Die Afrikaanse Forum
Woordskuur => Die Woordkroeg => Topic started by: Anastasia on July 22, 2015, 11:18:22 AM
-
Meer geld word spandeer aan kosmetiese operasies om die erotiese parte van die liggaam te verbeter en te verfraai, en aan 'hulpmiddels' soos viagra, as aan die navorsing oor Altzheimers. Oor 'n paar jaar van nou af gaan ons 'n generasie mense he met pragtige bruikbare parte, maar met geen idee wat om daarmee te doen nie. :dontknow: :dontknow: :dontknow: :dontknow: :dontknow:
-
Miskien kom ons dan op met splinternuwe gebruike van die parte. Hallie ha. Ek gesels nou maar met myself rondom die onderwerp. Hie hie. :kermit:
-
Plant jy nou 'n idee in my hoof. Ons is mos maar nooit tevrede met wat ons het nie.
Klein Koos was so ondergeseend en toe hy 'n feetjie ontmoet wat vir hom 'n wens toestaan wens hy die volgende.
Elke keer as iemand vir my se "bless You" moet sy part met 1mm groei.
So loop hy later in die straat af en nies net toe 'n non by hom verby loop. Die non se "bless you a thousand times my son.
Pasop waarvoor jy wens.
Dis mos maar dieselfde met tattoos'se. op 18 tottoo hulle vir jou 'n goudvissie op jou boud, op 80 is dit 'n walvis.
:icon_bigsmurf:
-
Net so! :wav:
-
Kan ek nou so waar vandag doen met 'n bulder of ag' en die kry ek toe sommer met intrapslag by die forum hehehehe :crybaby2: :icon_biggrin:
-
Ek self sou nie omgee om 'n paar ekstra randjies te hê om al die "down casts" te "uplift" nie. :dontknow: Tot my wange begin al hang. :crybaby2:
As jy altzheimers het weet jy ten minste nie daarvan nie.
-
Loer ek nou soos Antie Raaitjie oor die gas se skouer en sien die vergete storie raak.
Oupa sê die voordelig as jy Altzheimers het want
Jy kan jou eie paaseiers wegsteek
Jy maak elke dag nuwe vriende
Jy hoef net een koerant 'n maand te koop en
jy kan jou eie paaseiers wegsteek.
:mumum:
-
Volg ek jou spore Assie en toe ek nou oupa se wysheid oor Altzheimers raaklees in komtaartjie, onthou ek die program op die radio waarna ons vandag oppad terug geluister het. So inbelprogram wat jy nou kan vertel van allerhande rituele oor die kersgety van jou familie en so aan.
Vertel die man van sy broer wat parkinson's disease het en die medikasie wat help vir die stywe spiere en bewerigheid veroorsaak altzheimers. Nou besoek hy sy broer en die twee stap in die gang af na die kamer waar hulle se moeder ook tuis is in die versorgingsoord. Orals hang glo pragtige skilderye.
Reg by moeder se deur hang daar 'n skildery van 'n perd wat jou reg in die oge kyk. Buk die siek broer so vooroor en vryf oor die hare.
"Ek lyk maar oes vandag."
Moet sy broer baie sedig probeer verduidelik dit is 'n skildery, nie 'n spieel nie :icon_bigsmurf:
-
Die vrou kom by die snykundige aan en wil 'n facelift he voor die einde van die maand want hulle het 'n skoolreunie en sy wil op haar beste lyk. Die snykundige deel haar mee dat dit te laat is. as hulle nou die facelift doen gaan sy nog pimpel en pers in die gesig wees wanneer hulle na die reunie toe moet gaan. Maar hulle het 'n nuwe tegniek ontwikkel. Hulle plant 'n wingnut onder jou hare in op jou kroontjie. Wanneer jy dan voel jou gesig plooi bietjie te veel draai jy net die wingnut bietjie vaster en trek dus die vel stywer. so het jy dan nou kontrole oor jou plooie.
Vrou is baie in haar noppies en laat die prosedure dadelik doen.
Drie maande later is sy terug by die dr en kla dat die wingnut nie meer werk nie. Sy het twee lelike sakke onder haar oe wat nie wil weggaan nie.
Die Dr ondersoek haar en se: "Mevrou, dis nie sakke wat onder jou oe hang nie. Dis jou borste en as jy nie nou ophou om daai wingnut stywer te draai nie gaan jy binnekort 'n snor ook he.
:icon_bigsmurf:
-
Hahahahaha, Naas Naas Naas. Ek het so pas 'n oordosis lagpilletjies in. Mater, ons het jou GEMISSSS :toothy4: :hello2:
-
Welkom terug! Lekker om weer 'n slag te kan lag. Hoop dit is nie net 'n vinnige oogwys nie.
-
Seg ook... kom asseblief weer terug :icon_bigsmurf: :notworthy:
-
Ek is hier maar die ligte in die gange brand maar laag.
-
Naas, ek dink jy het die vieriekies misgekyk langs die olielampie :icon_biggrin:
-
So ek moet kers opsteek en in vrede wandel?
Make love not war.
Hoe vertaal ons dit in Afrikaans? In ons diversiteit is daar geen eenvoudige antwoord nie.
Suiwer Afrikaans soos Pannevis dit bedoel het: "Maak vrede, nie oorlog nie."
Nou het die coulerds mos hulle eie manier van praat: "Steek, ma moetie doodsteek nie."
En die skollies op die Kaapse vlakte: "Naai man, moetie klipgoi nie."
:icon_bigsmurf:
-
Ek sien iemand het tot die kers gesteel. Het my kolligflits gaan haal maar hier gaan rêrig minder as niks aan.
:icon_scratch:
:icon_bigsmurf:
-
Ek vra mooi skuus, maar hier by ons is internet net 'n beweging op die skerm. As die vakansiegangers, of naweekgangers, Leeupoort oorstroom, dan wys dit die internet is daar, maar vergeet maar van deelname.
Daar het ek ook nou 'n goeie lag vir die dag in!
-
Dit is soos 'n naald in 'n hooimied soek om jou op te spoor PM Ek sien daar is 'n afrikaanse forum op face book wie sn is dit
-
Ja matertjie, ek is hier diep in die bos. My e-pos is nog dieselfde. Die forum is ons s'n. Dit is net so stil. Face book het ons geselsies oorgeneem.
-
Maar die Afrikaanse Forum op fb is ook heeltemal stil hoekom?
-
My internet hier in die bos is baie onvoorspelbaar en ek het nie elke dag toegang nie. Ek wens iemand wil dit oorneem en lewendig maak.
-
Ai, dis lekker om as mens terug is op al jou lawwe padjies weer terug te loop. Ek dink ek is nou hier om weer genoeg geselse te gesels, as julle my wil hê? Ag wat, en dan ken julle my ook al teen die tyd. Al wil julle my nie hê nie.... :hello2:
-
Natuurlik wil ons jou he mater :toothy4: :`ip2:
-
Dankie, maar ek is mos ook so voortvarend, dit sou nie 'n verskil gemaak het nie. Het ek sommer weer lekker ons ou versgeselsies in die kroeg waardeer, rondom die kroegtjoekie van destyds. Ai. :hello2: :occasion16:
-
Vir my as woordverslaafde wat stroomaf dryf na 'n onbekende bestemming was daardie ynste kroegie van ons al vele male die binneband wat my bo gehou het as alleen sy bes probeer het om my te laat sink :love7: :hello2:
-
Oralsoor op die forum leg ons woordspore diep vore getrap. :notworthy: Julle liefde en omgee het my dikwels deur moeilike tye gedra. :bootyshake:
-
Ek en Meraaitjie het juis vanoggend oor facebook se poskaartjies gesels daaroor. Die forum het daar in 2006 se kant vir my baie beteken. Die gesels en humor het aandag van die elke dag gesukkel verplaas vir 'n wyle. Soms besef mens nie hoe mens indirek ander se lewens kan verlig nie, ne?
-
Faceboek se poskaartjies - :love7: :book1: :notworthy: Anastasia jou doring! :icon_biggrin:
PM jy is so reg - ons dra mekaar. Soms onbewus en hierdie omgee is orals tussen ons lyne sigbaar vir baie jare al. Soos jy tereg noem: diep vore getrap in mekaar se lewens.
-
Anastasia, ek lag heerlik oor jy wat vertel dat jy nie omgee of ons jou wil hê of nie, maar net vir die rekord, ons is baie bly om jou terug te hê.
Vandag daar by Em praat ek oor my matertjies op die forum, toe skiet my oë sommer vol trane. Ek glo nie julle weet hoeveel julle vir my beteken nie. Sy dink seker ek is koekoes, maar ek is mos. :icon_biggrin:
-
Baie dankie vir die 'my wil hê' deel PM. Hie hie. Ja, mense verstaan ook geheel en al nie waarom ek soveel inspirasie kan put uit my 'verbeeldingsmaatjies' op die forum nie. Ek droom tot soms van hulle!
-
Goeie skrywers moet goeie verbeelding hê. Gelukkig het jy nog goeie verbeeldingsmatertjies ook. :hello2:
-
Jammer as ek jou nagmerries gee Noordliggie.
Ek moes een vakansie by Assie en Oupa op 'n strooibed slaap. So nagmerries gehad daai nag dat my bed die volgende oggend opgevreet was. Net lakens en 'n paar stoppels oor.
:icon_bigsmurf:
-
:hello2: :hello2: :hello2:
-
Het hulle geweet hoekom jy nie ontbyt wou eet nie? :icon_scratch:
-
Nee. Maar Oupa wou weet hoekom daar perrepoef in die longdrop is. Hy was amper oortuig dat Bles toiletmaniere aangeleer het.
:icon_bigsmurf:
-
:icon_biggrin: