5 minute prut.  
Drink drie glase per dag, een voor elke maaltyd.  

2) Kool
Kool het 'n lae kalorie inhoud.  Dit verbrand vet en is uitstekend vir die opbou van die beenstruktuur en gesonde hare en naels.  Kool bevat baie vitamines wat gesond is vir die liggaam.
 
Sopdieet:
6 uie
5-6 tamaties
1 groot koolkop
2 pepers (risies)
'n bossie seldery
'n pakkie kitssop
Kerf als op en kook vir tien minute.  Laat dit dan vir 'n verdere twee ure prut, of totdat die groente gaar is.  
Eet elke dag 'n vrug saam met hierdie dieet en drink afgeroomde melk vir die nodige kalsium.  

3)  Wortels:
Wortels is 'n handige rou groente om byderhand te hê as 'n mens wil kyk na daardie oortollige vetjies.  Dit is hoog in vitamin A en het natuurlike anti-oksidante.  Wortels neutraliseer die maagsure en is die ideale teenvoeter teen honger.  Dit is ook goeie raad vir rokers, want dit beskerm die longe en bou die imuunstelsel.  Nog 'n ding, het jy al ooit 'n haas met 'n bril op gesien?

4) Tamaties:
Tamaties is 'n goeie bron van vitamien A, C en oksaalsuur.  Die oksaalsuur verhoog die werking van die metabolisme. Die natuurlike sure, tesame met die minerale, werk goed om die niere te help om die vetneerslag uit te was.
  
5) Seldery:
Seldery bevat geen kalorië nie en is ryk aan magnesium en yster.  Dit is 'n uitstekende anti-oksidant.  

6) Vesel:
Vesel help om vetneerslag te verminder.  
Sodra vesel in die maag beland, absorbeer dit die vloeistof en laat 'n mens gou versadig voel.  Dit vertraag die opname van kalorië.

7) Appels:
'n Appel 'n dag laat die dokter wag en raak ontslae van vet, lag-lag.  
Die pektien wat in appels, meeste vars vrugte en bessies voor kom, verhinder die selle om vet te absorbeer.  

Meraai vannie Baai:
Mater staan nader ek jou lekker druk kan gee vir hierdie bydrae's ((((((((((PM)))))))  :love7: LOL ek lees die titel as sewe vetbranders en dog dit is vreeeeslike golwe :toothy4:

Angelica:
Meraai.. het nou lekker gelag.
Amper soos tsunami's.

Dankie PM.  Wil jy ons nou op diet sit?

Angelica:
Wou nog vra, PM,
As ons nou daai suurlemoen-watertjies in die oggend gedrink het, kan ons dan maar die res van die dag eet wat ons wil?

PM:
 Raaitjie, ek sal nou 'n plan moet maak om van my vetbranders ontslae te raak.  Ons roetine is in hul peetjie in en ek word net al dikker en ons betaal genoeg belasting.  Nou-nou moet Hannes nog vir my wielbelasting ook betaal.

:icon_biggrin:  Nee Engeltjie, ek wil julle nie op 'n dieet sit nie.  Hoe meer daar van julle is hoe meer is daar om
lief te hê.  :icon_biggrin:

Ja, die res van die dag kan jy eet wat jy wil, solank dit een van hierdie sewe vetverbranders is, blaarslaai en engelsekomkommers.   :angel4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version